Woorde

Augustus windverwaaid

Die Senator se straat voor die Hoekhuis verby, beleef erge verkeer.

Stofwarrels gly vinnig padlangs en papiersakkies word met spoed saamgedra.

Luglangs.

Veerlig.

Die paar dapper voertuie versteur die ritme van dwarrel en stof .

Die verbete herfsblare wat nog geklou het vir lewe en dood , durf die verkeer aan tesame met kromrug voetgangers neffens. Gemasker teen ..

Die skreeuende klanke van Hadidas in die verte -veilig in die hoogste punt van Sederbome. Uitdagend.

Die vrou van die Hoekhuis staan met arms gevou om haar oulyf –

slaan alles gade.

Die groot spel van die natuur.

Die wind moet waai..

dalk moontlike winde van verandering!

5 comments on “Augustus windverwaaid

  1. scrapydo2.wordpress.com
    Augustus 15, 2021

    Die Augustus winde wat waai waar hul wil. Hier het ons heeljaar winde wat waai waar hul wil. Dis nie verniet bekend as windy Wellington nie. Is daar darem nog stof wat waai of is als weg gewaai?

    Like

    • ddupl3ss1s
      Augustus 15, 2021

      Erg erg stowwerig ! Daarmee saam begin struike uitloop.

      Like

      • scrapydo2.wordpress.com
        Augustus 16, 2021

        Dan kom die reën en stof gaan lê. Eintlik gedink daar is nie meer stof oor om weg te waai nie.

        Like

      • ddupl3ss1s
        Augustus 16, 2021

        Lank gelede het ons in Odendaalsrus gewoon, Welkom se mynhope is gewaai tot in ons kombuis.

        Like

      • scrapydo2.wordpress.com
        Augustus 16, 2021

        Ja-nee daardie mynhope is ‘n verpesting. Daardie stof is so fyn dit kom orals in.

        Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Augustus 13, 2021 by in Uncategorized.

Blog Stats

  • 33 903 hits
%d bloggers like this: