Woorde

Klipgooiery

Die Oom en Tante was aan ons goed bekend.

Mede boere .

Hul dogter het troubaar geraak maar die groot liefde wat tot trou kon kom het sy wang gedraai op die jongdame.

Tot eendag, die groot trots , die vertel van die jongman wat kuier wat die wêreld se rykdom besit   “plase Henrik , hy ken nie die einde van sy skatte nie!” vertel die oom aan Pa.

Almal bly oor die vreugde wat laterig in die jong dame se lewe haar te beurt val. Dit is platteland se manier lief en leed vir jou medemens  dit loop hand aan hand.

Daar word toe mettertyd troureëlings getref.

Die pronk aanstaande word voorgestel en almal oe en a.

Kan onthou die Sondag by die kombuistafel Pa vir Ma, “Meisie, iets is nie lekker nie, ek groet hom,  gesels  maar die man se kop hang. Kyk net heeltyd vir my skoene, kan my nie in die oë kyk nie – iets is net vreemd, hy lyk soos een wat wil weghol!”

Die destydse Leraar het afspraak gemaak met die voornemende bruid en bruidegom , wou darem meer te wete kom  oor die jongman , soos mens nou maar in platteland doen. Vra uit oor die ouers en so aan,  toe begin die Leraar iets opmerk en hy begin navraag  doen so op sy eentjie ..

Die Huwelik afgelas.

Ons het ook maar agterna gehoor, die Doom het hom eendag opgelaai in sy motor , begin gesels en gekonfronteer so in die ry,  uitkomkans was daar nie.

Bigamie jongman, is ‘n bogger .

Hy het vrou en kinders , en iewers anders ook nog een of meer met selfde slapriem gevang.

Dit was hartseer dag.

Veral omdat hy nou so meegevoer geraak het in sy groot versoeking van die vlees en  haar vertel het , hy wil darem nou eerlik wees en bieg kinderloosheid sal hul voorland wees. Nogal met die absurdse verskoning of ongeluk of ellende wat hom in die Weermag getref het .. Ja jou klein satang!! het die oumense gesnork.

Ja,  toe het hy ook maar spekgeskiet , soos Pa-hulle destyds vertel het met die hele verdomde vark!

Daar is ‘n seun gebore.

Daardie Sondag voor die voorgenome doop van die mooie baba, was die preek vurig en vuurwarm almal kiertsregop aangekla ..die sonder sonde laat jy die eerste klip gooi se teks – en die Doom rig die versoek  “begin  sommer nou in hierdie kerk.. ons wag!”

Alleen voor die preekstoel met haar baba in haar arms, is hy ‘n  naam gegee.

Hy’t grootgeword.

Sy ma se trots.

Die eersgeborene jonk oorlede .

 

 

*Die storie het herrys uit my grysstof na aanleiding van iemand wat glo moet Pa-staan  volgens die berigte in Nuusblaaie.

 

 

 

Advertisements

11 comments on “Klipgooiery

  1. travel460
    Desember 19, 2018

    Dankie tog vir sulke predikante wat ons mensdom help heelword.🌺

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Desember 19, 2018

      Destyds was ek nogal erg teleurgesteld oor die meerwaardige houding van mense.

      Like

  2. scrapydo2.wordpress.com
    Desember 19, 2018

    Die gooi van daardie eerste klippe het ek ook deurgemaak. Dis maklik om n klip op te tel maar as die gooier nie sonder sonde is nie kan hy gooi. Dis elke geval goed dat die doom geweag het vir daardie gooiers terwyl daar gedoop moet word.

    Liked by 1 person

  3. Lewies Mymer
    Desember 19, 2018

    Pragtig geskryf Dirkie! Dis ‘n storie vir publikasie.

    Liked by 1 person

  4. HesterLeyNel
    Desember 19, 2018

    Dis ‘n mooi storie. Daar is nog mooi in die ware lewe ook.

    Liked by 1 person

  5. rondomtaliedraai
    Desember 19, 2018

    Sug … jy skryf te min!

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Desember 19, 2018 by in Uncategorized.

Blog Stats

  • 25,246 hits
%d bloggers like this: