Jy sal nou nie weet hoe ieder en elk sit en treur oor jou nie.
Jy sal nie weet van die swaarsluk met elke onthou nie.
Jy is dood.
Vir my ‘n verskriklike verstikkende woord wat ek nie eens wil gebruik nie – nog minder met jou naam so neffens dit nie.
Ek besef jou vriendekring strek wyd.
Die uwe was ook ‘n deeltjie daarvan en my Geliefde en my kinders,
maar weet jy waaraan gaan ek jou oneindig mis, daardie oomblikke wat mens met jou gesels het, die onverdeelde aandag. Jy het mens goed laat voel –
onverdeelde aandag so verskriklik skaars en min wat mens dit ervaar.
Jou meelewing, waaroor ons ookal gesels het. Jou empatie.
Jou spitsvondigheid. Soms so skielik uit die bloute ‘n stout antwoord.. al wat ek in verweer vir jou kon antwoord..”Ag Carol , jy’s so blerrie snaaks!”
of tydens ‘n skreeusnaaks oomblik – die vang van jou oog , daardie fyn terglig.
..en ek gaan jou Whatsapp boodskappe mis.. daar is mos nou nie lyn oop vanaf en na jou nie.
Is seker bietjie ydel van my, maar weet jy hoe verskriklik dankbaar is ek, met ons laaste gesprek nog vir jou gesê het ‘Onthou ons is lief vir jou.”
Nou wonder ek- het jy my geglo… Ek vertel dit nou nie eintlik vir iedere siel van wie ek hou nie..miskien moes ek dit weer vir jou vertel het..
Ons laaste whatsapp.. Die eenvoud van “Dankie.” sonder fieterjasies, dankie vir die omgee.
Weet jy by al die tranedal is ek ook oneindig dankbaar vir die lig . Die lig wat jy nou ervaar en die rus.
Ek groet jou, jy sal altyd deel wees van ons kosbare herinnering.
Bye Carol.
Ek treur saam met julle, al het ek haar glad nie geken nie.
LikeLiked by 1 person
Ek het gedink aan ‘n woord wat pas, miskien is toegangklik die regte een, enigeen kon gemaklik met haar gesels en sy was dienooreenkomstig ook opreg met haar belangstelling teenoor iedereen. Dankie vir die saamlees. Ek waardeer.
LikeLike
❤️
LikeLiked by 2 people
Pragtige huldeblyk aan jou vriendin, Dirkie.
LikeLiked by 1 person
❤
LikeLiked by 2 people
Dankie ek het nie woorde nie Ek mis haar ook op my whatsapplys … sy het altyd geantwoord. Dink jy die liewe Vader het WhatsApp? *Drukkie* vir jou hartseer <3
LikeLiked by 1 person
Ai Tina, die afhaal van iemand op whatsapp lys .. voel vreeslik.
Ons wroeg maar tesame,
LikeLiked by 1 person
Ek ky7 elke dag of daar nog beweging op haar foon is… simple – ek weet.
LikeLike
Ag Tina , ai mens, kry jou sommer jammer… ek besef iewers sal ons op stadium kom van onthou jy nog.. ag ek besef net meer en meer sy was altyd nederig en almal het haar geniet. Kosbaar .
LikeLiked by 1 person
Dis waar… dis net asof mens se vriendskap nog nie afgehandel is nie.
LikeLike
Is die onverwagse sterfte,
LikeLiked by 1 person
💕
LikeLike
:cry: Watter pragtige huldeblyk – en nee, dis glad nie ydel om bly te wees mens het iets moois vir iemand gesê nie.
LikeLiked by 1 person
Dankie Frannie, so verlaas ‘n briefie vir haar. Jong ek het weer besef mens moet meer toegeneentheid teenoor mense wys, al is dit met ‘n stewige drukkie.
LikeLiked by 1 person
Stewige drukkies is absoluut kosbaar.
LikeLiked by 1 person
Soveel deernis. Sterkte vir jou
LikeLiked by 1 person
Baie dankie, sy het soveel mense aangeraak, almal sluk maar swaar.
LikeLike
Jou pyn is eina….ek is jammer. Sterkte vir jou.
LikeLike
Ek kyk na haar sitplek in die kerk.. ag dan verlang mens. Moet nog haar telefoonnommer van my lysie afhaal. Onverwagse dood is en bly maar moeilik. Maar ek dink sy ervaar nou lig en het geen kommer en angs nie. Dit bly ‘n troos.
LikeLike