Woorde

“Onthou jy , Geliefde van my – ons vakansie destyds?” (‘n-Onthou-jy-nog via Facebook-uit my Litnetblog)

So ontmoet ons toe vir At Williams..

Ons ry verby  plekname . Ek skryf neer vir die herlees. Beelde vervaag tog te gou.

Wolwekop   Persevero   Wolzak   Skilderykrans  Werda  Courland  Driekuil. Skielik onthou ek daar was ‘n boek  “Dirkie van Driekuil” deur Alba Bouwer. Het sy die plaas geken ? Het sy daar grootgeword? .

Swaarvoertuigwa druis verby sy naam sigbaar hoog bo teen die  voorruit     ” Selde So” en ek wonder oor die naam en die mense in die voertuig.

Kennisgewing  teen doringdraad ” No lodge accomodations”  met grafte en grafstene sigbaar . Die kennisgewing.. miskien is die Begraafplaas vol..en word jy voortydig ingelig  -hier het jy nie kans om ‘n lêplekkie te kry nie. Toe lag ek heerlik oor iemand se sin vir humor..wrange humor  swart humor ?

Venterstad. Gelyksfontein Suid. My nota  ‘Perde” en ek kan nie eens onthou die hoekom en die waarom nie- so dwarsoor bladsy geskryf.  Keerom  Skietnek ..Beenleegte  Olifantskoppas  Kinkelbos .

By Cradock het ek gedink..ag mens hier sou ek graag wou bly. Nie oor Olive Schreiner nie,  ook nie oor Etienne van Heerden nie,  ook nie oor die Cradock 4 nie.. net oor die dorp vir my so mooi is – so oudwêrelds en tog ook modern. Skoon lug? oopte met berge omring..

Ons hou sommer so buite Cradock stil, onder ‘n  Bloekomboom. Geliefde besig op  skootrekenaar. Die drie seuntjies trek my aandag  skuilend so half onder bos.  Dit is skooltyd, hulle lyk gans en al te skuldig. Die driemanskap met hul oopbek vriendelike brakkie.

Ek haal pakkie Liqurice Allsorts uit en bied dit aan. Vriendelike kinders, hul maak so sirkeltjie om die oop pakkie. Eet en gesels in die binnekring onhoorbaar vir die tannie in die kar. Genot straal uit die eters se gesiggies. Lagie vir lagie word elke lekker verdeel – lagie vir lagie apart opgesmul.

“Wat is julle name?”

“At Prins  At Williams en Lollos”  Tannie.

‘En julle hond se naam?”

“Loelos  , Tannie”  neem aan dit is  Lollos se hond..

Ek vra  vir voorbok At ..’At hoekom is jy nie vandag in die skool nie?”

Ou kalant, hy antwoord blitsvinnig soos goed ingeoefende “My skoolklere is vuil, tannie” At die tweede kom ook aan die beurt. “Nee, my Ma het gesê, ek moenie skooltoe gaan nie, my Oempie is dood”

Gelukkige duiwel dat die droefnis nou ‘n stokkiesdraai dag kon word!.

Lollos met sy Loelos hond het elkeen se storie staan en beluister en sy beurt mooi afgewag , skaars het ek gevra en sy antwoord word geblits

“Ek’s mos ‘n plaaskind – vannie plaas en ek gaan nie skool toe nie!”

Drie leerlinge 10 jr 11 jr 9 jr. Gladde bekkies, mooi maniere, netjies aangetrek, selfs Loelos die hond lyk blink en gesond. Op my vraag waar bly julle? .. het hul hande net so vae rigting beduie.

Ek moes maar my moederlike prekie inkry “Julle moet skooltoe gaan , julle klink vir my baie slim!” en hulle koortjie soos een man “ja Tannie” ennn “tel op die leë papiersakkie, alla wêreld! ”  soos een man buk hul vir die leë sakkie en At die eerste frommel dit op – die bewysstuk van die Stokkiesdraaidag  – en druk dit  in sy broeksak.

Advertisements

13 comments on ““Onthou jy , Geliefde van my – ons vakansie destyds?” (‘n-Onthou-jy-nog via Facebook-uit my Litnetblog)

  1. vuurklip
    Februarie 11, 2017

    Mooi vertel. Ek sien sommer die stouterds.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Februarie 11, 2017

      Drie jaar gelede – met die onthou jy nog link, was ek so bly oor die blog, al die plaasname so oppad, mens vergeet die genot van net ry en dinge raaksien en notas maak! Jitte ek is verstom oor die kinders se kreatiewe storietjies!!

      Liked by 1 person

  2. Hier "blok" Elanè
    Februarie 11, 2017

    Lekker lees ek hieraan… en die woord kom op…roadtrip as die Kaap tog net nie so ver was nie…

    Liked by 1 person

  3. HesterLeyNel
    Februarie 11, 2017

    Die plekname fassineer my altyd. Wie het dit uitgedink en wat is die storie daar agter? Mooi vertel Dirkie (van Driekuil?). Ek het lank terug nogal baie van Alba Bouwer se boeke gelees, maar ek onthou nie diè een nie. Ek soek deesdae knaend na boeke van my kinderjare, maar ek vertel jou anderdag van my soektogte.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Februarie 11, 2017

      Hester sy’t Rivierplaas stories geskryf, volgens my ma-hulle het sy as kind in Kroonstad omgewing grootgeword, die kleintyd se belewenisse as Rivierplaas. Die volwasse boek wat ek natuurlik baie geniet het ” Die afdraande van die dag is Kil” veral omdat my ma destyds ouetehuis toe is en die aanpassing van bejaardes in tehuis. meer empatie beleef.

      Liked by 1 person

      • HesterLeyNel
        Februarie 13, 2017

        Ek moet kyk of ek dit kan kry – my skoonsus is ‘n bibliotekaris en boekwurm van formaat; dalk kan sy vir my ‘n kopie opspoor.

        Liked by 1 person

  4. travel460
    Februarie 11, 2017

    Ai Dirkie, jy is ñ regte briljante storie verteller. En jy let fyn op. Ek het ook deesdae die ding oor boeke uit my kinderdae. Onthou een van julle nog die Skatkis reeks? Sulke dik ensiklopedie boeke, en in een of twee was daar kinderstories vanoor die wêreld.

    Liked by 1 person

    • Tannie Frannie
      Februarie 11, 2017

      Ja! my skoonmammie het so ‘n stel gehad wat sy aan ons middelkind (met sy oupa se name) bemaak het. Laterjare was daar geen plek meer vir die stel nie en Middelkind uit die elektroniese era wou dit nie he nie. Ek hoop maar iemand by die Hospies het daardie stel raakgesnuffel en waardeer…

      Liked by 2 people

      • travel460
        Februarie 11, 2017

        Ek het sowaar nog die stel, maar moet sê, die kleinkinders waardeer nie die stories soos ek dit ervaar het nie. Ek het die bundels ñ paar keer oorgelees as kind.

        Liked by 2 people

    • ddupl3ss1s
      Februarie 11, 2017

      Baie bly jy’t die blog geniet.. destyds was die A4 blok neffens my vir notas. Ook nie weer so iets gedoen nie, eintlik is dit handig mens vergeet soveel vakansie dinge.

      Liked by 1 person

  5. rondomtaliedraai
    Februarie 11, 2017

    Sug… ek onthou, maar het weer lekker gelees

    Liked by 1 person

  6. Lewies Mymer
    Februarie 12, 2017

    ‘n Lekker ontmoeting!

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Februarie 10, 2017 by in Facebook inskrywings,Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 19,085 hits
%d bloggers like this: