Woorde

Mens se siekret is jou siekret , Sensitiewe lesers ..draai eerder links…

Annah Moabi raporteer grootogig.. sy kan nie gou genoeg more en dit gaan goed sê nie..

“Oe!!! MaDoepie, daar by onse straat het lelak ding gabeur die weekend!”

MaDoepie  siestog met die nodige meelewing  en vra uit .

“Die vrou hy ry taxi tesame my. Maandag hom gesien en Woensdag nie en Vrydag  ook nie.

Toe my nextdoor neigbour se vrou..daai een wat haar kind laat dood het van gif…dai een sy kom sê syt net so bietjie buite galoop en gastaan en gakyk en toe ruik sy iets is nie lekker en oe!! MaDoepie, daai brommer vlieg so uit by een huis en sit by die venster… toe ons gan kyk!

Daar kry ons dai arme vrou  dood by die gang , hy lê so hoog! (Annah se hoog is darem bietjie te erg vir ‘n daalder kombuistoonbankhoogte  – nietemin )…  ons garoep Poliesman ..AAAH ! Ma dai een se kop sommer so stekkend… stomme arme vrou.

Dai vrou se Pa hy lewe by die masjien by hospitaal, die suster hulle bel en bel..want masjien moet af.

Nou gisteraand ons hoor ander man gaan rook altyd dai dagga by die bosse, hy loop straatlangs hy sien, (en Annah beduie met tweevingers na oopgappels) hy sien dai vrou se boyfriend en chommie klop..

Toe hy weet daai manne hul hom geslan. Toe hy sê die polies en hul vat dai manne..

MaDoepie jy weet mens se siekret (secret) is net jou siekret..dai vrou het die pien van die kaartjie vir dai boyfriend gasê en hy’t daai geld van die Oupa gan trek ..dan dai vrou gee hom net R50 pasella , dan dai vrou bêre dai geld by die tas..en haar pay wat oor is ok ..dai tas hy het  code( en Annah beduie met vingers wat kodesyfertjies in groepies sorteer) , auk sy gee dai siekret vir dai man .

Dai man hy kwaad dai vrou hy ken dai siekret van die geld..hul slaat dai vrou morsdood.. hul soek dai geld en hul soek ..auk hul kry net taxiggeld by haar beursie..

Nou in die more ek hoor die vrou se kjenners was hier, hul hoor van die Ma en hul hoor van die oupa..auu sjym so sorry..en hul sê ons moet eet.. hul haal die vleis by die fridge… Auk en da kry hul dai tas…oe die baie baie baie geld… so geline MaDoepie… kan jy glo hy bêre hom da.. nie byrie bank! Ha, auk auk.. Weggasteek , onder die hoender…

Die tjenners so gaskrik …die baie geld..

MaDoepie, mens se sekret is mens se siekret …kyk nou wat het gabeur met dai arme vrou…

 

 

 

Advertisements

13 comments on “Mens se siekret is jou siekret , Sensitiewe lesers ..draai eerder links…

  1. woestynkind
    Februarie 19, 2018

    Dit is verskriklik neh? Dat geld nou so belangrik kan wees.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Februarie 19, 2018

      Duidelik het sy heelwat finansiële bestuur toegepas, glo uitkeerversekering asook Avbob vir die nodige begrafnis, hoop maar haar kinders werk met deeglike beplanning met geld tot hul beskikking..hul was werksaam by Fochville myne..overgesetseinde Annah noem die plek fjodswiel. Hul word so blootgestel aan vreeslike ontstellende gebeurtenisse.

      Liked by 1 person

  2. rondomtaliedraai
    Februarie 19, 2018

    Ai toggie… Mense se lewens is nie maklik nie Dan kla ek heeldag oor klein goedjies

    Like

  3. Lien
    Februarie 19, 2018

    Ag siestog di arme vrou!! En Anna verdien ‘n handeklap. So presies vertel shame tog!!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Februarie 20, 2018

      Die gegeurde woorde het ek liewer uitgelaat , soms word ‘n moodnaar kru aangespreek…Ek geniet Annah se woorde.

      Like

  4. Abrie Joubert
    Februarie 19, 2018

    Madoepie drukkie vir jou, vir jou raakvat oorvertel en oor vir luister na Annah.
    Klink asof die skelms gevang is so ten spytevan die geld se wegsteekplek is dit darem nie ‘n cold case nie

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Februarie 20, 2018

      Slim slim die Cold case !! Danksy die daggaman… stomme Annah voel effe senuagtig,,die oorledene en sy deel ‘n naam. Dankie vir die saamlees Abrie en immer waardeer ek jou kommentaar.

      Liked by 1 person

  5. perdebytjie
    Februarie 19, 2018

    Weereens so met deernis vertel, soos net jy kan, Doepie.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Februarie 20, 2018

      Baie dankie Perdebytjie, Annah kla haar bloeddruk is op..die stres die stres Madoepie, sommer so in onse straat!!

      Liked by 1 person

  6. Toortsie
    Februarie 20, 2018

    Verskriklike storie. Skim vrou om ‘n vrieskas vol geld vir haar kinders ná te laat. Yskoud en gevries. Beslis nie warm geld nie!
    Sorry dat ek ligsinnig is saam met soveel hartseer, dis nie so bedoel nie, maar haar finansiële bestuur was merkwaardig.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Februarie 20, 2018

      Vermoedelik het sy ook maar die vriend nie vertrou nie..ek het gewonder of die oorledene nie iewers die praktiese wegsteekplek in ‘n TV storie raakgekyk het nie… Hul vertrou definitief nie die Banke nie..

      Liked by 1 person

      • Toortsie
        Februarie 20, 2018

        Dit moet darem erg wees om niemand regtig te kan vertrou nie, ook nie hulle wat veronderstel is om aan jou kant te wees nie.

        Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Februarie 19, 2018 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 24,808 hits
%d bloggers like this: