Woorde

Holkol

Een woord of twee woorde ..

gevolge is dieselfde.

Daardie gevoel wat niks met hongerte te doen het nie.

Ook nie met Depressie nie.

Dalk is daar diegene wat dit so mog ervaar.

Onsekerheid ?

Miskien .

Daardie gevoel voor eksamen – (wanneer jy nou eintlik voor jou siel weet -vandag is die dag waar koring van die kaf geskei word. (Kennis wat in elkgeval nie bekom is nie)

Daardie gevoel van angs wat jy nou nie eintlik kan bepaal is dit die onderbewussyn wat iets vir jou vertel via holkol ?

Daardie gevoel wat naderhand knaend teenwoordig is en jou hande klam en koud laat

– jou kort-kort diep laat asemhaal, in-uit-in-uit ..

hopelik skuif Holkol nie soos dief in die nag longe toe nie.. maar asem ritme is versteur.

Daardie holkol verskuif denke toe..

bedink en oordink en praat jouself moed in sonder woorde.

Die holkol bly nie op een plek sy-sit-sit nie, nee!!.

Sluip so suutjies borskas toe -angsgevoel om die hart.

Die aangesig en gesig word ook aangetas, Van aangesig tot aangesig.

Jy mog dalk breed ‘glimlag’ om holkol nou nie kans te gee om daar ook ‘n voet in te kry nie ,

so sigbaar vir almal om jou .

Mens het ‘n keuse. jy kan vir Holkol huisvesting gee… of nie !

Keuse moet net nie wegkruipertjie speel nie.

Holkol het ‘n sibbe.

Vlinder

Opgeskryf alfabetiese plek in eie reg in Woordeboeke –

nogal verste hoekie vanaf Hol en kol, wat voorrang kry.

Daardie gevoel van vlinders wat fladder..

Dieselfde vlinder- in vlug wat lig aansteek in jou oë.

Wat jou laat skaterlag.

Jou verkneukel.

Teerheid om die hart gee.

Opgewonde maak.

Jy het ‘n keuse ,

trek jou kruisie by regte plek.

* hierdie skrywe is nie oor politiek nie. Dalk , dalk nie..

9 comments on “Holkol

  1. woordnoot
    Oktober 20, 2021

    Ek en Holkol is nogal goeie maatjies…op voornaam terme al…

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Oktober 21, 2021

      Ag ek kon nie weerstaan om darem lekker te lag vir jou spitsvondige antwoord,’n ou oom van my altyd so dramaties verklaar..”Dit bly ‘n neukery!” Die loop lig vir holkol-sindroom.

      Like

  2. perdebytjie
    Oktober 20, 2021

    Uitstekend beskryf… dis presies hoe dit is!

    Liked by 1 person

  3. Lien
    Oktober 20, 2021

    Presies net soos jy sê!!! Daai hol kol is ‘n aardigheid….

    Liked by 1 person

    • Toortsie
      Oktober 20, 2021

      Holkol. Ja. Regtigwaar. Ek hoop nie dis wat jy nou ervaar nie.

      Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Oktober 21, 2021

      Lien, Antwoord ek toe op verkeerde spasie.. was heerlik om jou stem vanoggend te kon hoor…wou sê Ons ma’s het geglo aan soet rooibostee.. nou wil dit nie meer help miskien is dit die sagte stem agter die toemaar my kind, wat ons mis.

      Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Oktober 20, 2021 by in Uncategorized.

Blog Stats

  • 33 903 hits
%d bloggers like this: