Woorde

Die Hoekhuis se mense

Soms wonder ek oor hierdie mense by  die Hoek se  Hoekhuis.

Sodra hulle spanning beleef dan begin hul ewig die humor sien in dinge. Miskien nie humor nie! Nee wat sommer net verspot giggel. Noodweer. Soms gebeur dit :-

iemand  hoor van die ellende van Kanker wat kom nesskrop het by die Hoekhuis -vertel  een met asemhaling en klem-  snakkend van die gruwelikste gruwels van leiding met klem en met verduidelikings van oom se neef se agter-agter tante  , wat die Kanker gehad het !..en die BLOEDDD!!

Vertel die man des huises plegtig met groot erns , Maandag na die uitslae bekend gemaak is  ” Laat een donner nou weer vir my kom gruwels vertel! ek … ek !!!! ”

Jammer , Ek is oordentlik ek gaan nie vir jul vertel waarmee dreig hy nie, EN watter woordeskat hy gebesig het nie.

Die Hoekhuis se mense is verskriklik dankbaar vir gebede en empatie , soms is die uwe half bly die Kinders van die Hoekhuis het dit nou nie aangehoor nie..

.”Here en laat die kinders nou nie dink Pa gaan nou dood nie, hy gaan net vir operasie…” so doodernstig word vir die Liewe Here gerapporteer .

Nou ja hierdie kinders mog hul dalk vervies het, die Liewe Vader het seker maar my glimlag so met toe oë gesien, jammer  ek sê mos spanning doen vreemde dinge aan my, ek aanvaar dit was opreg bedoel..die gebed. Dit was nou genoeg oor kanker..

Gister kry die Kind wat met voete werk ‘n pasiënt wat ontstellende bloedsirkulasie probleme na haar groottoon het, verkleur al so dat daar nie meer hoop is vir red nie. Sy beveel hospitalisasie aan by ‘n buurdorp se Hospitaal. Die dame vertel plegtig haar dogter sal haar nie neem nie.

Die besorgde voetemens,  verduidelik as sy nie gehospitaliseer word nie gaan sy haar voet verloor terwyl sy nou net  moontlik haar toon kan verloor.

Nee wat , geen oortuiging nie.

Dit is toe wat die kind met die blitsbruin oë na die dogter in haar Ma se voertuig stap, en mooi verduidelik en wragtag die kind sê sonder blik of bloos sy kan nie-  en gaan nie haar ma hospitaal toe neem nie.

Ek is heilig oortuig my Kind sal eendag in die Hemel kom al is dit net oor haar barmhartigheid. ” Ma , ek gaan nou my goed pak, die vrou saamneem ek het alles gereël, by Hospitaal .. ek vat haar saam buurdorp se Hospitaal toe.” Hmm.

Ek erken plegtig toe die pasiënt se  dogter hier instap,  met haar ma en die gepakte tassie klere , het ek haar morsdood gekyk dat net haar tatoëer merke teen haar nek oorgebly het.. (om enige wanindruk te besweer..hulle is skatryk .. siestog ook maar net finansiëel)

Mia en haar Ma en die vrou van die dogter met die prentjies teen die nek-  ry plegtig hier weg met so verlaas ‘n  sagte fluister in my oor  ” Ma as ek oor 45 minute nog nie terugrapporteer nie, stuur soekgeselskap”

Vertel ek vir die Pa des huises van die versoek ..skop hy stomme Mia se pienk en plesierige bal met soveel krag en frustrasie dat dit amper afblaas.. verklaar hy “hierdie kinders van ons gaan ons gedaan maak!”

Sy het toe terug gerapporteer met die komiese byderhand. ” Ma toe ons voor by Hospitaal ontvangs staan , wil Mia van my heup af. Ek laat haar langs my staan. Gaan staan sy  skielik hande viervoet by my pasiënt se enkels en begin so brabbel en giggel.

Daar sit toe so om haar enkel Tweetie bird tatoëer prentjies..! en Mia gesels en gesels ..” Mia leer deesdae ook van reg en verkeerd en van mooi maniere .. toe haar nefie Kian (3maande) nou die dag so lekker melk ‘burp’ met genoegsame byklanke en borrels maak , kyk sy hom  vas in die oë en sê geskok “Siesss! Ek sê mos.. ‘elke donker wolke het ‘n silwer randjie’ Rustige dag en ‘n kalm gemoed vir almal.

23 comments on “Die Hoekhuis se mense

  1. Tannie Frannie
    Februarie 18, 2016

    Jy beskryf so kostelik – ek het omtrent gesien hoe wip Mia se “pienk en plesierige” bal!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Februarie 19, 2016

      Frannie, nou dat ek wil blog sukkel ek so om net my blog oop te kry dan word my sinne by alles nie netjies geparagraaf nie.. aggenee!! Ons sukkel steeds met ons internet /telkom probleme. Dankie dat jy saamlees.

      Like

  2. Orange Blue
    Februarie 18, 2016

    Ek lief jou voetedogter, sy so na my hart.

