Woorde

11 Julie 1953

Doepie,

Ek skryf elke verjaarsdag, sedert blogdae vir jou ‘n briefie.

Vanoggend gekuier deur al die briewe. Verlede jaar se fotos bekyk!

Jy was toe so maer en bleek . Hande swak. Daardie dag moes jy weer chemo ontvang en is uitgestel weens bloedtelling wat nie reg was nie..

Vandag brand vreugdevure.

Ons is almal oneindig dankbaar oor die genade van herstel.

Vreugde om elke kind se wense te kon hoor.

Vreugde die kersies se aansteek en blaas.

Vreugde om nog in mekaar se arms te staan, mekaar regop te hou .

Mag jy hierdie dag koester met kinders en kleinkinders wat so oneindig lief is vir hul Pa en Oupa.

Vreugde vir jou my man.

Liefde

Dirk.

 

 

14 comments on “11 Julie 1953

  1. travel460
    Julie 11, 2017

    Mag julle twee mekaar nog vir baie jare kan regop hou.

    Like

  2. coetzee2014
    Julie 11, 2017

    Baie geluk, Doepie. Julle is baie bevoorreg, maar dít weet julle. Groetnis.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Julie 11, 2017

      Begenadig is so omvangryk- moeilik om emosies van dankbaarheid weer te gee. Dankie namens hom.

      Like

  3. Lewies Mymer
    Julie 11, 2017

    Pragtige getuienis van liefde, hoop en oorwinning deur genade. Baie geluk Doepie! Nog vele gesonde jare meer.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Julie 11, 2017

      Die man des Huises waardeer jou boodskap en baie dankie en hy is vreeslik bly jou uitslae het ook goed verloop.As die kuiergas ,genaamd Kanker- hom tuismaak is mens oneindig dankbaar vir behandeling wat goed verloop het. Hierdie week gaan hy weer sy kuiers kuier by Onkologie , gerustelling dat alles nog goed gaan.

      Like

  4. rondomtaliedraai
    Julie 11, 2017

    Baie geluk Hoop jy kan nog baie sulke briewe skryf!

    Like

  5. seegogga
    Julie 12, 2017
  6. seegogga
    Julie 12, 2017

    Baie geluk! Wat ‘n genade en voorreg. Ek is bly dit gaan goed.

    Liked by 1 person

  7. Elizabeth
    Julie 13, 2017

    Wonderlike tye toegewens vir julle!

    Liked by 1 person

  8. Toortsie
    Julie 16, 2017

    Ek is ook so bly vir julle.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Information

This entry was posted on Julie 11, 2017 by in Uncategorized.

Blog Stats

  • 36 503 hits