Woorde

Kersgeskenke onder Anna se Boom van Madoepie

Geskenkelys vir Anna Moabi van die Hoekhuis derdestraat links .

 

Onse Anna wat deesdae vir haar Poenkie te vertelle het ek is haar Ma, sy’t nie meer lewendige een  nie . Die instaan een  is nou MaDoepie.

“Madoepie ons kry swaar !”

Fooitog Anna wat is verkeerd..

“Ellekekeer, die munspaal maak  die elektriek reg , en ellekekeer dai stout tjenners kom steel ..en nou hul sê die munspaal (Emfuleni) is bankort. Nou ons moet maar so bly, es al 3 maande.

Nou, jy weet Madoepie, ons gee die Stokvel , dan hul koop Krismis ons goedjies en dan eet ons almal lekker saam. Nou hul kan nie ons vleis geeee!,( en dan sing sy so droewige klankie aan die gee) hulle het gecansel – waar sal ons nou daai vleis bêre, myse yskas staan nou so en ons was met die hande en ons stryk nie ..nou ek gaan nie eers mooi lyk op Krismis by die kerk.

  • Vir Anna Moabi sou ek  bitter graag ‘elektriek’ wou gee.
  • Tweede op  Anna se lysie , haar Poenkie wat Matriek geskryf het, goeie uitslae sodat haar drome tog bewaarheid word.

Anna se trots, die Poenkie kind, sy wat deesdae by ‘pieknpay’ werk , sy maak geld bymekaar om eendag te gaan leer

” Auk dai tjend van my,  sys oop by die kop sy denk mooi –  sy maak biekie biekie bymekaar tot sy kan leer en sy kry discount nou as ek ietsie soek ,sy kyk vir my daar. ”

  • Nog ‘n  spesiale geskenk vir Ma-Anna – haar Petruskind , die eersgeborene , die een met sy 12 paar fensie tekkie-foto op sy avatar by dai ‘watsop ‘  asseblieftog sy Ma sal besoek en bande weer herstel wil ervaar , en Anna sê hy kan darem net klein persent ok  gee ..darrim-  es okei Madoepie , maar sy hart ..auk sy hart hys  so swart , hy like mos dai party van die rooi hoede . Hy kom kuier my nie meer nie, ek hom vertel jy gaan huil as ek dood dan is te laat, nou ek sien nie eers meer die twins ek wil so graag ok persenkie gee.

Ag siestog Anna dit is so hartseer, wat het verkeerd geloop?

“Nee, dai ene het mos geld geleen, hyt by my gehuil vir sewedysend rand , ek hom jammer gekry en geleen.  Toe ek sê kom ons mak avidywid..jy moet terugbetaal. Hy betal 1 maand en toe nie meer, (ek onthou die droewige dag en Anna se onsteltenis, ek beveel toe maar aan sy moet by sy werk gaan vra vir aftrekorder na haar bankrekening – die jongman wat by Sasol werk en steeds buitemuurs studeer- is by verre meer welaf as sy Ma) en toe volg Anna Madoepie se raad en Petrus skrik hom bleek en betaal klokslag gereeld.  Tot die Bank haar die dag laat weet daar is iemand wat probeer om haar geld te trek so op die rekeningnommer oor die’ riekenaar’ en Anna se hart bloei sy sê sy weet es hy , es dai tjend!

“Ek hom gevertel van die bank ek soek nou cash, ek hom gelieg gasê ek het dai riekening getoe. Auk en dai tjiek, hy vra my en hoe gaan jy nou pay , waar gaan madoepie nou jou geld insit..? ”

  • ..die laaste op die Hoekhuis se lysie- glo nie Anna sal  beswaard wees omdat die huis ook persenkie moet kry  – is ‘n slot vir die Hek  .

Daar waar voorheen ‘n bronsoorgeblaasde nommertjie was

daar waar voorheen ‘n posbus was

daar  waar  voorheen Beeld vroegoggende gegaps is en laatmiddag teruggeplaas is-  voos gelees..

Ons slot  was oop ingehaak deur neus ( sodat ‘n klein peuter nou nie sommer hek oopmaak en koers kies kafee toe nie.. ) .

  • Miskien moet die Hoekhuis weer ‘n Leo hond kry.( dikBuks raak deesdae ‘n voetoppasser by sy oude merrim..) dalk ‘n wagter op die mure vir Krismis?

 

 

 

 

 

 

Advertisements

7 comments on “Kersgeskenke onder Anna se Boom van Madoepie

  1. scrapydo2.wordpress.com
    Desember 23, 2018

    My hart gaan uit na al die Annas met die kinders wat hul uitmelk.

    Like

  2. HesterLeyNel
    Desember 23, 2018

    Jy dink aan oulike presenkies. Geseënde feestyd vir jou huis en ook vir Anna s’n.

    Like

  3. rondomtaliedraai
    Desember 23, 2018

    Ai my hart krimp ineen

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Desember 23, 2018 by in Uncategorized.

Blog Stats

  • 25,246 hits
%d bloggers like this: