Woorde

Liewe Woudie en Pieter

Ek reblog dit..net die aantal jare aangepas.. so prekie vir ons kinders tesame.

Woorde

Pa en Ma is vandag 43 jaar getroud.

doepie-dirkie-trrou

Ma skryf elke jaar  ietsie oor hierdie dag.

Vandag wil ek regtig nie veel oor daardie vreugdedag skryf nie, sommer in die algemeen ..

Swaarkry teenoor humor – humor het altyd die wa deur die drif getrek. Humor ontlaai. Goeie medisyne.

Natuurlik het ons swaargekry en dit het nou  niks te doene met  Ma se salaris R100 en Pa se R160, nie. Kan julle glo !

Daar was dae wat ek ook soms gedink het ..”Hemel die man !!!” Hmm, aanpasbaarheid gebeur nie oornag nie, en jy het ‘n keuse .

Ons is Ryk . Rykdom wat so omvattend beskryf kan word .

Julle het ons ryk gemaak.

Ma is nooit ‘n voorstander van daardie liedjie wat hul destyds so gretig gesing het..”Kinders by dosyne ” nie , ons is begenadig met julle twee, ons is opreg dankbaar.

Ek het vir Pa…

View original post 162 more words

Advertisements

14 comments on “Liewe Woudie en Pieter

  1. newsferret
    November 9, 2017

    Geluk en skielik sal 43 in 50 verander.

    Like

    • ddupl3ss1s
      November 9, 2017

      Met siekte wat so aangeklop het by die Huis op die Hoek , bly dit vir ons so kosbaar ,die tesame wees vir mekaar.

      Like

  2. Storieklong
    November 9, 2017

    Toe was ek ‘n volle een jaartjie en twee weke oud.
    Baie geluk op 43 jaar se memories.

    Like

    • ddupl3ss1s
      November 9, 2017

      Baie dankie , ek waardeer dit. Dit kan ek darem byvoeg nou beleef ons die saamwees soveel kalmer en vind daarin vreugde.

      Like

  3. lekkervurig
    November 9, 2017

    Gelukkige herdenking en onthou! Seënwense.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      November 9, 2017

      Baie dankie Lekkervurig..deesdae onthou hy die datum..vroeer jare het ek hom teen laatmiddag -4.00 nm- herinner “nou staan ons voor die preekstoel” giegie..ek het altyd sy verleë glimlag geniet !!

      Liked by 1 person

  4. ekmyselff
    November 9, 2017

    Drie jaar VOOR my geboorte – BAIE GELUK! Mag julle nog baie humor saam deel.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      November 9, 2017

      Ek begin agterkom die oude vrou van die Hoekhuis verkeer tussen jongelinge..darem ‘n paar wat inpas by my en geliefde se ouderdomsgroep, nogtans baie dankie humor is beste medisyne soms moet mens net harder werk daaraan om die humor te vind..

      Liked by 1 person

  5. rondomtaliedraai
    November 9, 2017

    hehehehe … eish julle het dit lank uitgehou … ek verstaan die humor ding…

    Like

    • ddupl3ss1s
      November 9, 2017

      Tina, ek het nie verniet vir hom so mooi brief geskryf nie… wedersydse liefde ..aan te beveel ..

      Liked by 1 person

  6. travel460
    November 10, 2017

    43 jaar getroud. Wat ń voorreg, selfs al is daar baie sakke sout saam opgeeet. Julle is vir ons ń pragtige voorbeeld, dankie daarvoor. Jou skrywe het my hart inderdaad aangeraak.

    Liked by 1 person

  7. Toortsie
    Desember 5, 2017

    Ek het hom gaan klaarlees. Ja, alles is net genade. Aanpasbaarheid ‘n keuse. En ja, soms moet jy jou mond toehou, soms nie! 😁🥂

    Liked by 1 person

  8. ddupl3ss1s
    Desember 5, 2017

    Afhangend of swyg bokbek trek.. haha nogtans is dit so groot genade deur al die siektes en belewing daarvan om staande te bly vir mekaar. Dankie Toortsie.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on November 9, 2017 by in Uncategorized.

Blog Stats

  • 25,883 hits
%d bloggers like this: