Woorde

Stroopsoet

Gister het ek die Koffiekan op my FaceBook blad geplaas.

stroopDit is van porselein gemaak. Ek vermoed dit was ‘n baie beperkte voorraad met herdenking van die oudste stroop Lyle’s Golden Syrup.

Hierdie stroop is dunner as die gewone stroop , het vir my persoonlik ‘n sagter smaak . Heerlik op so warm geroosterde broodjie. Die stroop is ook die enigste een wat die Bybelraaisel op sy embleem aangebring het . Ek haal uit Afrikaans aan :

Rigters 14vers 14 “Spys het uit die eter gegaan en soetigheid uit die sterke.”

stroop1Die raaisel wat Simson tydens sy 7 dae huweliksfees aan die Fillistyne gevra het. (Bruilofsgaste – manne) Die raaisel moes opgelos word na 7 dae – wedersyds was daar beloning van klere indien hulle die antwoord kon kry.. Lees gerus die verhaal .

Ek weet nou nie hoekom die oudste stroop Maatskappy in Engeland nou op hierdie embleem besluit het nie, maar dit bly altyd lekker om te vertel  van die enigste stroop met Bybelteks .

stroop3 stroop2Hierdie afbeelding bo aan die gebou van die Lyle’s fabriek.

9 comments on “Stroopsoet

  1. scrapydo
    Mei 20, 2014

    Dit is nou waardevolle en interssant inligting. Ek hou ook die meeste van die leeu-stroop

    Like

    • ddupl3ss1s
      Mei 20, 2014

      Ja die Simson -verhaal – ek het maar die keuse aan mense oorgelaat om self te gaan lees indien hul sou wou. Maar ek dink dit is ook enigste stroop met die Queen embleem op blikkie. Sien deesdae mens kry dit in plastiese botteltjies.

      Like

      • scrapydo
        Mei 20, 2014

        Oh no, die ewige plastiek tog. Hier kry mens nie leeu stroop nie!

        Like

  2. melouisef
    Mei 20, 2014

    Pragtig! Die koffiekan.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Mei 20, 2014

      Het gesien so ewe vertel hul daar..jammer klaar uitverkoop.. daardie teelepeltjie deksel is iets besonders.

      Like

      • melouisef
        Mei 20, 2014

        Ek sou so ene gelief het, ek het juis n versameling teepotte! Ja die goue lepeltjie

        Like

  3. rondomtaliedraai
    Mei 20, 2014

    Oulike pot…

    Like

  4. perdebytjie
    Mei 20, 2014

    Die leeu op die fabriek se fassade,lyk vreeslik uitgeteer..seker oor al die soetigheid uitgehaal is.Lekker storie!

    Like

    • ddupl3ss1s
      Mei 20, 2014

      Dit is daardie dooie leeu wat Simson die sterke doodgemaak het.. maar dat bye ‘n nes daarin gemaak het en sommer al heuning vir Simson se terugstap voorsien het na sy kuiers .. vinnige bye of laaaang kuier.

      Like

Lewer kommentaar

Information

This entry was posted on Mei 20, 2014 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 36 573 hits