Woorde

Grootmens Kersfees

Iewers het my vreugde rondom Kerstyd afdraai paadjie geneem.

Dit het nou nie  betrekking op die werklike Fees van herinnering aan die dag in Bethlehem nie.

 

Ek raak emosioneel verlang my verlang na ‘n Ma en Pa wat tesame hul vier kinders lustig Stille Nag gesing het . Sonder  ‘n boom of liggies sommer buite op die Plaasstoep.. en die Kersdagkuiers kleintyd by Oupa Dawid en Ouma Dirkie  Schoeman  se plaas  Rhodebank Vredefort distrik  tesame met ons  twee Tannies wat ons heerlik bederf het.

Later jare het getalle meer en meer afgeskaal .

Ewig aan’t terugdink aan die laaste saamsing ek en Ma in Avondrus se ouetehuis , die personeel en ander mede inwoners wat stil-stil in die gang gaan staan het en luister.. en die een skoonmaker wat gevra het kan sy saamsing.. ag en die swaarsluk aan trane.

Ek wou maar net aan elkeen,  familie en vriende na aan ons hart, vertel ek dink aan julle.

Julle het Geliefdes verloor deur dood en kinders wat net bereikbaar geraak het met rekenaar tegnologie, dan sluk mens swaar . Mooi woorde gaan nou nie salf vir ‘n volgemoed wees nie..  Hoe troos mens nou werklik iemand wat sommer so voor Kerstyd iemand verloor het. Mooi woordjies help nie , rou hartseer steek vas.

Die dag van die eerstes, eerste keer alleen sonder diegene naby en kosbaar.

Onthou sal daar altyd wees

Hartseer en verlange ook

Ek wonder of dit werklik makliker raak..

 

Voordat almal nou emosioneel raak, mag ieder en elk tog verby smart kyk en stille vreugde ervaar.

 

bty

9 comments on “Grootmens Kersfees

  1. woestynkind
    Desember 21, 2018

    My een meisiekind is die 24ste na die Here toe. Vanjaar is dit 10 jaar. Mens doen maar moeite vir die ander kinders se part en huil in die stort waar niemand jou hoor nie. Gelukkig is Sy genade werklik groot en wyd.

    Like

  2. Lewies Mymer
    Desember 21, 2018

    Ten spyte van die feeslawaai is die verlange na die wat reeds gegaan het skerper hierdie tyd van die jaar.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Desember 21, 2018

      ,,en verjaarsdae, die gelukwensing telefoon oproepe sal mens altyd mis, al was dit 5 uur in die oggend.

      Liked by 1 person

  3. HesterLeyNel
    Desember 21, 2018

    Nee, ek dink nie dit word makliker nie, maar daar is tog weer ander vreugdes wat bykom.

    Like

  4. scrapydo2.wordpress.com
    Desember 22, 2018

    Gelukkig bly die mooi herinneringe baie langer as die slegtes. Daardie oproepe na mekaar was altyd n hoogtepunt. Mens bly mar verlang en Kersfees is tog n belangrike dag in ons lewens. Ek wens jul n mooi Kersgety toe met samesyn en mooi herinneringe.

    Like

Lewer kommentaar op Lewies Mymer Kanselleer antwoord

Information

This entry was posted on Desember 21, 2018 by in Uncategorized.

Blog Stats

  • 36 503 hits