Woorde

Liewe Ma Wouda

Ma kon ons vier kinders se gemoedstoestand onmiddellik bepaal in telefoongesprek.

Onthou Ma, dan wonder Ma sommer so hardop “Ag aarde wonder wat is tog fout, ” al was ‘n kind sommer net pootuit gedaan van harde werk..

Vandag sou ek my stem vrolik en bly gehou het , sou nie Ma wou laat kommer nie.

Daarenteen  ek kan maar kla – al is daar nou nie raad en bemoediging en versugtinge van Ma se kant af. Die telefoonlyn is ontkoppel.

Sou darem salig wees , die telefoniese gesprek -al kon ek net met moedelose sug gekla het .

Die raad en antwoord..sou definitief dalk ‘n “Ag toemaar my Kind , dit sal weer beter gaan, Ma is so jammer” wees.

Ma wanneer ‘n  Ma eendag moet hoor die ‘liefde’ is dood. Die wedersydse liefde wat glans in jou kind se oë gegee het, dit is net weg. Daardie sagtheid van aanraak tussen ‘n egpaar! Die doodsheid wat nes geskop het in harte..

Dood nie asgevolg van oorlye nie..

Dood van wantroue en dit is nou nie wedersyds nie

Dood van teleurstelling

Dood van aftakeling

Dood van sielkundige speletjies

Jare se spel wat gespeel word..

Dan wonder jy oor dan bly’ Geloof Hoop en liefde’ oor..

Wanneer die liefde nie meer is en nie meer wil verdra nie, wat bly dan oor?

Mens kry handleidings van Babasorg . Kan onthou hoe ek ook maar Jan van Elfen gesit en lees het.. en jy, jy maak groot in die geloof dit is die beste en jy predik en soebat en dreig as kinders die lewenspaaie roekeloos benader..en jy hoop en glo en bid weereens  dat alles tog ten goede sal  meewerk .

Nou wonder ek oor die Handleiding wat menslike raad uitdeel , hoor Ma! Menslik nie geestelik..

Is maar ‘n neukery Ma.

Ons kry maar swaar .

Liefde

Ma se Dirrie.

Advertisements

24 comments on “Liewe Ma Wouda

  1. travel460
    Maart 3, 2018

    Die Handleiding wat Menslike raad uitdeel. Daar is nie een nie, ek het oral gesoek. Sterkte, jy is nie alleen in hierdie tyd van die ‘grootwêreld’ van ons kinders nie.

    Liked by 2 people

  2. woestynkind
    Maart 3, 2018

    Dis ‘n swaar ding wanneer jou kind grootmens is en jy beheer moet afstaan. En net kan raad gee as hulle vra. En hulle vra nie

    Liked by 2 people

    • ddupl3ss1s
      Maart 3, 2018

      En onder die vaandel van ons is grootmense en wroeg wroeg hulle in stilte..ai dit bly moeilik.

      Liked by 1 person

  3. Tannie Frannie
    Maart 3, 2018

    Sit toe hier en snik oor ydele hartseertjies – en nou sommer oor jou/julle diepe hartseer ook. Ai, Dirkie…

    Liked by 1 person

  4. Kameel
    Maart 3, 2018

    Dirkie jou grootmenskinders se seer is partykeer erger om te verwerk as jou eie seer. Daar voel jou hande afgekap en jou woorde leeg. Wees die luisterende oor en die een wat hulle trane afvee. Sterkte vir die pad vorentoe.

    Like

  5. Jeanne
    Maart 3, 2018

    Sterkte! Dis al wat ek kan sê. Dit is nie ‘n maklike pad om te stap nie. Wees net daar vir wanneer jou oor of skouer nodig gaan wees.

    Like

  6. Lien
    Maart 3, 2018

    Ai my liefste nig dit is bitter!!
    Kan di woede verstaan want dan weet mens minstens wat in di kop aangaan maar daai stil en staar tye maak mens mal.
    Die muur na Bo voel vreeslik dik maar ek glo Hy hoor die heeltyd di gesmeek in jou hart. Sterkte!!!

    Liked by 1 person

  7. rondomtaliedraai
    Maart 3, 2018

    Hou de moed daar maar in … was haar woorde altyd aan die einde van die gesprek. … sug … ek verlang nou

    Liked by 1 person

  8. perdebytjie
    Maart 4, 2018

    Ai Dirkie, dis so ‘n magtelose gevoel, waaraan mens niks kan doen nie. Jy kan net daar wees vir vertroosting. Baie sterkte, ek dink aan julle. Iewers vorentoe gaan daar wel weer genesing kom.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Maart 4, 2018

      Dink die werklikheidsbesef het ingetree, al is dit nie die ideaal wat jy jou kinders wil toewens nie, maar die troos dat daar darem hard gewerk was en alle hulpmiddels/berading ens. aangewend is, dat uiteinde tog nie jou besluit is en respekteer albei se finale besluit.

      Liked by 1 person

  9. scrapydo2.wordpress.com
    Maart 5, 2018

    Ai dis hard vir n moeder om so te moet stil en kalm bly onder die omstandighede. Mens wil tog graag die beste vir jou kinders hê. Noudat ek self n moeder is besef ek self hoe moeilik dit vir ouers is om kinders te sien swaarkry. Dis goed dat jy daaroor praat, Dis vir jou netso traumaties as vir hulle.

    Like

  10. ekmyselff
    Maart 5, 2018

    Sterkte Dirkie.
    *drukkie* Al wat n ouer kan doen is bid, weer bid en weer bid….

    Like

  11. Abrie Joubert
    Maart 6, 2018

    Met hierdie gaan ek nie te wys probeer wees nie Dirkie. Die God van liefde het ook vir hierdie seer gesterf. Daarmee maak ek nie die seer af nie inteendeel. Ek dink dit is iets wat jy noodwendig vir jou kind moet se nie. Weet dit vir jouself. Sterkte

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Maart 3, 2018 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 25,883 hits
%d bloggers like this: