Om te blog ? Is die Groot Vraag..

Voordat ek ‘n slim mens aanhaal  met  sy toepaslike aanhaling oor skryf en woordgebruik –  plus  ‘n foto en prentjie  , moet ek my rede weergee.

  • Ek blog..    :  bloot omdat   dit is so lekker is-  om darem iewers ‘n plek te hê om oor my huisgesin, familie  en vreemde siele , ‘n mening te lug. Binne perke.
  • Ek blog ..  : omdat ek lief is vir woorde. Buite perke.
  • Ek blog..   :omdat ek daardeur ander mense se menings,  sienings en talente  kan beleef. Binne en buite perke.
  • Ek blog..  : omdat ek iewers my woorde moet gebruik , dit is soos terapie, hoewel ek oor hartseer kan blog…    – maar tog nie oor woede en teleurstelling nie.Ek kan nie eintlik so lekker skel op ‘n blog nie! Binne Perke.
  • Ek blog ..: want ek kan nie in my geselstrant  en kommunikasie met huisverwantes – genoeg  gebruik maak van …. en !!!!  en ???? in my stemtoon nie…. begryp jy ?  Ek moet blog. Binne en Buite perke.
  • Ek blog..  :  omdat dit my onbeskryflik vreugde verskaf , as ek my humor op ‘n blog kan weergee  en dit soms regkry, veral as my Kinta en Geliefde  hul slap lag oor iets wat ek geskryf het, want hul lag nie onnodig nie…..iets moet vrek snaaks wees.
  • By litnetblog begin blog , soveel mense leer ken en geniet, mens loop mos weer terug op bekende weë, al was daar wragtag dorings en distels.

Nou die mens  -Verlyn Klinkenborg  –  Hy het gesê :

 

” YOUR JOB AS A WRITER IS MAKING SENTENCES.

YOUR OTHER JOBS INCLUDE

FIXING SENTENCES, KILLING

SENTENCES, AND ARRANGING

SENTENCES.’”

Ek blog  om sommer vir jou hiervan te vertel, van bostaande aanhaling… is dit nie interessant nie?