Woorde

Kom ons gaan Maskerbal toe..

Friends

Wat is vir jou die moeilikste aanpassing tydens Covid se maskerade?

1. Ek is ‘n aanraakmens.. daardie sagte druk om net te sê ek gee om , ek hou van jou, , ek is lief vir jou of ek het so empatie met jou.. ek mis daardie liefdevolle uitreiking/aanraking.

2. Ek mis mense se glimlagte- daardie wat lig aansteek in die oë, ek kyk meer intens na mense se oë, die kreukeltjies van vreugde wanneer jy nou eintlik die een agter die masker herken.

3. Deesdae mis ek die spontane uitbars van die lag, gemaskerde mense, voel so asof die lag ook onder beheer gehou word. So ophok geslaan is.

4. Wanneer jou een oor doof is en die ander hoor ook soms met moeite.. dan smag jy na stem en klank en woorde wat by jou ore uitkom.. alles is so gemasker. Amper haal ek Prediker aan oor ouderdomverwante probleme

.MAAR

Die voordele :

moenie vergeet nie -die dra van die masker en die nakom van al die reëls beteken ek is lief vir my lewe en vir my naaste s’n ook- toon respek aan ieder en elk.

Lieflike en gesonde Nuwejaar aan elkeen.Mag jy gesond bly .Mag jy die vrugte pluk om tog goed te doen teenoor elkeen wat swaakry. Dink aan vrugte pluk die wonderlike warmte om die hart, ek kon iemand sonder kommer gaan laat slaap.

Mag daar weer voorspoed wees vir almal.

Liefde Van die Hoekhuis se mense.

18 comments on “Kom ons gaan Maskerbal toe..

  1. Tannie Frannie
    Desember 31, 2020

    Ai, dis lekker om jou hier in Blogland te sien! Voorspoedige Nuwejaar aan al die mense van die Hoekhuis.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Januarie 1, 2021

      Ek bekommer my deesdae oor jou, wonder hoe dit gaan.. liefde vir jou en almal om jou.

      Liked by 1 person

      • Tannie Frannie
        Januarie 1, 2021

        Dit gaan wonderlik goed met my, dankie liewe Dirkie. Ek sal jou mooi wense oordra.

        Like

      • ddupl3ss1s
        Januarie 3, 2021

        Dankbaar dit gaan goed, deesdae iis mens bly oor iedereen wat gesond bly.

        Liked by 1 person

  2. scrapydo2.wordpress.com
    Desember 31, 2020

    Nuwejaarswense aan die hoekhuis inwoners.

    Liked by 1 person

  3. Toortsie
    Desember 31, 2020

    Mooi nuwejaar vir julle.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Januarie 1, 2021

      Dankie Toortsie, uit die lees van jou standplaas se nusies, het jy bedrywige jaar gehad en ek glo 2021 staan nie terug nie.. Mooi bly

      Liked by 1 person

      • Toortsie
        Januarie 1, 2021

        Dankie Dirkie. Hopelik sal ek kalmer wees. 😁🙈

        Like

  4. woordnoot
    Januarie 1, 2021

    Die maskers dra se nadeel is dat jy iemand sien en jy dink dis iemand wat jy ken maar jy twyfel. Jy bekyk die persoon in die ry voor jou en wonder..is dit? Of is dit nie? Die postuur lyk soos sy maar die haarstyl verskil? Sal ek my naam weggooi en gaan groet met die hoop?. Dis waarom maskers dra my vyand geword het…..my vriende wat ek jare laas gesien het stap verby my of ek by hulle…..ons herken mekaar nie

    Like

    • ddupl3ss1s
      Januarie 3, 2021

      Ek het so absoluut begrip daarvoor, dink ons moet naamplaatjies begin dra- Dirkie van die Hoekhhuis , dit mog dalk net help.

      Like

      • woordnoot
        Januarie 3, 2021

        Naamplaatjies….klink na n goeie idee.

        Liked by 1 person

  5. Bondelsgedagtes
    Januarie 3, 2021

    Ek het juis na mense se oë begin kyk hieroor. En gesien daar lê stories in en soms glimlaggies. Mens moet net kyk

    Liked by 1 person

  6. Dr Christa van Staden
    Februarie 20, 2021

    Ek stem saam, die maskers steek ons vir mekaar weg.

    Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Desember 31, 2020 by in Uncategorized.

Blog Stats

  • 33 903 hits
%d bloggers like this: