Woorde

Die liefde

My Lief ..

Ek skryf in pen en ink

in skoonskrif

op lynlose papier

vir jou ‘n brief

die rekenkunde van liefde – een plus een gelyk aan alles

en

twee minus een gelyk aan niks nie.

Die somtotaal.

ek rol die liefdesbrief

oorlangs

bottel dit

vir

hergebruik

glasbrief in ‘n bottel

Danksy ‘n onthou-jy-nog-link op Facebook na my ou Litnetblogs lees ek hierdie raak..kan jy nou meer so liefie-brief vir my Geliefde!! dd.5 Desember 2013.

Die kiekie op Moedersdag.

Image may contain: 2 people, people standing, tree, plant, sky, outdoor and nature

23 comments on “Die liefde

  1. travel460
    November 4, 2017

    Wat ń kosbare skryfsel om te kan bewaar.

    Like

    • ddupl3ss1s
      November 4, 2017

      Nogal bly gewees toe ek weer op my ou litnetblogs kon inloer.. terwille van bewaring het ek herplaas.

      Like

  2. perdebytjie
    November 4, 2017

    Ai dis mooi!

    Like

    • ddupl3ss1s
      November 4, 2017

      Dankie Perdebytjie.. ek kan nie onthou wat het aanleiding gegee vir destydse Liefdesbrief nie.

      Liked by 1 person

  3. seegogga
    November 4, 2017

    Pragtig

    Like

  4. Lewies Mymer
    November 4, 2017

    Baie mooi gese Dirkie. Ekglo dit het sy hart vermurwe! Julle is ‘n mooi paartjie.

    Like

    • ddupl3ss1s
      November 4, 2017

      Lewies, ek het nog nie vir hom hierdie Liefdesbrief laat lees nie… ek weet nie hoekom nie,,,

      Liked by 1 person

  5. rondomtaliedraai
    November 4, 2017

    Pragtig !

    Like

    • ddupl3ss1s
      November 4, 2017

      Ek moet meer minebriewe skryf.. my blog word deesdae deur ‘n leser gelees so elke dag ‘n paar van die ouer geskrifte en skielik laat weet WordPress daar was ‘n ontploffing in leserstal en raai ..danksy my brief aan my Geliefde. Wys jou ..liefde bly steeds iets kosbaar.

      Liked by 1 person

      • rondomtaliedraai
        November 5, 2017

        Nee jy onderskat jou eie talent Ons sien altyd uit na jou skrywes … sug… maar dit gebeur so min

        Liked by 1 person

      • ddupl3ss1s
        November 5, 2017

        Ek sukkel man … ek weet nie die woorde neuk verkeerde rigting…

        Liked by 1 person

      • rondomtaliedraai
        November 5, 2017

        Hehehehehe … selfs dit kan nogal vreemde gesprekke uitlok

        Like

      • ddupl3ss1s
        November 5, 2017

        Ja Tina, ek stryk nie deesdae nie,, miskien moet ek vir Annah verlof gee dan kan ek blogs bedink.

        Liked by 1 person

      • rondomtaliedraai
        November 6, 2017

        Nee wat mens met jou lyf sal die strykwerk eens te veel wees.

        Liked by 1 person

  6. scrapydo2.wordpress.com
    November 5, 2017

    Pragtig! … liefde bly steeds iets kosbaar(soos jy sê)

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      November 5, 2017

      Volgende week is ons 43 jarige huweliksherdenking..ai ek bly steeds dankbaar dat ons deur siekte vir mekaar gespaar is.

      Like

  7. Abrie Joubert
    November 5, 2017

    It was not only a Winter’s tale – laat hom lees

    Liked by 1 person

  8. trommeltjies
    November 6, 2017

    Pragtige skrywe wat moet bewaar word

    Like

    • ddupl3ss1s
      November 6, 2017

      Sal dit uittik en oprol met lintjie en die 9 de Nov oorhandig.. op ons troudagherdenking.

      Like

Lewer kommentaar

Information

This entry was posted on November 4, 2017 by in Briewe.

Blog Stats

  • 36 503 hits