Woorde

Liewe Ma Wouda

Ma, van  al die vele woorde en gedagtes en waarskuwings wat Ma my toegevoeg het,  is daar iets wat ek veral vandag onthou :

“Kies jou woorde, versigtig my kind, al is jy kwaad en seergemaak – kies dit steeds versigtig-  sodat  selfs die kwaaddoener tot ander insigte sal kom”

Ek wou maar net vir Ma gesê het, ek probeer werklik baie hard.

Die kwaaddoener? ag wat Ma, ek weerhou maar die inligting.. Ma ek wil nie hê Ma moet in die hiernamaals sit en bekommer nie(skies Ma, ek weet ek ver-mens nou die situasie)

Ma, dit gaan maar moeilik, veral as daar  hartseer in oë sigbaar is.

Veral as jy in ‘n onverwagse oomblik die troebel in oë sien oorloop.

Soms sien ek woede raak..dan predik ek maar soos Ma vir my gepredik het oor die ‘sagte woord wat die grimmigheid afkeer’

Soms help dit soms nie..

 

Nou wens ek Ma was vandag hier om tog raad te kon gee, aan my..ekke die Ma aan hierdiekant.

Ma, deesdae is daar slimgoed van Google tot waarookal , wat met raad en selfhelp  die wa trek deur situasies met kennis oordraging en watookal en psige ontledings – maar dit is nie vertroostend nie,

Ma… dit help my boggerol (skies Ma).Nogal kommerwekkend die leke diagnoses oor ander se goete en geite en dit het nou niks met kwale te doene nie, Ma.

Ek sou net Ma se hand op myne wou voel.. en die troos ‘ toemaar Ma se kind ‘ al het ek menig dag my vervies vir daardie trosie en wysneusig gesnip het… “Toemaar help my  niks nie!”

Is eintlik al wat ek vir Ma wou vertel… en Ma soos Ma ons opgedra het hoevele kere aan Die Vader , so doen ek ook Ma.. en ons glo dit sal weer goedgaan.

Dankie Ma.

 

Advertisements

22 comments on “Liewe Ma Wouda

  1. travel460
    Februarie 21, 2018

    Toemaar Ma se kind. Om net weer die woorde te kan hoor. Sug. Sterkte.

    Liked by 1 person

  2. Jeanne
    Februarie 21, 2018

    Ek dink mens mis jou Ma vir altyd. Jou Ma was ‘n wyse vrou en het ware woorde gespreek. Mooi dag viir jou🌹

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Februarie 21, 2018

      Baie dankie, My Ma altyd geglo daar is in elke siel goed..al staan die kwaad en bewe langs die oortreder.

      Like

  3. Lien
    Februarie 21, 2018

    En al di vreeslike slim mense kon nog ni n ou salfie of pilletjie laat maak werk vir daardie seer nie😓 sterkte my liefste nig💔

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Februarie 21, 2018

      Dankie Lienkie, wonder wat sou ons twee se Ma’s nou te prate gehad het..oor ons kommer en klae.

      Like

  4. perdebytjie
    Februarie 21, 2018

    Ek voel saam met jou. Pragtig geskryf!

    Liked by 1 person

  5. Tannie Frannie
    Februarie 21, 2018

    Aa, een van jou wonderlike briewe op Moedertaaldag! Ja, daardie wysneusigheid spook by ‘n mens…

    Liked by 1 person

  6. ekmyselff
    Februarie 21, 2018

    Mooi….
    Ai n ma is net anders…

    Liked by 1 person

  7. woestynkind
    Februarie 21, 2018

    Pragtige foto. En ja. N ma se wysheid het geen gelyke

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Februarie 21, 2018

      Dankie vir jou saamlees en kuier ..altyd goed die onthou, al raak mens soms emosioneel

      Like

  8. Kameel
    Februarie 21, 2018

    Dis so mooi geskryf Dirkie. Mag ons kinders ook eendag so mooi van ons praat.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Februarie 22, 2018

      Ek wonder soms of hul so effens gaan giggel agter die hand vir hul Ma se snaaksighede..

      Liked by 1 person

  9. rondomtaliedraai
    Februarie 21, 2018

    Ai hoe verlang ek nou na my ma… tjank sommer ‘n versie!

    Liked by 1 person

  10. seegogga
    Februarie 22, 2018

    Hoe mis mens haar nie- jou eie ma hoe wens mens nie jyself was sagter met haar nie

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Februarie 22, 2018

      veral die stadium van sinieliteit, was vir my erg ontstellend en die helder oomblikke daarna soos helder lig

      Like

  11. Abrie Joubert
    Februarie 24, 2018

    Toe my ma oorlede is het ek terggekyk na goeie herrineringe. Toe my pa oorlede is het ek my gedagtes op myself gekeer en gewonder oor die toekoms

    Liked by 2 people

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Februarie 21, 2018 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 24,049 hits
%d bloggers like this: