Woorde

Mia liefie kind

Mia kindjie siekerig.

Sy is met aanmoediging en beloftes en omkoop en soebat…. oortuig ‘ons moet Dokter toe Mia!!’

Covid mog dalk net op haar spring..volgens die stomme ou dogtertjie.

Sy was nie beindruk met die Dokter met haar plastiese klere .

Haar Ma het verduidelik die hoekom en waarom van beskerming. Sy het vertel sy verstaan ‘buttt I dont like it anyway!!’

Na die loer in keel en ore en borskas se beluister draai die kind toe om met groetslag aan die jonge Dokter

”Bye, Doctor- have a good life!”( Die Dokter het beleefd die wense aanvaar..glimlaggend)

Hier by die huis het sy darem plegtig verklaar sy hou baie van die Dokter met die plestiek klere .

Gister met Mia se praatjie makery verklaar die kind, “Oumaaaa, I want to tell you something.. Do you know something about meditating? (vra die 8 jarige )

Ouma, I will show you..First of all, (dan hou sy haar wysvinger vir die aftel van belangrikheid) You must pick a colour, a colour you adore(…..lank uitgerek die adore!!

Then… secondly, you must sit like this( kruisbeen plegtig gedemonstreer)

Then you must put your thumb and Peter-pointer together your palms open… upwards.

Then Close your eyes.Take a deep breath trough your nose …and slowly let it go trough your mouth..And then you must think about God.

Ouma het haar verseker , sy kan nie kruisbeen sit nie -met ‘n -don’t worry Ouma, troos sy my, ek mag darem langbeen my sit sit.

Dink nog aan die kleur, Ouma hmmm en aaaa en dink , No!! Ouma don’t make a sound.. (die hmm en aaahm- steurend)

Ouma het haar vertel thats good and heart warming, dat mens aan God moet dink…Ouma did you also feel calm??

Hoe kan Ouma nou vir die kindjie vertel, Ouma het suutjies geglimlag, nogtans haar verseker God loves her en Ouma voel calm.

Ouma verstom haar soms aan die kind…

Sy is op die oomblik besig om vir haar Ouma lang stories te vertel oor territory en het Ouma geweet some Ladies het attitude!

Nou ja , mag jul vreugde beleef.

Met of sonder ‘n houdingkie.

8 comments on “Mia liefie kind

  1. woordnoot
    September 21, 2021

    Slim enetjie hierdie!!

    Like

    • ddupl3ss1s
      September 22, 2021

      Woordeskat goed, ek gee haar Ma die eer vir die woordeskat, Ouma Afrikaans mos!! Mos….Hoewel sy so goeie persentasie vir Afrikaans gekry het… haar Ma en Ouma blink trots.

      Like

  2. Toortsie
    September 21, 2021

    Ek geniet jou oumastories. Ek het ook suutjies geglimlag. :) So lekker om jou hier te sien.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      September 22, 2021

      Ek pos die praatjies op Facebook, en so met skryf dink ek dalk moet ek sommer hier plaas.. en ek wou Mia gesiggie bygeplaas het..daar weet ek glad nie hoe moet ek dit regkry, dit gebeur wanneer mens lanklaas geblog het .

      Liked by 1 person

      • Toortsie
        September 22, 2021

        Dit is ‘n uistekende plan wat jy het. :) Jy moet sê as ons moet help met die prentjies. Kliek op die groen + heel bo links (langs WordPress se W). Dan soek jy onder dit vir image. en Whalla! :)

        Like

  3. scrapydo2.wordpress.com
    September 21, 2021

    Ja ouma, mens kannie anders as om dankie te sê dat jy die geleentheid het om so diep met Mia te kan praat en saamleef/mediteer. Bly Mia het darem dr aanvaar. Wat was toe verkeerd?

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      September 22, 2021

      Sy het erge Sinisitus en iets soos Faringchitis. Mia kry asma, was veral bekommerd dat asma weer kan vererger…en vir die wis en on wis moes sy gaan vir Covid toets, “I’m totally not impress!!” was haar kommentaar..die stok in die neus.. giegie..

      Like

      • scrapydo2.wordpress.com
        September 22, 2021

        Aie die liewe asma en sinus tog. Dis beter om seker te wees dan om te moet dokter. Die bors probleme maak my ook maar aanmekaar onrustig as ek ook so tussen mense beweeg. Nou doen ek dit nie en is ‘n regte kluisenaar!

        Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on September 21, 2021 by in Uncategorized.

Blog Stats

  • 33 903 hits
%d bloggers like this: