Woorde

“Sy is mos in die annertyd!”

Sy is weer in die ‘annertyd’, en dit het nou niks te make met ou dae se verduideliking van swangerskap nie!

Die vrou lees weer knaend.

Die kos brand  tot stadium wat kastrol ashoop status bereik! ..en ‘n moerige man.

Vroegoggend tot laataand, moeg-oog. Hang-oog.

Miskien moet sy die gewoonte aankweek van dag en datum van aankoop en klaar gelees , voor in haar boeke te skryf. Sommer maar net vir haarself – ‘n nuttelose nota -nogtans .  Soms het sy resensies uit koerant geknip in bespreekte/gelese boek geplaas. Deesdae lees sy koerant via internet.. Sy mis die ou gewoontetjies van sker en knip uit Boekeblad..netjies gevou.

Lankgelede het sy Klara van Mariël Le Roux gelees.  Sy moet dit tog herlees, altyd goed . Gister  is Isabella deur selfde skrywer gelees. Die vrou het gedink , met omswerwinge van woon in Staatshuise  oor al die jare heen het sy ook soms mense teëgekom wat tuisgehoort het in die boek “Isabella”, kon tot die stemtoon van ou dae se herinnerings  hoor.  Spyt sy het nie toe geweet van Blog nie.. sulke waardevolle onthou-jy-nog notas sou nostalgiese herinnering gebring het..en dalk ‘n blog geskriffie.

Haar leeskoors nog nie afgeplat nie,’Eindspel van Wilna Adriaanse’!!  Die vrou het Dubbelspel geniet tesame met haar Geliefde. Eindspel   betyds vir haar verjaarsdag geskenk . Toe gaan staan en draai ‘n bejaarde  met harde Opel en met spoed voor die Blou bakkiekie in, bakkie moer toe en Eindspel lê soos ‘n waarskuwing neffens Geliefde op die sitplek…hy nie beskadig nie slegs knopkop en elmboog bloeiend.

Nietemin, sy het gelees en geniet  en vir iemand in die huis vertel, “jy kan gerus Eindspel lees”

“Misverstand” van Marita van der Vyver  lê  hier neffens die vrou en haar rekenaar, met mooiste Boekmerk in . Sy het deur die lys van skryfster se gepubliseerde werk bewus geraak, dat sy regtig net “Mia se Ma” uit die lys van kinderboeke gekoop het..

Wonder of die Man des Huises nou vir sy oude vrou sal kinderboeke as geskenk koop? Moedersdag is om die draai.. en Ouma moet voorraad bymekaar maak vir die kleinkinders!

Die Leesgees sit vooroor geboë met leesbril op neuspunt, salig in haar eie wêreld van woorde.

Advertisements

48 comments on ““Sy is mos in die annertyd!”

  1. Hier "blok" Elanè
    April 19, 2017

    Kinderboeke is lekkerlees vir oumas.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      April 19, 2017

      A ja a!!

      Like

      • Lewies Mymer
        April 19, 2017

        En Oupas, En dan vorder ons deur na tienerboeke.

        Liked by 1 person

      • ddupl3ss1s
        April 19, 2017

        Ek sien met my hele hart uit na koop van Tienerboeke.. mens kry wonderlike Jeugboek skrywers, in my kinders se tienertyd was daar werklik nie so groot keuse nie.

        Like

      • Lewies Mymer
        April 19, 2017

        Daar is sover twee boekwurms onder die kleinkinders. Kara (amper 14) lees net Engels, hoewel hulle in die huis Afr is. Ek lees graag van haar boeke dan gesels ons daaroor. Mira (amper 10) het sopas die wonder van lees ontdek, Afr en Eng. Wimpy Kid ens. ‘n Kuier by hulle in Kaapstad sluit altyd ‘n besoek aan Bargain Books in, waar my pensionarisbeursie les opse. As sy drie boeke kry, moet haar boetie Liam, sopas 8) ook drie kry. Hy lees nog nie so flink nie, maar probeer baie hard (en hardop!) Maar dis geld goed gespandeer. Ons het ook ‘n Mia, amper 12, en sy se reguit lees is boring. Sy help liewer haar ouma in die kombuis.

        Liked by 1 person

  2. Lewies Mymer
    April 19, 2017

    Ek het nou baie lekker gelees hier by jou. Marita het erens gese Mia se naam is eintlik “Moenie Mia my meisiekind!”

    Like

    • ddupl3ss1s
      April 19, 2017

      Aaa! dit is nou interessant oor die benaming! Dankie vir die kuier hier, my leeskeuse is deesdae darem minder bloeddorstig… gie gie!!

      Like

      • Lewies Mymer
        April 19, 2017

        Ek merk dit verligting! Ek het self nog nie iets van Irma Venter gelees nie, en het toevallig vandag Sondebok by die bib uitgeneem, al van haar boeke wat beskikbaar was.

        Liked by 1 person

      • ddupl3ss1s
        April 19, 2017

        Ek wil graag ook nog Irma se boek lees.. laat weet hoe het jy dit gevind

        Like

      • Lewies Mymer
        April 20, 2017

        So ‘n ent weg met Sondebok, maar ek is nie in die luim daarvoor nie. Met my laaste Krismisgeskenbewys het ek gister Mike Nichol Powerplay gekoop–gaan liewer dit lees en Irma op die ys hou vir annerdag.

        Like

      • ddupl3ss1s
        April 20, 2017

        Geniet dit ! Vir ‘n vriendin vertel wat wroeg deur 1795 van Dan Sleigh los liewer as ‘n boek jou uitput… ek het net Eilande van Sleigh geniet.Sien nie kans vir 1795 nie.

        Liked by 1 person

  3. ekmyselff
    April 19, 2017

    LEKKER!

    Like

  4. trommeltjies
    April 19, 2017

    Jy het my laat othou van skoolvakansies wat omgelees is in my lekker stoel. Sommer nag deur. Lees bly lekker. Laat my onthou Raaisel spieel van Chanette Pauw le en wag. Mmmmm, vanmiddag?

    Like

  5. pienkpantoffels
    April 19, 2017

    Ek moet meermale hier kom lees … en blog … eintlik mis ek dit. Dankie, ek het lekker gelees.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      April 19, 2017

      Die dag as jy weer blog dan dans ek ‘n riel! Fees der feeste. Dankie dat jy kom inloer het.. was ook maar strammerig met blogs vir lang ruk.

      Like

  6. travel460
    April 19, 2017

    Ek het ook weer die leessiekte onderlede. Behalwe nou die Saartjie Omnibus wat kort-kort nader getrek word, en Trompie wat oral versprei lê in die huis, lees ek een van Leon van Nierop se boeke. Ek oorweeg dit om ń tweedehandse boekwinkel hier saam met die meubels te begin. ñ Bookexchange. Want ek kan nie voorbly met boeke koop nie!

    Liked by 1 person

    • rondomtaliedraai
      April 19, 2017

      Goeie plan … maar dit moet ‘n classy plek wees. (Oeps slaan die snob deur)

      Liked by 1 person

      • ddupl3ss1s
        April 19, 2017

        Ons boekeplek in Drie Reviere Vereeniging.. is groot so baie rakke sommige rakke staan so klein leertjie vir die wis en onwis van ‘n boek hoog op die rak!!net soos Biblioteek ingerig, ek het al gehoor van gereelde besoekers hul het al waardevolle leestof daar opgespoor.

        Liked by 1 person

      • rondomtaliedraai
        April 20, 2017

        Ongelukkig werk dit nie oral so goed nie Boeke staan op stapels en in sakke rond

        Like

      • ddupl3ss1s
        April 20, 2017

        Oeg nee…

        Liked by 1 person

      • rondomtaliedraai
        April 20, 2017

        Skuus … dik stof en vuil … ag ek huil sommer

        Like

      • travel460
        April 19, 2017

        Dink jy so. Ek is oop vir oortuiging. Het honderde boeke, maar is suinig met hulle. Tog. Ek lees nie sommer ń boek oor enoor nie. Vertel jou weergawe van ń classy plek. Dat ek kan dink.

        Liked by 1 person

      • rondomtaliedraai
        April 20, 2017

        Fluister* ek lees so stuk stuk en lees dan graag weer en kyk wat ek gemis het

        Liked by 1 person

      • travel460
        April 19, 2017

        Dit sal nie oor geld maak gaan nie. Net ń plek om boeke uit te ruil.

        Liked by 2 people

      • rondomtaliedraai
        April 20, 2017

        Wonderlik…

        Like

    • ddupl3ss1s
      April 19, 2017

      Hier by ons is groot Bookexchange .. terwille van vrede en liefde gaan ek weinig soontoe, ek raak te meegevoer tussen al die rakke en wil toetentaal te veel koop.

      Liked by 1 person

      • travel460
        April 19, 2017

        Ek is tussen die boom en die bas hiermee. Bang dat so ń plek ‘sleezy’ gaan voorkom. Watse mense dink jy gaan ek trek? Ouens soos ek wat net wil lees??? Of wie?

        Like

      • ddupl3ss1s
        April 20, 2017

        My skoonsussie het ‘n Leestuin gehad waar mense met toegang sommige dae kon kom koerante of tydskrifte kom lees.. later het sy haar eie privaat Biblioteek begin. Hulle nooi mense vir Boekvoorlesings en wys ook ouer films..daar is tot al ‘n boeke partytjie gehou deur ‘n nuwe Mamma .. MAAR dit is na jare en duisende boeke se versamel, sy vra Biblioteek tarief maandeliks en sy maak slegs gebruik van nuutste boeke.. sy het ook al boekruil oorweeg maar dit is amper voltydse werk om biblioteek te begin uitruil of tweedehandse aankope, en baie baie adverteer..Haar kliënte is meeste afgetredenes in Parys. Sal maar eers ‘n haalbare studie doen, boeke bly duur en mens moet altyd weer voorraad het om aantevul.. Die leestuin was altyd vir my ‘n wonderlike idee, veral die mooi tuin en tydskrifte is meer bekostigbaar ..

        Liked by 1 person

  7. perdebytjie
    April 19, 2017

    Dankie dat jy weer skryf…ek geniet dit so…die vrou des huises met die bril op die neus…ek sien dit beter as ‘n foto!

    Like

    • ddupl3ss1s
      April 19, 2017

      Dankie perdebytjie, sommige dae gaan skryf so strammerig , nietemin is ek vreeslik bly jy loer hier in, dankie!

      Liked by 1 person

  8. HesterLeyNel
    April 19, 2017

    Lekker om jou weer hier te sien. Jy het my nou weer laat terugdink aan die tienerboeke wat ons so verslind het op skool. Die Keurboslaan- en Rivierplaas-reekse was veral gewild. Nou is ek sommer nostalgies.

    Liked by 2 people

  9. Kameel
    April 19, 2017

    Nou voel ek nie so sleg dat ek tot oor twaalf gisteraand hier langs my man lê en lees het nie…. en dit nadat ek vir hom ure terug gesê het ek lees net gou die een hoofstuk klaar, dan sit ek die lig af. Lekker lees Dirkie.

    Like

  10. coetzee2014
    April 19, 2017

    Dankie, vir die skrywe. Ek lees baie min deesdae. Weet nie eers van die Afrikaanse se krywers meer nie. Laaste boek, was Kamphoer. Gesondheid? Die bakkie afgeskryf?

    Like

    • ddupl3ss1s
      April 19, 2017

      Droefnis, bakkie afgeskryf , eis afgehandel , was nog in baie netjiese toestand, vervang is nie juis in beplanning nie.. sal maar sleepwaentjie aanskaf. Dankie vir meelees.

      Like

      • ddupl3ss1s
        April 19, 2017

        ..o en die Gesondheid- Doepie moet Vrydag weer na ‘n jaar vir sy opvolg ondersoek hospitaal toe gaan , ons glo dat uitslag goed sal wees. My artritis verwante geite en ouderdom verwante kwale , die neuk soms nog tot groot frustrasie van die uwe. Dankie vir jou saamlees.

        Like

  11. rondomtaliedraai
    April 19, 2017

    Mmmmmm pure lekkerte

    Like

  12. seegogga
    April 19, 2017

    Galpil- Saattjie se kerel. Ai nou is ek weer lus vir lekker lees!

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on April 19, 2017 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 17,699 hits
%d bloggers like this: