Woorde

Doekvoet

 

Na aanleiding van vorige blog geskrif  https://blogkliesjee.wordpress.com/…/…/sy-is-alweer-soekend/

Die Vrou van die Huis op die Hoek stap doekvoet-doekvoet ganglangs.

Haar mollige Hondjie genaamd Buks du Plessis , bestorm die klank.

Hangkop , skouers en lyf  die  ene verleentheid.  Hy probeer ontsienend terug slaapkas toe sluip.

Soos genoteer :

“Hoe moes ek weet van slaapsokkies!

Sy kon bly wees ..ek het nie my been gelig nie!

My misnoë teenoor ‘n vreemde betreër…!

En dan lag sy ook nog vir my!!”

Hiermede Bewysstuk van die Doekvoete…

Advertisements

10 comments on “Doekvoet

  1. Hier "blok" Elanè
    Junie 29, 2017

    BRAVO – sommer in ‘n vrolike kleur daarby…

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Junie 29, 2017

      MAAAR … soos gewoonlik is die pasmaat skielik ‘n aks groter.. gmf my brei spanning wissel knaend. Lekker chunkywol.

      Like

  2. travel460
    Junie 29, 2017

    Ek sit hier in my winkel ook met Doekvoete aan, plus Woolies pantoffels wat AMPER soos stewels lyk. Ag, jy skryf vir my so oneindig mooi, Vrou van die Huis op die Hoek.xxx

    Like

    • ddupl3ss1s
      Junie 29, 2017

      Die Vrou by die Hoekhuis se woorde vir blogs is skaars soos hoendertande… hoop jou voete geniet die troetel!

      Liked by 1 person

  3. vuurklip
    Junie 29, 2017

    Wys hoe lyk jou Buks. Hoop hy is nie so ‘n pes soos die Buks wat eens op ‘n tyd my baas was nie.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Junie 29, 2017

      Haha , Buks is ‘n Miniatuur Doberman wat in sy oorgewig eerder na ‘n miniatuur Rotweiler lyk!!

      Like

  4. Abrie Joubert
    Junie 29, 2017

    Dit is vir my duidellik dat Buks nie blameer kan word vir sy reaksie t.o.v. die hoekdoekvoetvrou nie (nee nie vroedvrou nie, wou eers gesê het doekvoet hoekvrou – maar dan klink dit of jy geld wil verdien). Na ontleding van die foto kon ek aflei dat dit gemaak is van sybokkathare en Buks het mos darem sy selfrespek.

    Like

  5. rondomtaliedraai
    Junie 29, 2017

    Lyk heerlik warm

    Like

  6. Toortsie
    Junie 30, 2017

    Lekker warm!

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Junie 29, 2017 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 17,038 hits
%d bloggers like this: