Woorde

Die Draak

Het iewers in al die lese gelees wat ek kon lees( soos ingeligte siel) die “pes onder die vee”  word benoem ” Die Draak” .

RA. Rheumatoid Arthritis.

Vermoedelik die vuurtonge (pyn) . Dalk die liggaamsbou  van die draak , kort voorarms (iewers kom jy agter die noodsaaklike werking van arms ( onder andere) wil skielik nie meer saamwerk nie. Tot weinig instaat  maar blaas, blaas die vuurtonge – onverwags.

Die vraag wat mediese personeel vra –  wanneer jy nou ‘n reeks vrae moes aanhoor en geboekstaaf het van al jou kwinte en kwale van die jaar her – as jy gehospitaliseer word is:

  • Uit ‘n punteskaal 1 -10 uit 10, hoe ervaar jy jou pyn – nou ?

Dit bly vir my moeilik.. wat vir jou as pasiënt , ‘n helse pyn  iets uit die vagevuur is, is dalk hanteerbaar vir ander siele..  Kry toe wraggies by Pinterest so punteskaal van pyn. Mooi toegelig . En vermanings moenie met ‘n glimlag jou pyn punte toeken of absurde telling gee nie.. al pyn jy of jou lewe daarvan afhang.

Ek moes ook leer ..

  • Dit is ‘n eensame siekte..
  • Jy wip jou gai as iemand ewe vra “Haai ek sien jy loop moeilik, wat is fout?” en jy vertel van die diagnose RA en die vae reaksie “O! My Ouma het ook mos artritis”.. of het jy al Camphor Cream probeer, of daggaolie of of of …
  • “Man, jy moet net oefen, teen die stramheid”
  • Maak vrede met – Hospitalisasie elke 6 maande.

Grootste frustrasie ooit, die onvermoë te konsentreer!!! Slim ouens praat van “Fog brain” hmm, nogal voorraad boeke saamgeneem , nie veel van waarde as jy moet herlees!

Iedergeval .. dese vrou van die Hoekhuis se  Knieë en skouers en polsgewrig is geolie en geghries met inspuitings!

  • Sy kan darem weer hekelpen en breinaalde gemaklik hanteer en bloggeskriffie uittik.
  • Sy kan opstaan en  loop sonder om soos John Wayne te lyk ..so bakbeen al neuk die nuutste  die heupe..gmf
  • Sy kan haarself klee, (hmm mens aanvaar dit as vanselfsprekend  tot die dag !!!)
  • Sy stort , al voel dit na die tyd nou nie verfrissend nie , minstens lawe die warm water.(O die moegheid!!)
  • Sy bly dankbaar , dit gaan goed.. as jy jou beurt afwag soos lam ter slagting vir pynbeheer en infiltrasies(en dit het boggerol te doene met oor landsgrense heen te sluip) daar sien jy mense bleek en krom en verknokte gewrigte – dan is jou hart lig . Dit gaan goed.
  • RA tas liggaam orals aan , hopelik lei myne aan geheueverlies en bly net by die paar wat ek ongerief in ervaar.

 

 

 

40 comments on “Die Draak

  1. newsferret
    Augustus 2, 2017

    Ek lewe saammet ‘n RA slagoffer die afgelope 20 jaar plus en daar is dae wat my geduld kwaai takseer en dis wanneer ek weet die pyn kraai koning.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Augustus 2, 2017

      Ai ai, kry so bitter jammer. Ek is so oneindig dankbaar vir my Huismense , genadiglik het my RA nog nie nie so lank in al sy glorie, in my liggaam kom nesskop nie. Dit bly aftakelend – het effek op almal . Dankie vir jou saamlees, en net die beste wense vir pasiënt en mog pilletjies tog help!

      Like

  2. Kameel
    Augustus 2, 2017

    Dirkie ek wil nou nie my ouma nie, maar jy het al my simpatie. My sus Rika het dit op 24jarige leeftyd gekry, en was later jare van kop tot tone skeefgetrek, en van binne bedraad, en geskroef. Ons kon net haar leiding aanskou maar niks doen om dit vir haar te verlig nie. Kan net sê sterkte!!!!

    Like

  3. Toortsie
    Augustus 2, 2017

    Sterkte Dirkie

    Like

    • ddupl3ss1s
      Augustus 2, 2017

      Dankie Toortsie, glo die spuitery sal darem salige paar maande laat verloop.

      Liked by 1 person

      • Toortsie
        Augustus 2, 2017

        Jou pynkaart het my laat dink. My rug voel soms soos nr 8 en nou lyk my dis maar ‘n 4.

        Like

      • ddupl3ss1s
        Augustus 2, 2017

        Lekker lag ek nou.. nee wat elke siel beleef sy pyn uniek, as jy nr 8 voel, dan moet jy sag hanteer word.

        Liked by 1 person

      • Toortsie
        Augustus 2, 2017

        Dán is dit omdat ek die oefeninge gruwelik verwaarloos het! 😳

        Like

      • ddupl3ss1s
        Augustus 3, 2017

        Ek moet werk aan my liggaamsposisie, nie so ingedoke bondel nie..

        Like

      • Toortsie
        Augustus 3, 2017

        Ek het die saak oordink. Ek is seker maar pieperig. 4 is 4, nie 8, al verbeel ek my dis 8

        Liked by 1 person

      • Toortsie
        Augustus 3, 2017

        Is daar iets wat jy daaraan kan doen?

        Like

      • ddupl3ss1s
        Augustus 3, 2017

        Sit regop soos laaistok.

        Like

      • Toortsie
        Augustus 3, 2017

        Ai

        Like

  4. coetzee2014
    Augustus 2, 2017

    Ek wil nie jou blog, “like” nie. Ek wil ook nie, soos een van daardie raadgewers wees nie, maar hier het ´n buisie Miracle Comfrey in die laai gelê, lankal reeds verby sy lewe en eendag, uit radeloosheid, smeer ek dit toe aan my polsgewrigte, waar ek iets soortgelyks het. Ek glo nie aan salf, vir wat binne verkeerd is nie, maar groot was die verligting. Toe ek nou in SA was, sommer vir my ´n vet potjie, daarvan gekoop. Probeer dit dalk bietjie.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Augustus 2, 2017

      As my pols gewrig so vuurwarm voel werk daardie oppervlak salfies tog ook.. verkoel darem.. al ruik mens soos ‘n bossietuin!! Ha!

      Like

  5. travel460
    Augustus 2, 2017

    Die inligting wat jy hier deurgee, help my baie om die siekte beter te verstaan, Dirkie. Ek lees raak dat hierdie pad wat jy stap, ñ kronkel pad is. Baie baie sterkte.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Augustus 2, 2017

      Ek is sekerlik gelukkig dat die erge reaksie eers in my 60 gebeur, daar is bloedjongmense wat so swaar kry! Ek is dankbaar vir goeie mediese fonds, so dankbaar.

      Like

  6. poerdez
    Augustus 2, 2017

    Sterkte. Al loop jy die dag soos John Wayne, LOOP dan sommer met die houding ook! :wink:

    Like

    • ddupl3ss1s
      Augustus 2, 2017

      Lekker lag ek nou, mens moet positief bly en humor is goed al gaan dit gepaard met tandekners!

      Liked by 1 person

  7. Lewies Mymer
    Augustus 2, 2017

    Ai ou Dirkie, sterkte man! Probeer maar al die raad en rate, dalk, net dalk is daar een wat verligting bring.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Augustus 2, 2017

      Ek loer maar op lysies van kossoorte en vrugte wat beter is vir die skarniere.

      Like

  8. HesterLeyNel
    Augustus 2, 2017

    Ai Dirkie, al die gekafoefel met medikasie maak ‘n mens skoon naar vir dokters en hospitale, maar as dit help om jou lewensgehalte te verbeter, sê ek net sterkte met al die prosedures.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Augustus 2, 2017

      Ek aanvaar betyds behandeling gooi bietjie die verwringing in tru-rat, net jammer daar sal altyd newe-effete van medikasie wees.

      Liked by 1 person

      • HesterLeyNel
        Augustus 2, 2017

        Ja, dis die ongeluk. Mens moet nou kies tussen twee euwels.

        Like

      • ddupl3ss1s
        Augustus 2, 2017

        Die aakligste die Chemo pilletjies se gedrinkery !! Ag wat nou verbeel ek my maar die geel kleur is sonskyn. Bloedtoetse word elke 2 mnde geneem , indien medikasie skade aanrig..

        Liked by 1 person

      • HesterLeyNel
        Augustus 2, 2017

        Dit word later ‘n nimmer eindigende kringloop. Ek is ook weer besig met toetse en het handevol pille gekry vir die chroniese hoesie wat ek skielik ontwikkel het. Kortisoon. Dêmmit ek haat daai goed.

        Like

      • ddupl3ss1s
        Augustus 3, 2017

        Laat toets .. daardie hoesie klibnk soos respirator virus , knaend het Kinta gehoes. Chroniese pyn chroniese pille!! Die kortisoon binne-aars laat my soos tamatie in tamatieslaai lyk al vertel die Suster van blushing bride!!

        Liked by 1 person

      • HesterLeyNel
        Augustus 3, 2017

        My dogter sê sy lag haar alie af as dit uitkom dat ek allergies is vir die seelug :D :D

        Like

      • ddupl3ss1s
        Augustus 3, 2017

        Aggeneee !! Die stoutkind!!

        Like

  9. rondomtaliedraai
    Augustus 2, 2017

    Ai toggie Baie sterkte… ek kan net hoop dat al die planne help

    Like

    • ddupl3ss1s
      Augustus 3, 2017

      Mens moet eers vrede maak met bloedtoets uitslae daarna begin pilletjie en rate parade .. Ek hoop my inspuitings gee darem pynvrye paar maande

      Liked by 1 person

  10. Tannie Frannie
    Augustus 2, 2017

    My mammie het jarelank RA met grasie verduur, dus weet ek hoe pynlik dit is – sterkte vir jou.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Augustus 3, 2017

      Kosbaar die grasie! Goeiste ek vermoed ek sal maar kla ..Nogtans humor is natuurlike versagter van pyn.

      Liked by 1 person

  11. trommeltjies
    Augustus 6, 2017

    Jy het al my simpatie. Dis baie moeilik vir die meeste mense met auto imuun siektes, want die buitekant lyk nie altyd siek en vol pyn nie, daarom verstaan mense nie. Hoop die pyn behandeling werk.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Augustus 7, 2017

      Baie dankie. Die infiltrasies in gewrigte het gewerk soos ‘n droom. Te wonderlik sonder pyn.

      Like

  12. Abrie Joubert
    Augustus 8, 2017

    Vrou van die hoekhuis jy leer ons te midde van jou pyn. Ek dink baie mense sal beweer hulle pyn is op skaal van 10 maar is nie naastenby 10 nie. Ek had nog net eenmaal in my lewe pyn gehad wat noemenswaardig is, toe ek nierstene gehad het en flou geword het en my vrou my op gangvloer kon optel het. Maar miskien het ek net lae pyndrumpel en was dit ‘n 2… Sterkte vir jou, mag die effek van die inspuitings hou. Sou graag die pynskaal by jou wou leen vir blog wat nog moet volg oor nierstene.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Augustus 17, 2017

      Dit gaan goed, die inspuitings werk soos ‘n droom! Elke mens se pyn is enig in sy soort, ook maar moeilik om syfertjie toe teken. Pyn is pyn. Darem gehoor nierstene is soortgelyk soos kraam!! Ai ai.

      Liked by 1 person

  13. Terug pieng: Toentertyd se Ouplasers | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se blog

Lewer kommentaar op Toortsie Kanselleer antwoord

Information

This entry was posted on Augustus 2, 2017 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 36 503 hits