Woorde

Fyn van nerf

Ons het dit nogal heelwat gehoor in ons grootword huis die versoek moet tog nie so fyn van nerf wees nie!

of

‘moenie jou dit so aantrek nie!”

Sommer net ‘kry ‘n dik vel ‘ kort en klaar .

Daar is nie ‘n saak bepraat of geleer hoe raak jy nou dikvellig of laat dit soos water van ‘n eend se rug af-loop-soort-van-metode nie..

 

Lankgelede die vrou ontmoet ..’n ouma. Haar man – die oupa tesame stief en eie van ‘n klein vrolike emosionele verwarde kleinkind seuntjie.

Eendag het Oupa  kromskouers by my gekla ‘ jy weet , kinders gaan uit jou huis maar nooit uit jou sak nie’ toe hy moes betaal vir uitgawes wat sy getroude kind aangegaan het.

Mooie ouma,

Vriendelik .

Nogal aanklank gevind by haar, altyd bly gewees wanneer ek  haar te siene kry so in inkopiesentrum se wandelgange  , gegroet gesels.. tot eendag..

Ek sien haar aangestap kom tesame ‘n gesellige groep vriendinne en sy herken my , en die skielike stramheid  en sy kyk weg al pratend .

Nogal gewonder.. en onthou van moenie dun van nerf wees.

Later weer by geselligheid teëgekom, selfde storie . Iemand  des huises  se mening -so mens lyk soos ‘n bok wat blits gesien het, soek net ontsnaproete..

en weereens onthou – moenie jou dit so ‘aantrek nie’

Sondag sien ek haar.   In die gees van welwillenheid en Vredeliewendheid stap ek haar  tegemoet en wou groet

wat toe nie tot groet gekom het nie, daar was ontsnaproetes .

Nou kan ek wraggies nie die vrou se naam onthou nie , dit is nou nie juis ‘n plus aan die uwe nie – maar wonder steeds oor die koue skouer.

Sien die klein ou seuntjie het intussen Pa geword, trots sy bondeltjie in sy arms gedra, en sy vroutjie so skimmelrig agterna..

Nuwejaarsvoorneme : Kry ‘n dik vel.

..en onthou almal hoef nou nie gat-oorkop te slaan as hul jou sien nie, Dirkie!

 

 

Advertisements

10 comments on “Fyn van nerf

  1. Toortsie
    Desember 27, 2018

    Dirkie, my vriendin sê altyd, ‘onthou, dis háár issues, nie joune nie’. Sy moet dit maar uitsorteer en intussen, sterk wees, want ‘n mens kan nie help om te wonder wat die rede dan tog kan wees nie.
    My pa het graag van ‘skaamkwaad’ gepraat.

    Like

  2. HesterLeyNel
    Desember 27, 2018

    Dit gebeur. My probleem is, ek wonder onmiddellik wat ek dan verkeerd gedoen het. Hoekom soek ek eerste die fout by myself? Dan weer, soms jare later, ontmoet jy weer dieselfde persoon en dié wil jou met blydskap om die nek val – en dit maak my so verward dat ek vinnig ‘n ontsnaproete soek.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Desember 27, 2018

      Deesdae is meerderheid mense weerbaar teen sulke siele, ek het ook nie die moed om haar in hoek vas te keer en te konfronteer nie.. al verweer wat ek gebruik is so meewarige glimlaggie in haar rigting..

      Liked by 1 person

  3. scrapydo2.wordpress.com
    Desember 28, 2018

    Dis n slegte situasie. Sulke ouens het meestal so baie geraamtes dat hul hulself net nie kan help nie. Dan is dit ook soos Hester së, mens soek die fout by jouself terwyl in die tussentyd dit haar probleem is. Mens wil ook tog net weet waar jy verkeerd gegaan het om so n koue skouer te kry. Mens is mos nie van klip nie.

    Like

  4. Tannie Frannie
    Desember 28, 2018

    Die kanse is goed dat sy ook sleg is met name…

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Desember 27, 2018 by in Uncategorized.

Blog Stats

  • 24,048 hits
%d bloggers like this: