Woorde

Afsluiting?

Ek  sou wou skryf  hoe egskeiding ‘n gesin raak, die ma , pa, boeta   -so ter afsluiting van wat was.

Ek sou wou skryf hoe egskeiding ‘n kind raak, die wantroue, die versigtig loop om nuwe vriendskappe… die sê-nou-net-die geskiedenis word-weer herhaal’

Ek sou wou skryf hoe egskeiding ‘n kleinkind raak,

Ek  sou wou skryf hoe egskeiding ‘n skoonma raak

en ‘n skoonpa

Ek sou wou dit wat was  finaal uit my uit skryf

Die pyn en teleurstelling die bittersmaak

Dit is oujaar

Sou graag die gedagtes in ‘n snippermandjie  wou gooi

In die swartsak by die Hoekhuis se sypaadjie

plaas vir Munisipaliteit se verwydering.

Neukery met realiteit –

die Munisipaliteit het nie eens brandstof vir hul voertuie

nou sit ek steeds met ‘n vuilgoedsak vol herinneringe

en ons brandstof?

Die brandende begeerte dat die nuwe jaar tog vreugde en vrede sal baar.

 

 

Advertisements

26 comments on “Afsluiting?

  1. scrapydo2.wordpress.com
    Desember 31, 2018

    Ek weet presies hoe jy hier voel. Al wat mens kan doen is ondersteun en probeer versagting bring nie net vir julle maar vir jul eie kind se ontwil asook die kleinkinders. Die pyn sal versag maar nooit weggaan nie. Sterkte maar. Mooi wense vir die nuwe jaar.

    Liked by 3 people

    • ddupl3ss1s
      Desember 31, 2018

      Wonder hoelank gaan die ongemak voortduur, wanneer ek hom te siene kry. So beleef ons elkeen dit soos ‘n begrafnis..

      Liked by 1 person

  2. Hier "blok" Ek!
    Desember 31, 2018

    En skielik ril ek want ek ken van elkeen – ek ken ook van nuwe aangelapte gesinne – die dag met “die” egskeiding het ek ‘n groot deel van myself verloor, identiteitloos, met ‘n skoondogter wat nie ‘n enkele goeie wrd oor my te sê gehad het nie, haar wat ek so liefgehad het asof sy my eie was, die antagonisme jeens my na my kind se egskeiding van my eie skoonfamilie – niks was ooit weer dieselfde daarna, dit is nou reeds 6jr terug. Die rippeleffek van ‘n egskeiding sit nou nog soos ‘n stank aan my waarvan ek verseker nooit ooit ontslae sal raak nie – ek het daai merk oral op my lyf en gedagtes wat kort kort teruggaan na die verlede wat ek net so gou wegbêre as wat dit kom spook. Sterkte, want ek ken maar alte goed – jy skryf dit nooit weg nie, selfs nie na honderde stukke skrywes, dit is deel van jou pyn – asof dit jyself is wat nie die huwelik enduit kon sien nie. So baie slagoffers en die grootste, die ou kindertjies midde in die drama vasgevang 😢😭😭

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Desember 31, 2018

      ag en die fotos tesame , bly pynlik. Skielik word ek nie meer deur hom ge-ma maar ge tannie, oeg dit was nogal erg, en hy was deel van ons gesin soos ‘n kind. Baie trots op my dogter wat haar gewese skoonma steeds aanspreek as Mom, daaroor is ek so dankbaar . Hierdie Kerstyd was eerste vir ons dogter om Mia te laat kuier , wat ook maar emosionele gevolge het. Alles verander.

      Like

      • Hier "blok" Ek!
        Desember 31, 2018

        Als, maar als verander… dit is hartseer as ‘n skoonouer se status, nes die huwelik verander die oomblik met ‘n egskeiding. My seun se enigste behoud was dat die hof hom alleenouer van Lainey gemaak het – maar ek sal nooit ooit weet of dit ook Lainey se behoud is, of was nie, want ek dink ‘n ma se leemte kan deur niks of niemand gevul word nie. Egskeidings is erger aa die dood, die dood is finaal maar met egskeidings verloor mens mense wat nog lewe…

        Liked by 1 person

      • coetzee2014
        Januarie 1, 2019

        Ja, dit is erger, as die dood.

