Woorde

Hartklop

Ek is nie atleet of oefen fundi soos my Kinta kind nie, maar my hart hardloop soms met moerse spoed..

Die uwe kry toe ‘n hartvormige pilletjie (alte fyntjies) om te drink. Die ritme in pas te hou.

Dit het gewerk tot onlangs ..

Toe voel dit kompleet of gordyn toegetrek word..so skemerte wat oor die uwe daal.. en die masjientjie wat drukking van bloed deur are en klopritme kan lees het te vertelle die hart klop staaadig, so stadig soos Harmansdrup .

Bloeddruk is so laag soos geen gemoed in Covid tyd ooit kan oorvertel nie.Die stadig is ongerieflik ek was meer bekommerd oor die bloed oor die brein soortvan, nou-nou beweeg dit teen so ‘n slakkepas om suurstofryke voorraad daar te voorsien dan vergeet ek om te onthou!!

Ek het gaan kuier by die man met die mooie oë.Ons het gemasker met mekaar gekomunikeer. Oor en weer gevra hoe dit gaan .

Hyt so brilletjie wat wyd toemaakoor sy oë dat geen stofkorrel of Covid virus toegang kan kry (vreeslik modern) en dan netjies aansluit by masker.

Met die rondkyk gesien sy rekenaarmuis se matjie is gesinsfoto.. mooie kinders mooie mamma … ek wou eers vra hoe oorleef mens so voorraad bloedjies met ons kleinkind se baie praat in aggeneem – tot hy my vertel jy moet oefen , gaan loop op daardie affere wat jou nêrens heen vat nie nogtans laat stap in jou glorie in ..

hmm toe verander ek summier die onderwerp en praat oor die pes wat in die donker wandel.

Die klep en die ring werk verskriklik mooi.. seg hy na ek vol rondeplaksels geplak is wat aan drade verbind is.. Kon tot self na my hart luister..klink soos Noordewind deur Boomlaning..swoesjj sjwiee.. tog te mooi. Die klank.

Die pilletjie word nou halveer.. soos ‘n gebroke hart . Hmm, moet oor ‘n maand verslag doen van die wel en weë van my ritmiese vordering.

Oor die loopmasjien.. ek het nog geen intense begeerte ervaar om saam met die Kinta kind te oefen..Ek hol liewer telefoon toe..met ‘n doel of … na die kleinste vertrek … Net nie doelloos stap en stap en stap…

Cardicor 2.5mg tablets, used to control blood pressure Stock Photo - Alamy

23 comments on “Hartklop

  1. Una
    Januarie 19, 2021

    Oefen gaan jy moet oefen, klink dit my. Hierdie is so vol humor geskryf, ek sit nou met ń breë glimlag hier op my bank…en hou die fikse mense dop wat so teen ń spoed hier verby stap. Sug.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Januarie 20, 2021

      Una, my kind het al verklaar ek sit so kinkel in my skrywes.. ek noem dit sommer oorlewing of wa deur die drif . Mag die stappers jou aansteek met hul energievlakke.

      Like

  2. Toortsie
    Januarie 19, 2021

    Ai daai doellose gestap. Going nowhere slowly.

    Like

  3. Toortsie
    Januarie 19, 2021

    Jy is darem maar ‘n uitstekende skrywer.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Januarie 20, 2021

      Toortsie, ek waardeer opreg jou kompliment. Dit doen my hart goed as iemand my blog lees, al gebeur dit deesdae ook maar hakkekrukke. blogskryf het ietwat droogte bereik, as daar idee vir ‘n geskrif kom, dan is ek dankbaar..

      Liked by 1 person

  4. woordnoot
    Januarie 19, 2021

    Ek het my doellose stapper aangepass na een van die kinders toe. Hy was in elk geval net n klerehanger. Nou stap ek maar laatmiddag hier in die straat af….

    Like

  5. myseepkis
    Januarie 20, 2021

    Tydens my doellose stap elke aand doen ek die dinge op my lys waarvoor mens gewoonlik nie tyd het nie – ek bel my Ma en my Ouma en kuier met hulle. Ek spandeer ‘n paar minute om kliphard dankie te sê vir alles waarvoor ek vandag dankbaar was. Ek dateer my Goodreads lysie op. Ek kyk inspirerende en motiverende praatjies op YouTube en voor ek weet is my ‘n 45 minute verby en ligaam en siel voel gevoed !

    Like

  6. woestynkind
    Januarie 20, 2021

    Ek kan ook nie op daai goed loop nie. 2 minute voel soos n uur. Gee my die grond pad en vars lug elke keer. Mooiste pilletjies

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Januarie 21, 2021

      Die pilletjies pas by hartjie-my-liefie vorm. Ek bewonder iedereen wat daagliks oefen..en dit geniet.

      Liked by 1 person

  7. Bondelsgedagtes
    Januarie 23, 2021

    Sjoe sjoe dis omtrent ‘n storie. Goed geskryf hoor!! Ek kan glad nie daai masjien loop ding doen nie…

    Liked by 2 people

    • ddupl3ss1s
      Januarie 30, 2021

      Miskien moet die loop masjien se plasing iewers wees waar mooiste natuur sigbaar is.. kan net mens positief instel.

      Like

  8. Dr Christa van Staden
    Februarie 17, 2021

    Ek net dit nou so geniet om te lees. Pas jou moojop.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Februarie 17, 2021

      Heerlik om jou weer te siene te kry.. Dit gaan goed met die uwe en haar hart.. klop netjies al hoor ek my hartritme..tiek tiek soos ‘n bommetjie.. Baie dankie vir die saamlees. Hoop dit gaan steeds goed met jou.

      Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Februarie 17, 2021

      O gits, Dr Christa, ek het jou verwar met iemand anders, nietemin dit bly heerlik om ‘n nuwe meeleser te kan hê. Vreugde vir jou.

      Liked by 1 person

  9. seegogga
    Mei 18, 2021

    So bly ek sien hierdie blog.ek weet nie waarom ek nie meer eposse kry v jou nuwe blogs nie. Geniet altyd jou skrywes.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Mei 18, 2021

      Oe ek blog weinig.. woorde kry nie meer staanplek in sinne nie..Skuldig Edeldierbaarste ..skuldig!! Soms so by strykplank spring ‘n idee in breinselle en verkas die oomblik wanneer ek met ander goeters moet werk.. Ek maak verskoning, ek besef..

      Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Januarie 19, 2021 by in Uncategorized.

Blog Stats

  • 33 903 hits
%d bloggers like this: