Op Verjaarsdae sal ek altyd dink, en onthou .
Jy dalk die geboorte uur?
Met ‘n ‘naelstring’ bly ons gebind.
So het hul aan ons verklaar die band wat nooit kan breek nie.
Ek sal somme maak oor jou ouderdom- toe was jy nog kind, en in weemoed dink ek aan jou ..my gebed by jou.
Daarteenoor oneindige dankbaarheid wat hande gevat het.
Die vreugde om ‘n lewe te ontvang
onverdiend.
Ek sou jou so graag wou gerusstel.. dit gaan goed.
Hy is hardwerkend vrolik,vriendelik, ons vreugde.
Ek menigmaal gewonder oor die breë glimlag wat lig aansteek in sy oë !
Iewers stap jy tog saam .
Liefde vir jou.
Pragtig… lees hy hier?
LikeLike
Nee, het ook maar ter wille van sensitiwiteit nie gelink op my facebook. Is en bly altyd van die grootste oomblikke in ons lewe – ons kinders . Sulke dae dink ek so baie aan die grootste geskenk ooit wat aan ons gegee is.
LikeLiked by 2 people
Goeie tye!
LikeLiked by 1 person
Sjoe! Dis ‘n seer mooi.
LikeLiked by 1 person
Dit is goeie beskrywing van my emosionele belewenis! Dankie vir die saamlees.
LikeLiked by 1 person
Ek lees net, en sien die hartseer………..ek weet nie wat ek sal maak nie……..
LikeLike
Danie, om ‘n kind aan iemand te gee, sonder voorbehoud ..sonder om te weet of die nuwe ouers tog met hulle hele hart alles in hul vermoë sal doen vir die kindjie – en te glo.. dit is die naaste aan die grootste offergawe op aarde. Ons is begenadig met twee kinders, ons harte kinders. Al het ek nooit die voorreg gehad om lewe te kon voel nie, was dit die grootste oomblik die dag toe ons ‘n oproep ontvang het..”Mevrou, daar is ‘n kindjie vir julle gebore” Daarom sal ek altyd die biologiese ouers opdrae in gebed..al ken ek hul nie.. Dankie dat jy hier gelees het.
LikeLike