Woorde

Papiergoud

Ek verlang na papier van koerante tot tydskrifte.

Het jy geweet by ‘n spreekkamer mag geen tydskrif sy oë wys..sedert Corona nesgeskop het.

Al word boeke afgevee met ontsmetlappies…

Ek kon my so inwikkel in ‘n gemakstoel met tydskrif soms dubbelgevou en lees. Van A-Z .

Deesdae lees ons Koerant op rekenaar…en Tydskrifte.

‘n ” Bargain bly ‘n Bargain” vir R99 – net die tydskrifte alleen is al by 11 uitgawes, en jy kan tot teruglees aan vorige uitgawes.

MAAR

Die Nuutste toevoeging : Die Taalgenoot, is ‘n fees, altans vir my.

Ek sou die tydskrif eerder wou voel en lees so sittend opgekrul (gmf- ouderdom laat nie die woordspeling toe nie) in ‘n stoel .

Ek kyk nie ‘n gegewe perd in die bek nie en is uiters dankbaar vir die lees aan ‘n wonderlike tydskrif plus die res van die ander – van Sarie tot Tuis en Weg en Fin ens..

.Ek kry ook nou nie ‘n hupstoot vir hierdie vertel nie of afslag nie- vertel maar net uit die diepte van my hart ..hmm- bederf jouself en skryf in op Netwerk 24 …jy hoef nie die Koerante te lees nie( daar is tot verskillende Koerante en Streekskoerante…) maar mens die Tydskrifte bly en is ‘n vreugde.

Indien iemand dalk weet waar kry mens die Taalgenoot te koop , laat weet.. ‘n ATKV tydskrif.

Deesdae durf mens nie tydskrif bestel.. so via jou Posbus nommer.

Was jy al doer in midde Vereeniging neffens die Ou Poskantoor se posbus hokkies.. Daar waar die inham ‘n tuiste geword het vir ieder en elk se kombers en karton op vloer en onwelriekende stank…

… Daarom weet ek per pos, vergeet daarvan

… Daarom weet ek hierdie Munisipalteit so in rooi(rooi gesigte ook- dalk nie) hul sal nie iets daaraan doen

… Daarom weet ek met Bankrotspul oral wonder ek wat op die bleddie aarde doen Departement van Gesondheid aan die verskrikllikheid. Kieme staan oop en bloot en wag met hul sekels.

Ek sou wou harder en krasser woorde gebruik, maar terwille van siele wat hier lees, ag en nou-nou vee Facebook (eers daar geplaas voor ek die nota hier geplak het) my woorde uit met uitveër en – met aansporing en onthou van my oorle Ma se waarskuwings van die Wag voor die mond en byt jou lip vas, my kind .. .. behou ek my swygreg.

Met moeite vertel ek jou, met bleddie moeite.

Ek huil sommer in my voorskoot…. nie oor tydskrifte en tegnologie nie – nee die verval van wat was.

3 comments on “Papiergoud

  1. Tannie Frannie
    September 22, 2021

    Dis so lekker dat jy weer blog!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      September 23, 2021

      Ek is bly ek verskaf vir jou leesgenot, jy was my aanmoediging… ek probeer meer te blog.. Mooiste dag vir jou.

      Liked by 1 person

  2. scrapydo2.wordpress.com
    September 22, 2021

    Ek kan ook maar nie vrede maak dat ek nie die papier in my hande kan hou nie. Alles is aan lyn en ai, op my foon is dit so klein dat ek sommer moed opgee en om met my skootrekenaar op my skoot te sit en lees is nie soos jy sê “lekker opkrul”wat uit is vir my ook

    Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on September 22, 2021 by in Uncategorized.

Blog Stats

  • 33 903 hits
%d bloggers like this: