Woorde

Voetjie Links Voetjie regs..

Ek het empatie met elke siel met voetpyne,

ingroeitoonnaels ,

eelte onder voete- voel soos dorings waarop jy trap-

en dan is daar swamme

en

lang toonnaels verdik deur ouderdom (skopgrawe- is wat een dierbare Tannie hare noem)

..

dan kan geen siel meer buig om by te kom met ‘n naelknipper.. gewoonlik word die dikte verdun in prosedure van ‘grind’ (asseblief nie die soort grinder wat teëls pasmaak nie!!)

en

Hakke, sommige kraak en ander kraak nie, nes die mensdom

en

ingroeitoonnaels, sommige het te vertelle die ingroei sommer oornag gebeur- hmm nietemin so ‘n geklop knaend aan die toonnael of daar ‘n individuele hart is , erg!

ek verkneukel my in sommige se dankbaarheid..

die man wat so bly was met die eerste pynlose treë , dat hy uit vreugde ‘n “Madiba-dansie’ uitgevoer het..

Die man wat knaend sy afspraak skuif en verskoning vra – met bos blomme – ‘n bejaarde.

Die sjokolade bringers njam (dan kry die Ma ook daarvan)

Die prettige afspraakmakers.

Die met die stemmetjies wat darem duidelik wil laat weet- I can hardly walk- soortvan – en ingedraf kom.

Die wie my kind so vreugde verskaf as ek luister na die skaterlag uit die spreekkamer.

Ag en jy kry

Die vreemdes

Die eienaardiges

Die kwaaies

Die blasendes en hygendes..

Dan wonder ek oor diegene wat so uitgehonger is vir ‘n geselsie en sommer ‘n hele sak patats uitskud met nodige stem volumes wat klim en klouter tot jy stil wonder oor die hoekom en die waarom.

Ek het empatie met iedere siel..

en die Kind :

“Sê vir Ma, raak jy nie moeg nie, raak jy nog regtig liries oor ‘n Diabetiese wond so groot en ontsteek ? “..en die antwoord sonder omhaal

” Heng . Wanneer daardie groottoon gered kan word ..dit voel soos ‘n fees!”…

Ek het haar al kwaai gesien..

Diabete moet nou nie hier vertel van gisteraand se ete en wonder oor hoë suiker telling!

Of ‘n foto stuur per whatsapp.. en Bierbottels staan so neffens die vrot toon nie…

Inteendeel

ek het al gesien hoe hartseer is sy wanneer ‘n dierbare gereelde pasiënt te sterwe kom.

Ek gaan nou eers loer hoeveel idiome daar is waar voete benoem word..

Mooi dag, wees vlugvoetig.

16 comments on “Voetjie Links Voetjie regs..

  1. Bondelsgedagtes
    September 7, 2021

    Pragtig geskryf Woordjies, jy het so mooi hart

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      September 8, 2021

      Dierbaar van jou, my woorde loop deesdae rond, kry hulle nie altyd ophok.

      Like

  2. Toortsie
    September 7, 2021

    Ek geniet jou skrywes altyd. Jy dogter (en jy) doen wondere.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      September 8, 2021

      Sy het vreeslike sagte hart vir gestremdes en oumense vir wie Alzheimers kom kuier het… en Parkinsons, ek het algevra hoe op aarde kry jy toonnaels gekinip as iemand so bewe.. knip ook glo so tesame met ritme van die beweging van liggaam. Ek dink darem die beroep sal nou nie by my pas nie, net die lekker praatjies by iedere pasiënt.

      Liked by 1 person

      • Toortsie
        September 8, 2021

        Iemand wat lekker praatjies kan maak is altyd ‘n aanwins.

        Liked by 1 person

  3. seegogga
    September 7, 2021

    Mooi geskryf

    Liked by 1 person

  4. scrapydo2.wordpress.com
    September 7, 2021

    Nou het jy sommer my vaal reënweer dag opgekikker. Dis lekker om te lees dat jou dogter hart en siel in haar werk sit. Geen wonder Mia het dieselfde patroon van doen nie. Mooi bly daar in die hoekhuis sonder die duif in die boom.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      September 8, 2021

      Aah. die duwe hier is slegte ouers, los hul klein kinderduifies sommerso, sonder sorg en Luna die dun hond met haar jagtersinstink veroorsaak trauma…Dankie vir die saamlees.

      Like

      • scrapydo2.wordpress.com
        September 9, 2021

        Duiwe is soos eende. HUl het ook maar nie veel om hul kuikens te beskerm nie. Glo goed van trauma.

        Like

  5. Tannie Frannie
    September 8, 2021

    So bly om weer hier te kan lees!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      September 17, 2021

      Deesdae begin ek ‘n paar woorde op Facebook en dan skuif dit Blog toe. Ek dink so baie aan jjou, Frannie..gaan dit goed met jou- gesond?

      Liked by 1 person

      • Tannie Frannie
        September 17, 2021

        Dit gaan wonderlik goed, dankie liewe Dirkie. Ek is pas terug van ‘n epiese week in Mosambiek saam met Una, ons gasvrou, Positief en Woestynkind. Ons gaan nog almal vertel presies hoe heerlik dit was!

        Like

      • ddupl3ss1s
        September 18, 2021

        Ag klink na ‘n droom.. dankie vir die vertel.

        Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on September 7, 2021 by in Uncategorized.

Blog Stats

  • 33 903 hits
%d bloggers like this: