Woorde

Ek groet jou ….

Ek ken jou 6 jaar,

Uit 35 jaar.

Die 35 jaar is jy deel van ons lewe deur die oë van ons kind, groot neutbruin oë- haar wye glimlag.

Haar humorsin ..hardwerkend  empatie met medemens..ons kind.

Jy het my blogs gelees.

Het aan my genoem , met my  destydse vertelling oor aanneming en die skokkende versoek van die Mamma dat sy Kinta wou ontmoet… jy  so besorg oor ons en haar , dit sou almal se lewe ontwrig. Toe was dit tog goed. Die ontmoeting.

Ewe drogies het jy genoem  “Ek huil nie sommer nie, maar ek het trane in my oë gekry, met die lees daarvan”

( Nou is ek so spyt ek het die blogs uitgewis- terwille van !! …)

Jy so opreg dankbaar vir die kykie in ons lewe sonder en met ‘n kind.

Toe ontmoet ons.

My hart het in my keel geklop.

Die groot man voor my. So bekend  tog onbekend.

Replika van my hartekind.

Later toe emosies gekalmeer het, het jy ewe rustig verklaar..”Ek is die Here dankbaar dat julle my kind ontvang het, ” Die res van gesprek … so persoonlik, daaroor trek ons gordyn.

….

Nooit ooit gedink ek sou die dag beleef dat ek jou moet groet dat ek nie weer jou stem sou hoor.

Ek treur oor jou.

Ek huil.

Wees gegroet, Biologiese Pa van ons kind

Wees gegroet ons kosbare vriend.

 

  • H.E. oorlede 29.12.2017

25 comments on “Ek groet jou ….

  1. scrapydo2.wordpress.com
    Desember 31, 2017

    Wat n skok en ook hartseer dat alles so geëindig het. Innige simpatie en dink aan julle in hierdie tyd.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Desember 31, 2017

      Ek voel hartseer ..dit is vir ons almal maar moeilik. Hartaanval. Het hartprobleme gehad. Dankbaar dat ons so goeie verhouding gehad het.

      Like

      • scrapydo2.wordpress.com
        Desember 31, 2017

        Dit wys tog dat die mens wik maar God beskik. Jul het die geleentheid gekry om hom te leer ken en hy vir julle ook. Die lewe loop maar vreemde draaie.

        Like

      • ddupl3ss1s
        Desember 31, 2017

        Hy het na ontmoeting vir ons gesê, “,,weet jy jul voel soos ou kennisse..so asof ek jul jare al ken” ons het gemaklik gesels altyd ons ruimte grespekteer, trots op ons kind.

        Like

      • scrapydo2.wordpress.com
        Desember 31, 2017

        Dit wys jou ook dat jul opvoeding mooi vrugte afwerp. Sterkte maar met al die reëlings, hope liefde vir julle.

        Liked by 1 person

  2. Danie Jonker
    Desember 31, 2017

    Hartseer

    Like

  3. woestynkind
    Desember 31, 2017

    Jammer vir julle pyn in hierdie tyd. Die lewe se draaie is partykeer onverstaanbaar

    Like

  4. Tannie Frannie
    Desember 31, 2017

    Ag Dirkie, woorde is daar nie, maar ek dink aan julle almal…

    Like

  5. Martha Poller
    Desember 31, 2017

    Ek het nie woorde nie! Dis so seer, so eerlik, so diep in die hart in. Baie dankie dat jy dit met my gedeel het. Moenie ophou skryf nie, asseeblief.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Desember 31, 2017

      Baie dankie Martha, skryf aan blogs was voorheen gemaklik soos asemhaal..deesdae dalk kort asem soos ouderdom.. Nogtans baie dankie vir die saamlees. Geen mens ontsnap een of ander dag die ervaring van dood in familie of vriendekring, as die oorledene nie oud is dan is dit altyd hartseer..so asof daar nog jare se menswees voorgelê het..

      Like

  6. Lien
    Desember 31, 2017

    Ag nee ek is so jammer!!! Gelukkig kon julle hom ken!

    Liked by 1 person

  7. rondomtaliedraai
    Desember 31, 2017

    *drukkie* <3 Ek het nie woorde nie.

    Like

  8. HesterLeyNel
    Januarie 1, 2018

    Jy het regtig my hart geroer met hierdie skrywe. Jammer oor die verlies.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Januarie 1, 2018

      Skielike dood spaar seker lyding maar hartseer vir agterblywendes, die verwerking daarvan. Dankie vir jou saamlees.

      Liked by 1 person

  9. ekmyselff
    Januarie 2, 2018

    Baie jammer

    Like

  10. Christelle
    Januarie 2, 2018

    Ai Dirk….dit is tragies maar wat ‘n ongelooflike voorreg vir almal betrokke. My hart is met julle.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Januarie 2, 2018

      Hy het soveel respek getoon en ons was opreg dankbaar en hom vreeslik geniet. Hartseer ons het darem wonderlike herinnering.

      Like

  11. Wietz Marais
    Januarie 6, 2018

    Daar is n mate van rykdom in die wyse hoe die lewe bestier word. Ek wens en hoop julle sterkte toe. Die Here laat sulke dinge met n mans gebeur vir n rede.

    Like

Lewer kommentaar

Information

This entry was posted on Desember 31, 2017 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 36 519 hits