Woorde

‘n VOëL in VLUG

Diegene wat my eggenoot , Hoekhuis se man.. ken , sal weet hy kan nogal pynlik netjies wees..

Hemde sonder treinspore (die mou se stryk lyn)

Langbroeke gepars sonder treinspore. (dit was nou die dae van broeke pars .

Die das ..en die hemp en die knoop , netjies

Weet nou nie of dit netheid is, die kouse en langbroek wat nie op mekaar mag skel- verkieslik pasmaats in kleur.

Vadertjie weet en die soom mag nie hang oor skoene, moet sit..gmf.

Skoene gepolitoer, al vertel die kinders ‘eintlik moet daardie soort skoene nou nie ‘gepolish’ word nie Pa, ‘ hy gmf net…en sy hare netjies, blink, elke haar op sy plek..niks fladder in die wind.

Destyds , potswart hare..deesdae raak die hare grys, steeds netjies .

Al waar hy soms uithaak- is die baardfase – studieverlof dae het hy nie geskeer nie – hy het gebou en gebreek (aan ons Hoekhuis) . ‘n Week voor eksamen het hy geskeer en begin leer… en elke Mossie en Hadida met buurman se Pomelos gebombardeer, hul meng glo in met sy konsentrasie. Gmf.

Hy het dan begin drink… Neeeeee!! Nie alkohol, daardie energie goed wat jou brein nou so helder soos daglig hou, en koffie ..erg.

Vreeslik hardwerkend dwars deur die nag omtrent gesit en leer.. nie eintlik altyd vrugte afgewerp nie!

Na eksamen het hy ontrekkingsimptome gehad en wou dae nie koffie drink nie..

Die lofliedere wat ek nou aanhef het alles te doen met die blinkswart hare..

Die dag oppad kerktoe, netjies uitgevat, vlieg ‘n vredesduif hoog bo ons verby, en besluit hy duiwe-toilet is te vêr.. en tjorts op die man daaronder op aarde se kop.. sommer so sito sito in sy verbyvlug. Spierwit blerts op die netjiese swart hare..

Sy oë het geblits en ag hy het geweldadig omgegaan in sy woordgebruik ..effe kru op die mooie Sabbatsmore.

Toe dames en here herhaal die episode van raakskiet of dalk eerder mis skiet hom weer.

Hierdie keer by die Hoekhuis, nadat hy ewe dierbaar die klein gevleueldes in sy tuin gevoed het..Hy stap rustig , so effe kromskouer , onder ons dierbare boom deur.

Toe word hy geskiet, verwond – in ego en waardigheid maar weet julle die aantal kruwoorde het drasties verminder(sedert swartkop tot gryskop) tot net een kragtige f …!!! woord.

Hy is nie ‘n kiekie mens , verstom hy my met “Vrou waar is jou kamera(foon) , neem bietjie af, die donnerse Hadida of iets het op my gek…k!”

..en sy vrou ?

sy luister en gaan haal die kamera, nie oor gedienstig gedweë nie, bloot as bewysstuk vir sy “Docket”

Sy vra en kyk na bewysstuk lyk nie vir my dit was Hadida, is jy seker?

Vrou!!, hy my. Ek is te donners bang om seker te maak en op te kyk, nou -nou k.. daardie voël in my mond!!’

Ek wou nog noem van mens kan opkyk met toe mond, maar mens neuk nou nie!!

.. die foto bewysstuk van sy kwesbaarheid is sigbaar op my Facebookblad. Ek het nie vermeld, hy kan bly wees die keer was sy arm in die slag en nie sy kop nie.

13 comments on “‘n VOëL in VLUG

  1. woordnoot
    September 28, 2021

    Lag ek nou alte lekker…..

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      September 28, 2021

      Ek het daardie dag toe hy die blerts kry en wys, onthou van die duif ..jinne sommer weer oor daardie dag ook lekker gelag. Mooi dag vir jou, dankie vir jou inloer.

      Like

  2. coetzee2014
    September 28, 2021

    Geskryf, net soos Dirkie kán. Dankie!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      September 28, 2021

      Ag baie dankie Danie, ek waardeer.. hy wou darem vooraf weet of ek gaan aandik, nooit!! Hoe ken hy my nou? Mooi dag.

      Like

  3. Dr Christa van Staden
    September 28, 2021

    Lag ek nou lekker.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      September 28, 2021

      Hy het darem vooraf gelees, lekker saam gelag. Bly jy het kom inloer.

      Liked by 1 person

      • Dr Christa van Staden
        September 28, 2021

        My man loer nooit in nie. As hy die dag gaan begin lees, gaan hy ‘n ander ek leer ken …

        Like

      • ddupl3ss1s
        September 29, 2021

        Ek nooi myne uit… hy leer homself toe ken in proses, soms is gewoontes so deel van ‘n mens se psige… iemand anders dalk nodig om te wys..’ken jy die mens’

        Liked by 1 person

      • Dr Christa van Staden
        September 29, 2021

        Hmmm, myne dink ek hou myself met lawwighede op die internet besig …

        Like

      • ddupl3ss1s
        September 29, 2021

        Aggenee wat, soms is internet goeie ontsnaproete..nie dat jy hom hoef te oortuig. Geniet jou dag.

        Liked by 1 person

  4. Toortsie
    September 28, 2021

    Dirkie :)

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      September 29, 2021

      Toortsie? jy het darem die mooiste fiets… vaartbelyn.. miskien moet jy reeks blog oor ‘Die dag toe Toorts begin fietstrap!”

      Liked by 1 person

      • Toortsie
        September 29, 2021

        Die ‘vaart’ in Vaartbelyn is afwesig. Jong, ek ry op plaaspaaie en is baar bang hy gooi my af veral as die pad grof is. Ek leer nog! 😝

        Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on September 28, 2021 by in Uncategorized.

Blog Stats

  • 33 903 hits
%d bloggers like this: