Woorde

Bloguitdaging – LANDSKAP – @Zeppie.

Op daardie hoogte het ek gestaan.

Ek onthou die wind.

Ek onthou die reuk van .. bos en blaar en grond ..nie stof nie ..grond.

Ek onthou die klank van  diere  en voëls wat vêr aangeswewe kom..

Ek onthou my gevoel van nietigheid .

Links gedraai .. regs gedraai .. omgedraai .. rondom  so vêr as my oog kon sien  was die landskap voor my uitgestrek.

Opgedeel in collage

SAMSUNG CSCmaar die landskap praat tog ‘n ander taal  in  ‘n geheelbeeld-

SAMSUNG CSCEk wou nog vertel kliek op die foto en loop so met die grondpaadjie langs of kliek op die bosse ..dalk sien jy bok of olifant of valk…

 

14 comments on “Bloguitdaging – LANDSKAP – @Zeppie.

  1. perdebytjie
    Junie 25, 2014

    Dis pragtig!Jy het my nou ver weggevoer.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Junie 25, 2014

      Baie dankie Perdebytjie .( foto tydens ons vakansie Addo Olifantpark )

      Like

  2. Net Ek
    Junie 25, 2014

    Ek het nogal vandag so begeerte om net so tot stilstand te kom erens.

    Ek het darem so rukkie gaan stilstaan op jou hoogte. Dankie. :-)

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Junie 25, 2014

      Ag dit is nou mooi ..die tot stilstand kom, die wind raas mos anders as mens so hoog staan woerrr so om mens se ore…Dankie vir jou kuier

      Like

  3. rondomtaliedraai
    Junie 25, 2014

    So mooi soos altyd Dankie vriendin

    Like

    • ddupl3ss1s
      Junie 26, 2014

      Dankie vir jou ook Tina ..die uitdagings idee (onderwerpe) bly altyd iets om na uit te sien..laat my grysstof darem in oefening bly.

      Like

      • rondomtaliedraai
        Junie 26, 2014

        Die belangstelling is nie meer so baie as in die begin nie en ek wil nie mense irriteer nie

        Like

      • ddupl3ss1s
        Junie 26, 2014

        dalk is mense almal in winterslaap … soos in stram van die koue .. dit vlam dalk weer op met seisoensverandering

        Like

      • rondomtaliedraai
        Junie 26, 2014

        Ek weet nie Die Litnet ding het almal geknou Alles lyk so anders hier. Dit voel vir my so oop en uitgelewer

        Like

    • ddupl3ss1s
      Junie 26, 2014

      Tina, ek het jou op fbook ge -boodskap…gaan loer maar .

      Like

  4. scrapydo
    Junie 25, 2014

    Pragtig! Voel die wind en die stillte aan terwyl ek af kyk op die landskap

    Like

Lewer kommentaar

Information

This entry was posted on Junie 25, 2014 by in Bloguitdaging.

Blog Stats

  • 36 573 hits