Woorde

Liewe Mia

Ouma dreig al paar weke om vir jou  ‘n briefie te skryf.

Deesdae is jy in die Kleuterskool. Engelse Kleuterskool. Nooit sou Ouma ooit gedink het dat ek met jou in Engels gesels nie. Dit alles om jou taalvaardigheid deur die drif te trek. Die juffrouens ken nie allerhande kinnerkie Afrikaanse woordeskat nie (hulle is nie eintlik Afrikaanssprekend nie ).en dan word jy vreeslik de vieste in wanneer hul jou nie verstaan nie.

Toe werk ons saam ..praatsaam. Ouma wag vir die dag wanneer jy my taalfoute gaan raakhoor.

Nietemin –

Ouma hoor ook deesdae jou Juffrou se stem deur jou geselsies met jou Anna en Elsa Poppe..nie dat ek dink hul verstaan die idee nie  “Come on! I know you can do it”!! ..moet darem die Juffrou haar kalmte en waardigheid met ‘n sterretjie beloon..

Mensig Mia, Ouma verstom haar aan jou kort-van-draad humeurtjie! Ek erken ruiterlik dit is ‘n meeluister storie wat Ouma moes aanhoor. Die sukkelry met iets wat presies in ‘n reguit lyn moettt lê, wat nie wou of kon nie.. toe ontplof jy ! Hmm toe hoor Ouma jou Ma se stem en vermaning wat jy so ewe na-aap . In’n gesprek met jouself  ” No Mia , don’t be so angry!” kan jy glo-  en toe besluit jy dit is sommer onnodige vermaning en jy antwoord jouself met ” No!!  I will”

Mia jou Ma het te vertelle jy is nogal dramaties..en fyn besnaard (Ouma dink jou Ma kan daardie twee woorde eendag vir jou mooi verduidelik..ek weet sy dra kennis daarvan,  Ouma sien dit ook maar by haar raak..)

Gister het ons , ons twee se kuier afgesluit met  storielees. Ouma moes van beter weet.. maar toe ruk die lekkerlees heeltemal handuit met byklanke(die woeste wind wat balonne wegwaai ) die kraai wat skrik en skree en die donnerweer se geknal! Ouma was in vervoering ..Ag en op die hoogtepunt van al die dramatiese gebeure vlieg jy van Ouma se skoot af en staan met kwaai gesiggie voor my  maak jou stemmetjie ferm met

“No Ouma !! You scared me..You make me sad!!”   en daar hol jy na jou Oupa..

“Oupa! Oupa !”

Ag Ouma is so dankbaar daar is ‘n Oupa om sy arms wyd oop te maak vir beskerming.

Ons is lief vir jou

Van Ouma en Oupa

Advertisements

21 comments on “Liewe Mia

  1. newsferret
    Julie 5, 2017

    Ken van daardie taal proleme self met ons kinders daar deur in die buiteland en tel dan nog ‘n derde taal by.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Julie 5, 2017

      Ek dink jy is nogal goed Taalvaardig..in ander tale Duits? Frans?

      Like

  2. Hier "blok" Elanè
    Julie 5, 2017

    auwhee – kindertjies is soos sponsies hulle neem net op en op en op.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Julie 5, 2017

      Ek het so uitgesien na al die praaitjies van so klein mensies.. verlekker my al te veel daarin.

      Like

  3. HesterLeyNel
    Julie 5, 2017

    Pragtig geskryf Ouma. Ons gesels ook in Engels oor skype of slimfoon hier af Kaap toe.

    Like

  4. Tannie Frannie
    Julie 5, 2017

    Ag lekker, ‘n briefie aan Mia! Sien lankal uit julle foto’s dat Mia en haar oupa kop in een mus is.

    Liked by 1 person

  5. rondomtaliedraai
    Julie 5, 2017

    Uiteindelik weer ‘n brief Dis voorwaar hoog tyg. Sy het julle almal in die sak! Dankie vir die deel.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Julie 6, 2017

      Gelukkig is ferm wees, as sy nou volk en vaderland wil verander, deel van liefde vir haar.. sonder die twee kleinmensies wat ouderdom verjaag – kan dit heel plesierig verloop.

      Liked by 1 person

  6. scrapydo2.wordpress.com
    Julie 6, 2017

    Weet jy ek lees en voel die liefde en deernis wat jy vir klein Mia het. Ek wil sommer vir jou n stywe druk gee. Ek sit juis met klein mensies van 5 jaar wat gladnie hul ouers wil los as hul by skool kom. Dan neem ek hul onder my vlerk(dis nou 7:30am voorskool) hul sit op my skoot en ek lees vir hul n storie of speel winkel-winkel en gou is mamma of pappa vergete. Dis so belangrik om stories te vertel of te speel. Hier begin hul skoolgaan die dag nadat hul 5 geword het. Maak nie saak of dit in die middel van n week of n termyn is nie.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Julie 6, 2017

      Ek is so bly deesdae is Mia verontwaardig as sy nie kan skooltoe gaan nie, hul vakansie tye moet hul tuis deurbring en as daar enigsins ‘n teken van loopneus is, dan moet hul eers herstel..anders is daar skare kindertjies met loop neuse.. Ek aanvaar julle het dan nie kleuterskoloe daar wat kinders vanaf 3 jaar inneem nie? So bly jy geniet jou werk !!

      Like

      • scrapydo2.wordpress.com
        Julie 6, 2017

        Hier is Kindergartens wat tot babas versorg. Ook baie privaat vroue wat babas en joner kinders oppas. Die outjies wat in kleuterskool was het beslis nie n aanpassingsprobleem nie. Tog dink ek n 5 jarige behoort nog regtig meer te speel as om in n klaskamer te wees waar hul moet begin luister na wat aangaan. Ek geniet dit omdat ek nie enige voorbereiding hoef te doen nie. Go with the flow!

        Liked by 1 person

  7. Abrie Joubert
    Julie 6, 2017

    Trappe van vergelyking

    Mia Mamma Ouma

    of is dit

    Ouma Mamma Mia

    Like

  8. Abrie Joubert
    Julie 7, 2017

    Ek hoor netnou op RSG dat Stef Bos sê as Nederlander is Afrikaans soos jou ma wat jy op 16jarige ouderdom ontmoet

    Like

  9. Kameel
    Julie 7, 2017

    Geniet dit Dirkie, geniet dit soos ek kan hoor jy doen. Dit is die kostelikste en dierbaarste tyd in hulle lewe en as jy jou oë uitvee is dit verby.

    Vertel jou sommer gou ‘n gesprek tussen my drie ma dogters by ons skoondogter se ooievaarstee. “Ek wil defininitief nie weer ‘n baba hê nie” sê Jay. “Ek sal nie omgee vir ‘n baba nie, maar ek wil nie verwag nie,” sê Marlè wat baie lief is vir babas. “Ek sal die baba vir jou dra, dit is lekker om swanger te wees, maar dan vat jy hom na sy geboorte” besluit Jay. “Jy hou van babas maar nie van kleuters nie,” sê Chantè… “dus sal ek die kind vanaf drie jaar oud vat… maar wanneer hy skooltoe gaan moet iemand anders hom vat.” “Ek sal hom vat, ek lief graad eentjies,” sê Jay wat vir graad eens skoolgee. “Na wie toe gaan hy in sy tienerjare?” vra die drie mekaar toe. Hulle kyk een na die ander vir mekaar…. maar nie een sien kans nie. Ouma Kameel ook nie!!! Nie nodig om jammer te voel vir die onbeplande baba nie, as een van die drie weer swanger moet raak is ek seker hy sal met ope arms verwelkom word in hierdie oorvol familie.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Julie 7, 2017

      Ag geniet ek nou die gesprek!!Vir my is die lekkerste voordat Ouma moedeloos raak, is huistoegaantyd daar vir Kinnerkies.. na hulle onderskeie Mammas toe. Kinders sal altyd die kosbaarste wesentjies vir my bly.

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Julie 5, 2017 by in Briewe.

Blog Stats

  • 17,038 hits
%d bloggers like this: