Woorde

Sit en dink…

Gister gesit en dink

(al het sy eintlik gestaan,

wonder nou ( val sy haarself in die rede)

-Hoekom sit haar ‘dink’ altyd, al loop of staan sy , haar ‘dink’ ewig aan’t sit!!)

Dan ‘ sit ‘ die uwe ook met die krisis –

met al haar gerondom pratery vergeet sy waaroor was haar denke..

Sodra sy onthou sal ek julle laat weet.

Dit is wat gebeur van te veel dink op ‘n Vrydag die 17 de September

…. na ‘n paar minute ..

‘Dit voel vanoggend skielik Julierig in September..gister was Augustus besig om ‘n hele grondverskuiwing te laat plaasvind by die Hoekhuis.

Indien iemand dalk sy grondregte eis wil uitoefen, kom loer by die Hoekhuis derde straat links neffens die boom wat met ‘n besemstok gestut word .

Daar lê jou landgoed.

O , en ter afsluiting dit was waaroor sy ‘gesit’ en dink het.

Oor seisoene wat nie standvastig bly – winde van verandering – nes die politiek deesdae.

..en nog ander flertsies gedagtes van menslike geheue en ouderdompyne …

Weereens via my Facebook inskrywing is blog woorde met moeite gebaar.

5 comments on “Sit en dink…

  1. scrapydo2.wordpress.com
    September 17, 2021

    Ja jong, van sit of staan kom niks gedaan ( uitgebroei nie) ek wou gister my engelse skryfsel vir die program voer wat my moet help om reg te skryf. Daar sit ek toe en kan nie die naam van program onthou nie. Moedeloos opgestaan. Ketel aangeskakel en raai wat? Daar daag die naam uit die bloute op.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      September 17, 2021

      Haha , ja so word ons verras! Gelukkig kom die onthou terug.

      Like

      • scrapydo2.wordpress.com
        September 17, 2021

        Beslis, moet net nie te hard konsentreer nie dan woeps spring dit sommer weer uit die verte uit.

        Like

  2. Tannie Frannie
    September 18, 2021

    Askies vir die moeite, Dirkie, maar ek is so baie bly jy’s weer terug op die blogs!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      September 18, 2021

      Hoop beskaam nie.. soms gebeur daar iets vir ‘n blog en soms val dit deur die sif van geheue.

      Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on September 17, 2021 by in Uncategorized.

Blog Stats

  • 33 903 hits
%d bloggers like this: