Woorde

Mia

Mamma hou skaars stil dan kom die roep.

“Oupa ! Oupaaa!

Oupa tel haar op, sy gesels en babbel soos opwen speelgoedjie, aanhoudend .

Mia sit haar handjies weerskante Oupa se gesig, strelend

Sy vryf Oupa se kennebaardjie en  met ‘n salige stemmetjie  verklaar sy

“Oupa, Oupa jy’t doringkies!”

25 comments on “Mia

  1. scrapydo2.wordpress.com
    April 20, 2017

    Sweet! Uit die mond van die suigeling!

    Like

    • ddupl3ss1s
      April 20, 2017

      Ek wou so graag ‘n foto van daardie oomblik geneem het, ai soms is geen kamera in sig..

      Like

      • scrapydo2.wordpress.com
        April 20, 2017

        Ja dit is so. Foontjie is nogal handig as dit by sulke steel fotos kom. Probleem is sodra die kindertjies agterkom mens neem hul af reageer hul heel anders.

        Like

      • ddupl3ss1s
        April 20, 2017

        Netso.

        Liked by 1 person

  2. Skeletor
    April 20, 2017

    Oulike kjend daai! :)

    Like

    • ddupl3ss1s
      April 20, 2017

      A lekker om jou te sien Skeletor!

      Like

      • Skeletor
        April 20, 2017

        Lekker om gesien te word! Ek het Mia se stories so op die ander blad gevolg, Oupa se struwelinge en dies meer. Ek is maar net baie low profile deesdae. :(

        Liked by 1 person

      • ddupl3ss1s
        April 20, 2017

        Doepie gaan weer more vir ondersoek gehospitaliseer word – dit werk altyd op my senuwees.

        Like

  3. Hier "blok" Elanè
    April 20, 2017

    Auwh, sweet…

    Liked by 1 person

  4. HesterLeyNel
    April 20, 2017

    Dierbaar ❤

    Like

  5. perdebytjie
    April 20, 2017

    Ai,die liewe Mia…skryf jy nog briefies aan haar?Dalk mis ek dit?

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      April 20, 2017

      Nee ek het opgehou met haar ,( dink dit was eerste verjaarsdag)? Soms skryf ek maar net notas van haar doendinge.

      Liked by 1 person

      • perdebytjie
        April 20, 2017

        Ek het begin om foto- albums vir my kleinseun te maak…net gekom by die tweede jaar,toe is my gô uit.Nou is daar ‘n boetie ook en van hom het ek nog nie eers tien foto’s geneem nie…sleg ouma😜😂

        Like

      • ddupl3ss1s
        April 20, 2017

        Ek sien klein Kian word ook nie baie afgeneem nie, maar die mensie is so wriemelwurm om ‘n foto te neem is omtrent ‘n fiksheidsoefening

        Liked by 1 person

  6. travel460
    April 20, 2017

    Die kleinkinders los mens soms sonder woorde as hulle eers daai mondjies oopmaak. Doringkies. So waar gesê.

    Liked by 1 person

  7. Spokie sny spoor
    April 20, 2017

    Ai, die kleinkinders maak ons lewens – laat ons dit maar erken. Mia het so groot geword?

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      April 20, 2017

      So vette ronde babatjie wat sy was het sy ontpop in langbeen meisiekindjie, sy word in Junie 3 jaar

      Liked by 1 person

  8. ddupl3ss1s
    April 20, 2017

    Ons was verstom.. al dorings waarmee sy te doen gehad het was toe sy baie kleiner in duwweltjies ingeloop het.

    Like

  9. rondomtaliedraai
    April 20, 2017

    Hehehehe solank sy nie dorinkies by Ouma kry nie

    Like

  10. trommeltjies
    April 21, 2017

    Te dierbaar. Ek het my pa se bokbaard nat gegooi toe ek klein was, terwyl hy sit en dut. Met sy wakkerskrik ewe verklaar: “Ek gooi pappa se grassies nat”

    Like

Lewer kommentaar

Information

This entry was posted on April 20, 2017 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 36 509 hits