Woorde

Om te vergeet

Gister gesels ek met vriendin oor haar man en sy vergeetsiekte.

Die ellende en empatie tesame daarvan , die verontwaardiging van haar man wanneer sy twee keer selfde storie herhaal “..dink jy nou ek is d…rs onnosel, – dat jy die selfde ding tweekeer herhaal!!” en sy sê drogies agterna en dan is hy nog doof ook..erg doof.

Sy lok geen argumente uit nie.

Sy hou hom rustig.Sy verstom haar aan sy liefde vir lees… hoe hoër die stapel hoe gelukkiger is hy.

Hy vergeet, maar hy onthou haar en hul kinders, daaroor is ek nogal dankbaar. .

Hy vergeet lisensie hernuwing..bestuurslisensie, daaroor is sy dankbaar .

Verkeer in stad bly erg- ag en ons weet Taxis mog net konflik veroorsaak.

Sy laat hom toe om kos te maak.. beide van hulle is lief vir kosmaak. Sy naby met ‘n breiwerkie indien …

.Ek bewonder haar.

Beginselvas, die vrou.

Ek dink haar frustrasies is nooit van toepassing op haar man se vergeet nie.Sy is kreatief, altyd besig met fyn viltwerk en borduur.

Kosmaak en bak, dan vertel sy jou die resep dat jou mond onwillekeurig begin water..

Sy hou van lees – Geskiedkundige agtergrond verhale, nou nie my speelgrond nie.Sy het algemene kennis van die Queen tot politiek.

Sy het heerlike droë sin vir humor.

Die blymoedige vrou.Sy sal altyd altyd noem..’Dit fasineer my so, hoe hy dinge doen !” Die stille bewondering vir haar man al vergeet hy ….

..en sy kla weinig, al het sy rede,

al het sy ook ‘n pessiekte wat haar liggaam op die middaguur verwoes!

Ster vir jou.

2 comments on “Om te vergeet

  1. woordnoot
    Augustus 19, 2021

    Dis beslis ‘n blymoedige vrou wat sterre verdien….

    Like

  2. ddupl3ss1s
    Augustus 19, 2021

    Baie dankie Woordnoot, ek waardeer jou saamlees.

    Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Augustus 19, 2021 by in Uncategorized.

Blog Stats

  • 33 903 hits
%d bloggers like this: