Woorde

Mia

Gister moes Mamma iemand vinnig besoek, Mia ry saam.Eintlik vreemd..

deesdae bly sy eerder tuis hier by Luna en Luna se neef dik Buksie. (Don’t tell Buksie that Ouma, it will hurt his feelings!!) en by haar Ouma .

Sy leer Ouma nuwe woordeskat – sonder attitude! (haar nuwe gebruikswoord)

Woudie vertel aan Ouma , Ma!!! die stomme besoeker is morsdood gepraat, al troos – sy het ook kinders en kleinkinders in selfde ouderdom kategorie, moontlik het sy empatie.

‘So halfpad deur die gesels, word hulle onderbreek.. “May I take a tour through your house?”

Hmm dog die Ma ondergaan skielik bloesende kleurpigmentasie

..Nee die Ma het net vertel, neem jou tour in die tuin.

Ek het dit ookal beleef, Mia en ‘n maatjie wat deur my huis ‘n tour wil neem

..gelukkig is hier ‘n speelkamer, ek stuur haar en haar mede ondersoekbeamptes reguit soontoe.Ouma weet , daar sal hul vashaak.

Ek weet net een ding wat nie twee is, Ouma gaan die klein dogtertjie hierdie week vreeslik mis.

Ouma, I will walk by myself bloomp bloomp into the sea.

Mia, en wat as jy nog te siek is..?

No!! Ouma!! Can I tell you something, Seawater will go into my nostrils and heal my Sinuses!

Ouma vra ..jinne Mia waar hoor jy van nostrils?

Sorry Ouma, en die kind lag en lag.. only Horses do have nostrils!

Ouma moes eintlik haar vertel het sy het ook nostrils… maar ‘n perd is nou deesdae baie belangriker .. met nostrils.

Vrolike dag.

10 comments on “Mia

  1. Tannie Frannie
    September 23, 2021

    Ag, mens het hulle so lief!

    Liked by 1 person

  2. Toortsie
    September 23, 2021

    Ouma ek hoor jy mus haar al klaar, maar jy het gelukkig baie om te herkou … soos die perd … maar nou kan ek nie onthou of perde herkou nie. Nee! Hulle doen nie. Oumas eintlik ook nie. 😳

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      September 24, 2021

      Toortsie , Ouma sal vir Mia vra.. sy is slimmer as hierdie Ouma, ..en hierdie Ouma se tande raak soos die Malers in die Bybel… ook maar gedaanerig. O en Toorts jy het nou so pret verskaf, lekker gelag !!! Baie dankie vir jou pret.

      Liked by 1 person

      • Toortsie
        September 24, 2021

        En ek bedoel mis, nie mus nie. Vra vir Mia. Sy sal weet. 😁

        Liked by 1 person

  3. scrapydo2.wordpress.com
    September 23, 2021

    Haha nou lag ek sommer vir Toorts se herkou storie ook. Dis te dierbaar as hul so bekkig is. En slim ook am die regte woorde op regte plekke te gebruik. Daardie toer deur die huis beleef ek ook gereeld as Beatrix inkom. Sy weet waar sekere goedjies is maar die omgeweing waar die goedjies is wat sy wil sien word al wyer en wyer uitgebrei en later van kamer na kamer.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      September 24, 2021

      Die vertrek waar sy hul heen vat is veral die werkskamer, krale en lint en knope…dogtertjie hemel.. Toorts het my nou lekker laat lag.. klink ‘n lekker naam vir kinder storie boek : HERKOU ANNAH”

      Liked by 1 person

      • scrapydo2.wordpress.com
        September 24, 2021

        Ooo, nou praat jy. Ek het mos twee werkskamers of eintlik stoorkamers met miljoene goetertjies waarvan enige kind hou. Gaan daardie HERKOU ANAH neerskryf op my kinderboek lysie!

        Like

      • ddupl3ss1s
        September 25, 2021

        Joegaai!

        Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on September 23, 2021 by in Uncategorized.

Blog Stats

  • 33 903 hits
%d bloggers like this: