Woorde

Ons trek mos…

Nie die Hoekhuis se inwoners nie..ons gemeente.

Daar waar ons ‘kerk ‘- soos Annah Moabi sou sê.

Daar waar ons begin het van Moederskamer se  sit tot galery tot bank. Nou nie heeltemal agterbankers nie, nietemin…

Jy wonder as ‘n buursitter nie in kerk is nie..veral as jy weet daar is siekte aanhuis.

Jy wonder oor die Oom (miskien is hy eintlik ons ouderdom) wat met elke aanvangsnoot, voorsprong geniet het voor die orrel . Altyd. en nou is hy baie siek en ek mis sy stem. Daardie eerste noot..

Mense wat rondom jou sit voor  en agter , hul raak soos familie.

Jy ken ‘n agterna-inkommer aan sy/haar stem. So met ‘n eerste kug voor ‘n loflied gesing word.

Die keer wat ek voor iemand my sitgemaak het ..en in stilte geluister het na die diepvrouealtstem, gedink as sy nou die geleentheid gehad het..

Wonder wat het van die omie geword wat soveel vreugde geput het uit die Nagmaalbeker, amper tot die droesem geledig ! en die bediener se gesig . Soveel stralende glimlagte seker lanklaas in kerkdiens gesien.

..en die oudetehuis se tanniekie, wat my Geliefde vir die Doom aangesien het… en hom so eenkant in ‘n hoek vasgekeer het met opregte dankbaarheid verklaar het

“Ai Dominee, jy’t so mooi gepreek vanoggend  baie dankie.” en die man des huises wat so verleërig glimlag, en ‘dankie Tannie’

en ek, met die aanhoor van sy erkenning vir dankbaarheid ..so effe geskok ! Hy te vertelle hy wou nie haar ontstel nie, oumense is sensitief ..jy weet!!

Dit was ook die laaste wat hy hom in die beroep begeef het..

Nou voel mens so effens nostalgies.

Die bekendheid van orrel en klank van mense rondom jou ieder in sy sitplek, soort van veilige Hawe waar Woord en gebede jou gedra het …

 

 

19 comments on “Ons trek mos…

  1. ekmyselff
    Februarie 23, 2018

    Dirkie, ek verstaan SO jou nostalgie, dit is juis oor al hierdie redes hoekom ek met elke kuier en kerk gaan in my grootword dorp in die kerk sit en huil. Die gemis, van mense en dinge, maniertjies en memories, ek tjank altyd, elke keer.
    Sterkte met die trekery! Mag julle gou weer alles gewoond raak.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Februarie 23, 2018

      My kinders was so tussen 1 en 4 jarige ouderdom toe ons hier begin het, en hulle albei is nou al ouers met kinders .Ons Ds en sy vrou trek gelukkig saam, en heelwat gemeentelede, Steeds bring verandering seker weer ander uitdagings.

      Liked by 1 person

  2. Toortsie
    Februarie 23, 2018

    Ja, mens raak lief vir die mense om jou in die kerk, want eintlik het jy mos maar redelik jou sitplek. Die tannie wat altyd agter ons gesit het, wat ons later genooi het om by ons te sit, wat nie meer kerk toe gekom het nie en daar ontdek ek haar in die ouetehuis. As ek Sondae kitaar speel, gaan my oë outomaties na die bekende plekke van hulle wat vir my spesiaal is. Is hulle vandag hier?
    Mag julle in die volgende kerk ook vreugde vind en tuis raak.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Februarie 23, 2018

      Ai man, en elke keer se verbyry by ons Kerkgebou, sal mens steeds bly dink aan die onthou van al die lief en leed. Ons Ds egpaar trek tesame so sal ons darem bywyse van spreke nie heeltemal vreemdeling in Jerusalem voel nie.

      Liked by 1 person

      • Toortsie
        Februarie 23, 2018

        Kry julle gemeente ‘n nuwe kerkgebou, of skuif jy na ‘n ander gemeente? Sommer net omdat ek nuuskierig is.

        Liked by 1 person

      • ddupl3ss1s
        Februarie 23, 2018

        Ons huidige gemeente sluit ons smelt saam met buurgemeente.. ons kerk en pastorie is verkoop. Ons dienste en werksaamhede sal dan daar gehou word. As gemeentelede begin minder raak , raak die finansiële krisis erger. Menige Gemeente kry maar swaar. hier in

        Like

      • Toortsie
        Februarie 23, 2018

        Dis so hartseer. Die mense raak meer en die kerke leër.

        Like

  3. Tannie Frannie
    Februarie 23, 2018

    Hoe wonderlik beskryf jy daardie Sondagoggendse gemeenskap! Dis soos ‘n ou boom wat verplant moet word…hoekom moet julle trek?

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Februarie 23, 2018

      Ons kerk se gemeentelede het so verminder, oumense dun uit en jongmense verskuif naderhand raak oorlewing erge krisis, Carol en haar man steeds ons Ds egpaar, ons smelt tesame met buurgemeente.

      Liked by 1 person

  4. travel460
    Februarie 23, 2018

    Jy laat my glimlag… Ons hou maar van ons bekende tuistes, so hierdie trek kan nie nét vir julle lekker wees nie. Gelukkig trek ons Here kliphard saam.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Februarie 23, 2018

      Hopelik besef die medesiele dit is en bly net ‘n gebou wat van eienaar verander, ons steeds dankbaar vir diegene wat tesame skuif.

      Liked by 1 person

  5. rondomtaliedraai
    Februarie 23, 2018

    Maak my sommer hartseer.

    Liked by 1 person

  6. seegogga
    Februarie 24, 2018

    Sterkte. Met tyd sal jilke ook tuis raak in die nuwe gemeente en dalk nuwe vriende ook maak

    Liked by 1 person

  7. Abrie Joubert
    Februarie 24, 2018

    Toe nou moet nou nie jaloers wees op jou man nie. Hy ís ‘n prediker van formaat :) maar jou skribbel laat my dink aan ‘n skribbel van my van lang gelede

    ‘n Katedraal vir die ego

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Februarie 25, 2018

      Gaan definitief lees..dankie vir skakel, die uwe se man mag dalk wel ter tale raak.

      Like

  8. Danie Jonker
    Maart 4, 2018

    Ons as gemeente moet besef ons is eintlik ‘n familie. Enige roeringe maak mense bly of hartseer.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Maart 4, 2018

      en die liewe groef waarin mens verval.. nietemin vanoggend se tesame wees van 2 gemeentes was ‘n fees. Al het ek soms soos vreemdeling in Jerusalem se poorte gevoel was die samesyn vrolik en seëvierend.. klink ek darem amper of ek amp beklee.
      Dankbaar vir jou kuier op hierdie stoep.

      Like

Lewer kommentaar

Information

This entry was posted on Februarie 23, 2018 by in Uncategorized.

Blog Stats

  • 36 513 hits