Woorde

Nagstorie

Laasnag 3:02 is beide inwoners wakker.

Die twee siele stap soos Noag se diere na die kleinste vertrek.

Beurtelings.

Klim met gekreun en gesteun weer terug. Stram .

Beurtelings.

Sy kry nie haar heup in pynlose posisie geplaas, hy kla oor haar neus wat fluit -asemhaal soos Suidewind om die hoeke van die huis..

Hy kla sy hare kry seer.

Sy wonder hoe op aarde kan mens se hare seerkry.. dit is nou met die insnoesel van kop in kussing, sy vra nie. Sy weet hy sal weer een of ander verklaring loods.

Lig af.

Sy wag vir die slaap.

Hy lig hom op , elmboog die steunpilaar.

“Wat hoor jy?”

Sy dog dis weer die wilde knaagdier in die kombuis wat knaag en nie moed opgee om by groente uit te kom nie.

“Musiek.

Doef -doef soort musiek.”

Sy dink 3.00 in die more .. moet ernstige partytjie wees, of dalk kom gaste so 50/50 dit bywoon . Langdradige aanhoudende partytjie. Met virusse op die loer.

Toe onthou sy van haar oorle oom so met sy kinders en vrou om sy sterfbed.

Sy vertel hom.

Die oom met die spesiale versoek van ‘n geliefde Gesang of Psalm, wat hul toe vir hul Pa sing. Emosionele belewenis en heilige oomblik..

Almal staan en luister na sy asemhaling en hy vra

“Hoor julle die koor, die stemme so mooi?” en hy probeer saam neurie.

….

Sy weet toe nie hoe om die situasie te hanteer toe haar wederhelfte , man van Hoekhuis bieg so in die donker nag –

“Dan is ek bevrees ek is by verkeerde Poort- die doef-doef musiek”

5 comments on “Nagstorie

  1. Tannie Frannie
    Oktober 9, 2021

    Whahahaaa…. Toe is jy seker helder wakker 😉

    Like

    • ddupl3ss1s
      Oktober 9, 2021

      Natuurlik, nie geweet of ek my moet bekommer of lag nie..en toe wou ek praatjies maak… ai ai. Ek skryf deesdae maar praatjies op, mens vergeet die nagstories.

      Liked by 1 person

  2. Toortsie
    Oktober 9, 2021

    Verkeerde poort! Oeps.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Oktober 11, 2021

      Ek nou nie geweet of dit onwaardig teenoor dood sou wees, te lag vir die kommentaar so uit die donkernag neffens my nie.. Die man kan soms so drogies iets sê..

      Liked by 1 person

      • Toortsie
        Oktober 11, 2021

        Ai toggie. Onwaardig teenoor die dood. 😉

        Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Oktober 9, 2021 by in Uncategorized.

Blog Stats

  • 33 903 hits
%d bloggers like this: