Woorde

Die mense agter stemme ..

Miskien was die daaglikse oproepe die afgelope week erg energieverbruikend , klink ek nou erg verskonend?

  • Hierdie is darem nou nie elke dag se belewenis. Die vrou by die Hoekhuis is soms verstom by die aanhoor van ‘n stem soms onbekend en die reaksie van die mensdom! .. Jy vra verniet om onmiddellik jou reg uit te oefen en met die vrou wat op voetsoolvlak werk te praat. Al laat jy snedige op- en aanmerkings op foonboodskap, sy sal jou nie te woord staan wanneer sy met ‘n pasiënt se voete besig is nie.. ek hoop jy neem haar boodskap ter harte. Pasiënt het betaal vir besoek, teen haar grein in om tyd te steel van pasiënt..

  • Meneer, ek kan nie wag om te hoor watter beroep jy beoefen nie.. Ek het wel ‘n spesmaas, maar behou my swygreg. Hy vra met ‘n kwaai stem(amper het ek regop gestaan) – “Wie is dit wat praat?” ek vertel plek en beroep wat hier beoefen word, miskien moes ek eers wag, na my aankondiging. Dalk was ek te haastig (dalk moet ek weer my telefoon beantwoord-tegnieke opkikker) Nietemin, ek vertel rustig indien hy afspraak wou maak, mog ek help- benoem die moontlike tye en dae beskikbaar. Vlieg die mens van sy stelasie af met vlerkgeklap en maak my stil met ‘ ..ek wou darem net eers weet met wie ek praat!!’ Die uwe het nie haar asem gemors nie, sy was erg professioneel, afspraak gemaak ..dag en datum en foonnommer herhaal. ‘Ek glo jou ore is fyn ingestel en gehoor die ouvrou by die Hoekhuis derdestraat links, het ‘n grinnik in haar stem gehad..’
  • Ek vra altyd foonnommer, vir die wis en onwis, soms moet mens afsprake skuif of vervroeg… Ek herken al sommige pasiënte se stemme, Ek hallou Mevrou G, vra oor die wel en weë in haar huis – afspraak word ingeskryf, foonnommer asseblief.. sy gee so mooi plegtig haar nommer en lig my toe darem in met “maaaar gannie helpie, dai nommer werkie mee nie..’ Nou ja dit gaan nie oor foonnommer wat nie werk nie, maar met die hoeveelheid verskillende voertuie sonder nommerplate waarmee sy arriveer.. ek belowe jou ‘n foon kan aangeskaf word.. en miskien is ek bang ek lees eendag in koerant van motors wat verwissel word . Onwettig.
  • . Gister het ‘n dame geskakel. Ek het agtergekom sy het moontlik ook ‘n dowe oor, (die uwe het ook so een) alles wat ek verduidelik herhaal sy ..verkeerd. Sy het haar van gespel, ek moet eintlik die hoeveelheid lettertjies gaan tel- heelwat van die alfabet is gebruik, sy klink waardig en ferm en vat nie twak van kabouters, en verontwaardig omdat ek nie haar moeilike van kon uitspreek nie en wragtag, ek moes pad 4 keer verduidelik… die hoop beskaam nie, dalk kom kuier sy vandag . ‘What did you say!!??” kwaai stem .. ek wonder ook oor haar beroep??
  • Gewoonlik vra die voetmens , wanneer sy na ‘n besering aan voet of toon kyk, wat het gebeur? Die besering onder oë erg verdag- veral toe hy drogies vertel, hy het bo-op ‘n toilet se deksel gestaan en by die venstertjie uitgekyk en toe breek die deksel. Nou ja , die man des huises het kort en kragtig vertel van sy vermoedens oor die hoekom en waarom die man uit desperaatheid op die troon geklim het..
  • Die ongeskikte stemme kry jy., dan is hul nie ongeskik- net vrek bang. Ingroei toonnaels en skalpels wek angs.
  • . Diegene wat jou groet met vreugde en jou aanspreek as liefie en pop en skat en darling en vrou (al is jy nie sy vrou) diegene is ook daar.
  • Diegene wat van toonnaels praat as hul skopgrawe en toontjies.. dan is voete so groot soos nommer 12 skoengrootte, en diegene waar man en vrou tesame besoek aflê en hul stry sessie verder voortsit so ten aanhore van die voetmens… dan bêre sy die skalpel en bring die blikkie met die gas nader indien …

  • Mag iedereen ligvoets stap vandag, jou sporing perfek!

4 comments on “Die mense agter stemme ..

  1. Tannie Frannie
    Oktober 7, 2021

    Giegiegie – ek raai lustig saam met jou oor die beroepe…

    Like

    • ddupl3ss1s
      Oktober 7, 2021

      Ek sal laat weet wanneer ek reg is, diegene wat mens so reghelp het ingebore geneigdheid van jare se beoefening van ‘n beroep..

      Liked by 1 person

      • Tannie Frannie
        Oktober 7, 2021

        Nee, nee, ek dink meer in die rigting van diegene wat alewig besig is om te faait!

        Liked by 1 person

  2. ddupl3ss1s
    Oktober 8, 2021

    Daardie bejaarde egpaar, wat sito sito hul veg verder veg, ou gewoonte.. Vuur en vlam ..hulle blaas die vlam hoog.. Ha!! Sy spreek my altyd met so formele alt stem aand, “Hallou Mevrou (sy ry op die r) du Plessis, Hoe gaan dit??” Dit is sulke ou mense wat hul hartseer nie kan beteuel die dag wanneer een wegval..

    Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Oktober 7, 2021 by in Uncategorized.

Blog Stats

  • 33 903 hits
%d bloggers like this: