Woorde

Woorde – woordeliks – maar definitief nie -woordarmoedig nie.

Iets omtrent Elize Cawood laat my aan my vriendin dink. As ek na haar luister ,dink ek  aan vriendin. Haar stemtoon.  Daardie droë humor wat skielik tevoorskyn kom. Miskien is dit net  vir my snaaks. Sy (Elize Cawood) noem dat PG duPlessis   (dêm jammer hy’s nie van my familie nie) moeilik skryf. PG skryf glo nie “hoe gaan dit nie .. hy skryf twee paragrawe hoe dit gaan” Woordmense die een skryf en die andereen verwoord  die woorde hoorbaar.

Ek lees koerant  en verstom my tot in geskoktheid  oor mense se ellende en vermetelheid.  Genadiglik,  is daar darem altyd die genietinge so bolangs van opskrifte. Ag ek weet , ek weet dit is vir aandagtrek daardie nuuskierig maak  om meer te weet te wete te kom ..kon darem nie weerstaan om te glimlag met die opskrif :

KEN JOU VETSURE EN ROOKPUNT

Dit is nou wanneer ek humor raaksien in iets wat niks met my vetsure en my rookpunt uit te waaie  het nie.

Nietemin

Dit is vandag Woensdag 21 Mei 2014  en die Vaaldriehoek se vrot besoedelde lug hang nog swaarder oor ons  -saam met wolk en reëndruppels en herfsblare …

 

6 comments on “Woorde – woordeliks – maar definitief nie -woordarmoedig nie.

  1. rondomtaliedraai
    Mei 21, 2014

    Lekker hier gereen vannag

    Liked by 1 person

  2. perdebytjie
    Mei 21, 2014

    Jy moet hoor hoe hoes die voëls hier van die rookdampe!
    PG is ‘n ongelooflike skrywer.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Mei 21, 2014

      Wat ek van hom hou hy’s eerlik, erken sommer reguit als waar fout gegaan het, soms is die man volgens my effe waaghalsig met sekere menings.. jitte kyk hoe mooi en oordentlik stel ek dit darem nou!!

      Like

  3. Lewies Mymer
    Mei 22, 2014

    Dis oor Elize ook ‘n Vrystater gebore is, daar uit Viljoenskroon se wêreld.

    Liked by 1 person

  4. ddupl3ss1s
    Mei 22, 2014

    Ag nederig dankbaar voel ek oor ‘n mede Vrystater en dan het die Cheetahs se spel verlede Saterdag Iemand in hierdie huis weer laat glimlag. Dankie vir die inligtng Lewies.

    Like

  5. Wietz Marais
    Mei 30, 2014

    Moet sê ek sou ook gelaaik het om vir Oom Piet (P.G. du Plessis) vir ‘n oom te hê. Ek neem hom maar aan as my oom. Stem nie saam dat hy sê hoe-gaan-dit in twee paragrawe nie. Een van die mees inspirerende dinge van hom is sy besonderse manier om baie te sê met min woorde. Die geheim van goeie prosa! Dis waar ek my inspirasie vandaan kry.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Information

This entry was posted on Mei 21, 2014 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 36 573 hits