    Liked by 1 person

  3. Toortsie
    Februarie 18, 2016

    Ek verstaan die humor in die krisisuur. Dit dra ‘n ou deur, jong.

    Liked by 1 person

  4. Toortsie
    Februarie 18, 2016

    Ek dink ek hou van die mense by die hoekhuis.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Februarie 19, 2016

      Ek is nederig dankbaar vir jou antwoord,, die oomblik as die inet en telkom krisis se wa ook deur die drif is,, sal ek beslis minder sit en bloedsweet om iets gepubliseer te kry.

      Liked by 1 person

  5. vuurklip
    Februarie 18, 2016

    Dis nie vir sissies nie. Hoop julle hou uit!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Februarie 19, 2016

      Ai Vuurklip, ons was erg geskok ,,regtig nie gedink na die eerste kanker belewenis sal ons nou weer die pad moet loop en dit nou ander orgaan nie! Ons probeer almal in hierdie huis kalm te bly ..sommiges se swaarkry net meer sigbaar . Groetnis daar.

      Like

  6. scrapydo2.wordpress.com
    Februarie 18, 2016

    Ooooo elke dag het sy eie dinge! Is dit nie hoekhuis se groot baas wat intale spreek nie is dit die kleine juffertjie wat haar mening uitspreek. Tussenin moet die moeder van die huis vrede bewaar so vêr sy kan sonder om te laat blyk dat sy die situasie(senuweeagtig!) geniet. Lekker gelees vriendin. Daar is beslis altyd n silwer randjie iewers. Hope liefde vir jul alger.

    Liked by 1 person

  7. ddupl3ss1s
    Februarie 19, 2016

    Dankie vir al die liefde , Scrapy. Soms moet mens grawe vir so ou laggie en dadelik gaan nota maak..spanning het die geneuk dat ek moeilik konsentreer.

    Like

  8. Christina B
    Februarie 19, 2016

    Ek raak some net so aan die giggel in tye van spanning, dis seker maar “oorlewingstaktiek”. Jou voete-dogter se hart is goed, jy kan trots wees op haar.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Februarie 20, 2016

      Christina iewers het ek jou geantwoord, ek vermoed ek het in my verstrooidheid dalk nie publ kommentaar gedruk nie, Baie dankie , die Kind moet soms aangespreek word anders help sy elke siel teen minimumkoste.Sy het wonderlike talent om met volwasse gestremdes te werk en Bejaardes. Sy loer darem na haar ma en pa se voete ook en kla ek is ‘n moeilike pasient.. ek steun en kreun op daardie ondersoek smal bedjie en eina kliphard as daardie ‘grindertjie’ my hakke vuurwarm skuur…

      Liked by 1 person

  9. perdebytjie
    Februarie 19, 2016

    Pragtig geskryf…alles so in een paragraaf met die gebeure wat so in rye volg.Ek sou iets anders geskop het as ‘n bal….daardie tattoeëer antie se agterent!

    Liked by 1 person

    • HesterLeyNel
      Februarie 19, 2016

      Nee! Ek is geskok deur sulke geweldadige neigings! Maar ek staan reg agter jou in die ry vir my skopbeurt … haha

      Liked by 2 people

    • ddupl3ss1s
      Februarie 20, 2016

      Ek kan darem noem alles was mooi in paragrawe gespasiëer. Nee gits ek hou nie daarvan as my formaat sommer verander word deur masjiene in kuberruimte nie. Die kind het intussen vir die pasiënt gesms oor haar vordering.. ek wonder of mense besef hoeveel kere het sy al wakker gelê oor tone en voete wat vodde is.

      Liked by 1 person

  10. rondomtaliedraai
    Februarie 19, 2016

    Ai toggie… *drukkie* … hou de moed daar maar in het my wyse ou moeder gesê

    Liked by 1 person

  11. ddupl3ss1s
    Februarie 20, 2016

    Aaa, dierbaar die onthou van ‘n vergange uitdrukking- dankie Tina.

    Like

  12. ddupl3ss1s
    Februarie 20, 2016

    JohannaVr en HesterLeyNel .. ek het jul kommentare ontvang een in spam en een slegs op my Tablet, miskien sal dit weer terugspring op hierdie blad ..iewers sweef dit rond. Ek het dit aanvaar vir publisering. Weg soos spioene.. ek waardeer albei van julle se kommentaar, ek waardeer jul meelweing en Hester ons twee sal goed vaar in sokkerspan .. skop-skop.

    Like

  13. Kameel
    Februarie 20, 2016

    Jammer om te hoor van jou man Dirkie…. laat my sommer nou dink aan daardie bybelvers “Who knows a person’s thoughts, except their own spirit within them.” Dink nie as buitestaander besef ons wêrklik waardeur ander gaan nie. Jou dogter is ‘n engel, en die pienk bal het my laat glimlag.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Februarie 23, 2016

      Baie dankie Kameel, Ek waardeer altyd om jou te lese te kry. Groetnis.

      Like

Lewer kommentaar

Information

This entry was posted on Februarie 18, 2016 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 36 561 hits