        Like

  3. Toortsie
    Desember 31, 2018

    Egskeiding is so bitter sleg.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Desember 31, 2018

      Moet darem bynoem, om in huwelik te bly sou dalk op lang duur meer aftakelend wees.. soms loop die lewenspad draaie .

      Liked by 1 person

  4. Kameel
    Desember 31, 2018

    Dit is net die bitterste seer….en die rippeleffek kring al wyer en wyer, en niks is ooit weer dieselfde nie. Sterkte Dirkie!!!

    Like

  5. Lewies Mymer
    Desember 31, 2018

    My grootste vrees. Sterkte!

    Like

    • ddupl3ss1s
      Desember 31, 2018

      Ek was nogal vies omdat sy so lank in stilte gewroeg het en nie gekla nie, nogtans is ek dankbaar dat daar darem poging aangewend was van beradings . Sommige skade wat beleef word, kan ongelukkig nie altyd herstel nie. Mia so ewe nou die dag verklaar (klink so uit sielkundige se mond waar sy hulp kry om tog die belewenis daarvan te verstaan) it’s not Mia’s fault but Daddy and Mommy still loves me.. Ek gun net vir almal herstel toe.

      Like

      • Lewies Mymer
        Desember 31, 2018

        My ergste vrees so pas bewaarheid. Het die afgelope tyd besef daar is fout.

        Like

      • ddupl3ss1s
        Desember 31, 2018

        Agnee! So jammer.

        Liked by 1 person

      • coetzee2014
        Januarie 1, 2019

        Ai, Louis, dit is baie sleg. Sterkte, vir julle.

        Like

  6. Lien Botha
    Desember 31, 2018

    Beter kan dit nie besjryf word nie!!!

    Liked by 1 person

  7. HesterLeyNel
    Desember 31, 2018

    Egskeidings is veronderstel om die oplossing vir probleme te wees, maar dit bring oor die algemeen meer probleme as waarvoor jy voorsiening gemaak het. Sterkte vir julle, jong, soms werk dit tog beter uit as aanvanklik verwag.

    Liked by 1 person

  8. coetzee2014
    Januarie 1, 2019

    Jy praat nou eers, daaroor. Of het ek iets gemis. Sterkte, dit is baie, baie sleg, maar soms kan dit nie anders nie.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Januarie 3, 2019

      Ons beleef dit al vir meer as ‘n jaar, ons het ook in ‘n mate egskeiding beleef van ‘n man wat soos ‘n seun in ons huis was. Dit gaan al beter. Die feesgetye wanneer kindjie moet verdeel word vir besoekregte is en bly traumaties.

      Like

      • coetzee2014
        Januarie 3, 2019

        Ek, is self daardeur, baie lank gelede en ek het met die tyd, al meer besef, van die trauma, waardeer my kinders is. Dit is nooit maklik nie.

        Like

      • ddupl3ss1s
        Januarie 4, 2019

        Dit bly ‘n keuse waarmee mens moet saamleef hoewel ek begrip het dat verwydering soms verbetering is.. Mag dit goed gaan met jou , mooiste wense vir hierdie komende jaar.

        Liked by 1 person

      • coetzee2014
        Januarie 12, 2019

        Baie dankie en sterkte, vir ‘n nie-maklike jaar, vir almal betrokke. ‘n Mens wonder, altyd, hoekom?

        Like

      • ddupl3ss1s
        Januarie 12, 2019

        Sekere gedragspersoonlikhede sal nimmer verander. Daarom bly keuse wat gemaak is tog regte keuse.. ek dink altyd in alle liefde mens moet tog maar mekaar beter ken voor in huwelik te begewe.

        Like

  9. Danie Jonker
    Januarie 2, 2019

    Iemand hier bo het geskryf……Egskeidings is erger as die dood, die dood is finaal maar met egskeidings verloor mens mense wat nog lewe….dit was en is so in ons familie.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Januarie 3, 2019

      Empatie met jul belewenis, die vriendekring verander ook, dit is nogal moeilik vir my dogter.

      Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Desember 31, 2018 by in Uncategorized.

Blog Stats

  • 25,883 hits
%d bloggers like this: