Woorde

Ek noteer

Soms het ek ‘n potlood byderhand.

In my handsak.

In die kerk..

Dan maak ek ek so vinnige nota en vergeet daarvan en wanneer jy nou in angs jou beursie of sleutels of jou man s’n soek en handsak word omgedop om ontslae te raak van al die snesies en kerklekkertjies wapper ‘n klein fyn notatjie na benede…

Daar staan geskryf in Potlood:” Ps 205. Dogtertjie dirigeer.”

Ek kan onthou van die Pappa wat voor ons gestap het, met die wippende dogtertjie(seker so 4 jaar) met ‘n sagte speelding in haar arm. Die Pa wat vermanend praat” Onthou jou pop mag nie in die kerk hardop praat nie! Jy mag ook nie met jou Pop hardop praat nie… ” Miskien was daar ook tweegesprek tussen Pop en kindjie.

Nietemin..

Die pop het haar waardig gedra.. stil soos ‘n muis.

MAAR

Met die aanhef van Ps 205 , toe klim die vreemde dogtertjie kniediep in die oude tante se hart.

Sy sing nie

Sy staan daar en dirigeer , met arms wyduit gesprei.

Met vreugde

Perfek tesame met ritme.

 

 

 

Advertisements

17 comments on “Ek noteer

  1. travel460
    November 7, 2017

    Dankie vir die musiek. Nou gaan my dag ekstra goed begin.šŸŒ¹

    Like

  2. Aletta - nowathome
    November 7, 2017

    Pragtige musiek! …en storie :-D

    Liked by 1 person

  3. Lewies Mymer
    November 7, 2017

    Oulik!

    Liked by 1 person

  4. ddupl3ss1s
    November 7, 2017

    Dankie Lewies.

    Like

  5. rondomtaliedraai
    November 7, 2017

    Pragtig…

    Like

  6. Tannie Frannie
    November 7, 2017

    Was nou saam met jou in die kerk en het die hele tafereeltjie sien afspeel – so mooi!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      November 8, 2017

      Baie dankie.. ek kan onthou van mammas wat so haastig was syt die klein kindjie eendag tjoeftjaf gevoer in die kerk suit uit so vrolike kleurbakkie.. ag kinders is en soms hul ma’s is so natuurlik in hul optrede.

      Liked by 1 person

  7. trommeltjies
    November 8, 2017

    Kan die prentjie in my geestesoog sien en dit is mooi.

    Like

  8. Toortsie
    Desember 5, 2017

    My SĆ“tie-pop het net so lekker saamgesels. Ek hoop tog my kinders onthou om haar eendag saam met my te begrawe. Siestog, sy sal so alleen wees as sy moet agterbly!

    Liked by 1 person

  9. Toortsie
    Desember 5, 2017

    As jy musikaal is, is jy musikaal. ā¤ļø

    Like

  10. Terug pieng: As jy musikaal is | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se blog

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on November 7, 2017 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 24,808 hits
%d bloggers like this: