Woorde

Die colonoscopy

Slegs vir siele wat heerlik saam kan lag.

Die twee oudes van die Hoekhuis het ‘n mediese probleem wat mens nou nie vroegoggend oor Brekfistafel bespreek nie.

Eintlik – glad nie bespreek met vriend of vyand. Mens mag dalk net in die versoeking val om sekere Politici die prosedure toe te wens.

Mog dalk ook help om van alles of almal ontslae te raak wat soos vyande in die nag loer en net skade berokken ..

Sekere mediese besoeke moet na ‘n jaar herhaal word of 6 maandeliks, afhangende of daar krisis beleef word of nie.

Hy beleef nie krisis maar die oude vrou , wel sy wil al gil wanneer sy die woord OUTO-IMUUN skeet hoor. Hoeveel is daar nog in die Alfabet oor?

Aangesien die twee huweliksmaats is wat ondersteunend teenoor iedereen se kwale is, besluit hulle terwyl hul moet gaan, sal hul met die moed van beide se oortuiging na Noag se ark tesame stap.

Vooraf ter voorbereiding is die Chirurg ingelig, die Hoekhuis Du Plessis’s , vat nou nie twakkies van Kabouters..

tesame word afspraak gemaak-

tesame voorskrif- nogal Lemoengeur poeiertjies,

tesame gaan hulle vooraf vir stok-toets (verpligtend voor opname-Covid toets). die in jou neus tot by jou klein brein.

So bang iemand verstaan die stok storie verkeerd!!

Die oude vrou het al voorheen die neusstok-toets beleef.. die man nie. Sy wag in spanning vir sy reaksie.Sy kom uit die kamertjie met ‘n tranerige oog , onbeheerbare behoefte om te nies.

Hy: Hemel vrou! ek sweer as ek nie my vinger by my hart gehou het nie, het dit tot in my hartkamer ingesteek. Gelukkig kon ek neusgat kies..die ander is so skeef .’ Sy het liewer nie navraag gedoen oor die daad plus gevolg van skewe neusbeen.

So dankbaar die Hoekhuis het twee badkamers en twee trone

Die aanloop is wreed snaaks, veral wanneer die een moeilik loop en nou uit noodweer vinnig moet draf en die ander een loop vreemd -rug reguit soos ‘n jongman in PolisieParade -destyds. Boude ferm.

Mia, die kleindogter aanskou die wedren tussen Ouma en Oupa vir ‘n oomblik ‘What’s happenning Ouma?

“Its so funny, to see Oupa running!!” En sy moedig Ouma soos op ‘n atletiekbaan aan “Run Ouma !! Run!

Ouma sal nou nie Oupa se verbale reaksie herhaal.

Ouma sê nie ‘n dooie lelike woord nie, wens dit net vir iemand in die Parlement toe wat geldwolf is. Hy wil mos siek wees… gee vir hom die goed – hy mag dit meng met Oros, as hy wil, net nie iets sterkers nie. Minstens sal daar na die oefening moontlik lig in die tonnel wees .

Hul deel toe nie ‘n hospitaalkamer nie, hy hoor sy ouvrou se beurt is bepaal.. sy kry voorrang.

Hy loer daar in met sy vreemde uitrusting, klem die gordynrok toe .. agterlangs.

Sy waardeer die besoek vreeslik, net betyds om te beleef waaroor sy kla. Haar woede lê vlak in haar neutbruin oë (klink mooi so tussen haar ellende) Die poging om ‘n aar te vind net so erg as om verlore geld uit staatskas op te spoor..

Na derde poging besluit sy (die Suster) die Narkotiseur sal maar moet soek en vind.Hul plak sirkels en EKG haar , meet en weeg en maak notas van al wat ‘n ding is wat sy ooit oorgekom het.. maak haar stil dankbaar daardie is darem iets uit verlede. Dan vra sy, die nursie, nogals ..Are you sure there are nothing else? noem so paar vreemde goeters .. dan dink sy wie verswyg nou goed tensy jy ook maar wonder waarom wil hul weet van mangels en blinderderm uit kinderdae…

Daarna !! kry jy so gee-nie-n-dinges-om-wat-hul-vandag -gaan-doen pilletjie. Dan ry jy gemasker gehoed plus vreemde bloemertjie en grysjasrok na die plek.Daar grawe die Narkotiseur ‘n aar uit , kwaai stem lê stil, dun aar ..!!! toe was daar onweerstaanbare behoefte om te skree, besef jy daardie hand wat jy in so greep het, se duim is rond geswel van RA en moenie so klop aan die hand of iemand vir jou deur gaan oopmaak..

Iewers het sy wakker geword, die koffie was heerlik, geen behoefte vir die ete wat voorberei was.

Suster kom lig haar in, die man lê weg aan sy ete en sommer dadelik weer geslaap.. Sy kry hom jammer wakker te maak vir huistoegaantyd.

Sy word later uitgestoot met rystoel, asvaal.

Die bestuurder bestuur soos een met te hoë alkoholvlak neuk al muur toe.. die verskoning sy bene edeldierbaarste lam en bewerig . Die nurse rangeer darem die trein..No Sir No sir.. not there sir..

Die dogter van die twee oudes vra later , kan julle twee al lêers sê? (een of ander vreemde meesleurende s-klank was vir die Kind baie snaaks)

Weet julle , julle is so snaaks as julle op ‘n trip is…

Nee ons weet nie van die lêer inligting???

Die twee ruil nusies uit..

Hy: Weet jy daar is gaping uit my lewe uit weg, Ek wil weet wat het aangegaan. Hoekom dit en daardie en doerie.. hoekom kan ek wragtag nie onthou ek het ge-eet en wat ek ge-eet het nie. Vrou !!, Wie de donner het my tande in my mond gesit.. en my bril? Wie het my aangetrek?’

Ek wou nog vra oor die bloemertjie of hy dit nog aangehad het….

Later die aand met uittrek, Vrou!! hier sit twee tiete wat ek nie voorheen gehad het nie!!

(die plakkers vir hartritme het iewers tuisgevoel so na-aan sy hart.)

  • hierdie is nie mediese artikel. Hierdie is beste medisyne waarmee die oude vrou haarself en haar genote in die eg genees..HUMOR.

7 comments on “Die colonoscopy

  1. Una
    Oktober 27, 2021

    Ek is vreeslik jammer Dirkie, maar ek het baie vir jou skrywe gelag. Veral omdat ekself al deur 2 kolonoskopies is, vind ek hierdie baie amusant. Bly dis nou verby, vir julle albei se onthalwe.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Oktober 27, 2021

      Nee wat dit is juis geskryf met die idee om die snaaksigheid in so situasie te beleef… Hy het paar jaar gelede colon kanker gehad, moes paar keer na tydperke die ondersoek deurleef. Noodsaaklike ondersoek maak dit prettig en dit gaan vinniger verby. Ek hoop dit gaan goed met jou.

      Like

  2. woordnoot
    Oktober 27, 2021

    O hoe lekker lag ek nou….daai twee plakkers!!!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Oktober 28, 2021

      Die reaksie so drogies , hand al vroetelend onder sy hemp..was vrek snaaks…

      Like

  3. HesterLeyNel
    Oktober 27, 2021

    Dirkie, so ‘n prosedure sal my bene ook lam en bewerig maak. Ek is bly julle is darem albei daardeur en het met ‘n intakte sin vir humor aan die ander kant uitgekom.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Oktober 28, 2021

      Ek aanvaar jy is bevoorreg en het nog nie die storm en drang beleef, man ek sal aanbeveel indien herhaal moenie twee-twee die lemoenpoeiertjie drink, maar o toe ons darem gecheer word Run run van Mia se kant het ons lag lag die pad geloop…!!

      Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Information

This entry was posted on Oktober 27, 2021 by in Uncategorized.

Blog Stats

  • 33 903 hits
%d bloggers like this: