Woorde

Woordeboeke

Die kinders des huises is destyds net woordeboek toe gestuur

-soek en jy sal vind – wanneer Ma beskou was as lopende verklarende woordeboek. Die Ma nie so slim nie, maar die Ma het besef sy was die kortpad tot by die Woordeboek se woordsoek.

Dit het al ‘n spreekwoord geword in die huis.. ‘ Gaan kyk in die Woordeboek”

of klagtes oor hoofpyn voor skool

( dan wonder ‘n Ma spontaan oor die pyn- veral die Jongman het dit knaend ervaar , die pyn.

Dan was die Ma se spontane vraag

‘ Het jy al ‘n Disprin gedrink?’

Voordat die uwe as onsimpatieke Moeder beskou word, die koorspen was altyd byderhand vir die wis en onwis en sy het die Woordeboek aangedra…

Deesdae se gerief met Mnr Google, jy hoef nie te ‘blaai ‘en soek tot by letter ‘P’ en woordgrootte kan gestel word, dankbaar die uwe.

Die woord ‘Parogiale’ vanoggend raakgelees in Beeld.

Breyten Breytenbach het Meneer die minister Blade Nzimande -vasgevat of kortgevat!! Netjies in ‘n briefskrywe.

Aanhef ‘Geagte Minister’ , en

waardig geëindig

“met ‘Hoogagting ‘

Die woord Pariogale …Betekenis / Bekrompe, Benepe , Engheid.

Alles oor ons Taalbeleid –

Afrikaans tersprake.

Gaan lees gerus .

14 comments on “Woordeboeke

  1. Una
    Oktober 13, 2021

    Tot my skande ken ek die woord glad nie, WoordNoot.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Oktober 14, 2021

      Ek dink hierdie woord word meestal in Kerkverband gebruik . Aantygings deesdae .

      Like

      • Una
        Oktober 14, 2021

        Dis altyd heerlik om ń nuwe woord by te leer. Manlief dink ek is baie slim as ek die dag so ń onbekende woord gebruik en dan maak of dit dan nou so bekend is.🤭😄

        Like

      • ddupl3ss1s
        Oktober 14, 2021

        Haha , ek sien daar word in Beeld heelwat die brief van Breyten bespreek en waardeer.

        Like

  2. Una
    Oktober 13, 2021

    Ag toggie, daar besef ek nie ek antwoord hier by jou nie, groot ekskuus.🙉💗

    Like

    • ddupl3ss1s
      Oktober 14, 2021

      Ag nee wat altyd lekker om jou te sien Una. Ek ook maar die woord eerste keer van gehoor.. Sien iewers daar is oor selfde brief gekommentaar, ek dink dit was Dana Snyman?

      Like

  3. woestynkind
    Oktober 13, 2021

    Dis nou n groot woord

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Oktober 14, 2021

      Erken ruiterlik , ek het dit versigtig uitgespreek.. sou nie eens die Minister oor sy vingers kon tik met die woordgebruik nie…

      Like

  4. woordnoot
    Oktober 14, 2021

    Ek hoor vanoggend by Jakaranda kleindogter se ander ouma dat sy ‘n woordeboek soek vir haar tiende verjaarsdag!!!! Ek het byna flou geval…..dit was so lekker om te hoor!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Oktober 14, 2021

      Mens!! dit klink soos sprokie wat waar word. Aarde !! Hoop sy kry ‘n verklarende Woordeboek ook op die koop toe… Dankie vir die inloer.

      Like

      • woordnoot
        Oktober 14, 2021

        Ek het twee HAT…nog maar die ou druk, maar sy gaan beslis een huis toe vat….

        Liked by 1 person

  5. Bondelsgedagtes
    Oktober 14, 2021

    Ek kry lus en koop ‘n woordeboek…

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Oktober 15, 2021

      Ek wens ook ek kry nuutste HAT persent… maar daar is ‘n ellelangelys begeerlike boeke teen my yskas gemagneet , elke keer wanneer Alta Cloete vertel van nog ‘n nuwe boek, dan kom dit op my lys…

      Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Oktober 13, 2021 by in Uncategorized.

Blog Stats

  • 33 903 hits
%d bloggers like this: