Woorde

Hy en Ek, ons twee saam se belewenis.

Nimmer immer sal ek gewoond raak aan die elke aantal maande se kuier by die Hospitaal !

Elke 6 maande .

Elke keer sit ek neffens die man en praat bog en giggel ek van skone senuwees. Al gewonder waaroor kan mens gesels .. nooi ooit noem ons Kanker by die naam nie, beslis nie in die wag vir teater nie. Nooit praat ons oor die moontlikheid van  ‘sê nou net!” nie .

Was Vrydag weer sulke tyd.

Hy raak moeg vir die ‘skopié’ stories- of dit is die blaas of dit is die colon…

Die Onkoloog het eendag drogies vertel, hier raak jy nie ontslae van ons nie, jy sal altyd deel van ons wees. Amper soos skoonfamilie.. so begin jy die mense respekteer.

Die personeel in die Dagsaal, hulle groet ons al soos ou bekendes . “Meneer , jy lyk goed!”

Hulle laat jou toe om so lank as moontlik by sy bed te sit.. hy mor oor sy tandeloosheid. Hy lag darem heerlik min tande of de not vir die verpleegster agter die masker, wat haar kom voorstel met “Meneer kyk na my oë, jy sal my skoonheid agter die masker nie herken nie..” en rukkie later loer sy weer in (ontmasker) en groet hom en hy herken haar nie.. en sy lag tog te lekker , oor die skoonheid agter die masker storie! Praatjies om spanning te verlig.

Teaterlyste en tyd , gebeur nie volgens tydskedule nie.. vra my!

Jy wag droogoog , en spanning laat jou hartritme in sy glorie galop –

Mia begin elke bed wat uitgestoot word se gryskop pasiënt , as haar Oupa aan te sien..

Die uitstootslag’ryloop ons saam.

Jy kyk en sien sy oë blink.

Jy vra nie.

In die saal vertel hy met volbek tande … “Dankie Vader tog, alles is reg , alles is skoon !”

Vreugde en dankbaarheid vir die genade oomblik.

Ons groet personeel.

“Totsiens Meneer,  ons sien jou weer Julie maand…

Advertisements

26 comments on “Hy en Ek, ons twee saam se belewenis.

  1. Skeletor
    April 24, 2017

    Ek is rerig bly vir jou\julle part!
    :)

    Like

  2. newsferret
    April 24, 2017

    Mooi solank alles skoonbly. Sterkte.

    Like

    • ddupl3ss1s
      April 24, 2017

      “Skoon” se betekenis by ‘n Kanker Pasiënt is by verre mooier as enige ander betekenis van ‘skoon’. Dankie vir jou saamlees News ons waardeer dit opreg.

      Like

  3. Kameel
    April 24, 2017

    Saam met jou dankbaar Dirkie. Hierdie afgelope maande gesien hoe ‘n vriendin hierdie pad saam met haar man stap… nie maklik nie.

    Like

  4. trommeltjies
    April 24, 2017

    So bly vir hierdie uitgekoopte genadetyd vir julle. Leef elke dag ten volle in hierdie “skoon” tyd.

    Like

    • ddupl3ss1s
      April 24, 2017

      Asemhaal na uitslag is altyd gemakliker , nie met so benoudheidjie om die hart nie.. dankie vir jou kommentaar , ek waardeer dit so baie.

      Like

  5. Hier "blok" Elanè
    April 24, 2017

    Dit is maar ‘n grusame padjie – maar die personeel lyk my, in alle onkologie sale, is rerig engele daar geplaas – hulle is uitstekend met hulle werk.

    Like

    • ddupl3ss1s
      April 25, 2017

      Hierdie Dagsaal is vir verskeie kwale en ondersoeke, nogtans beleef ek hul altyd so empaties.

      Liked by 1 person

      • Hier "blok" Elanè
        April 25, 2017

        Dit is baie lekker om te hoor, ekself et verpleeg en mens hoor sulke gru-stories wat personeel betref, selfs in privaat hospitale. Personeel met geen empatie of deernis, hulle is net daar agv ‘n salaris.

        Like

  6. travel460
    April 24, 2017

    Julle leer omtrent die wonder van tyd ken, Dirkie. Die werklikheid van die lewe waardeer in al sy vorme. Soveel van ons neem verhoudings as vanselfsprekend aan. Maar julle twee; julle weet van beter. Dankie vir jou deel, jou skrywe bring ñ sekere insig vir my tafel toe.

    Like

  7. seegogga
    April 24, 2017

    sjoe. Dit kan nie maklikwees nie. So bly saam met julle

    Like

  8. katrina
    April 24, 2017

    Nou het ek nie woorde nie. Maar ek het gelees en ek hoor jou. En ek glimlag oor die vergelyking met die skoonfamilie aan wie ‘n mens gewoond raak.

    Liked by 1 person

  9. rondomtaliedraai
    April 24, 2017

    Ai … ek is saam met julle bly

    Liked by 1 person

  10. poerdez
    April 25, 2017

    Mens stap maar die pad saam met die ongenooide gas soos die pad loop. Dis wat dit is. Sterkte. Bly die nuus was goed.

    Like

  11. Abrie Joubert
    April 26, 2017

    Jy is reg dit gee inderdaad nuwe btekenis aan die term skoonheid. Beauty and the Beast. Mag Skoonheid voortgaan om die Ondier te oorwin. Ongelukkig het hierdie Ondier nie die vermoë om in prins te verander nie. Tog veroorsaak die Ondier verskeie goeie oomblikke (met of sonder masker/tande). My vrou verkies datvek nie oor haar kanker skryf nie, wat jammer is. Ek kan egter noem dat ook sy skoon is. ‘n Bilaterale mastektomie is geskeduleer vir in Mei.Ons het stryd met mediese fonds wat nie alles wil betaal nie. Het gisteraand 2 bladsy betoog in die naam van my vrou geskryf. Mag skoonheid aanhou om die Belle van die ball te wees.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      April 26, 2017

      So uit my sokkies bly Abrie Joubert vir oor die uitslag van ‘skoon’ ook daar by jou tuiste.

      Liked by 1 person

  12. perdebytjie
    April 29, 2017

    So bly alles gaan goed daar,Dirkie!

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on April 24, 2017 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 18,678 hits
%d bloggers like this: