Woorde

Het jy geweet daar is soveel Biblio….

biblio

Dit is Saterdag , my boekleesdag. Ek het deur die lysie van al die biblio-siele  gelees. Ek verkies maar die een wat lief is vir boeke.  Kies gerus een wat by jou pas.

Ek lees  op die oomblik ‘n  boek.  Net in daglig.  Ek mag dalk heeltyd wonder oor geluide in die huis as ek dit in die aand lees. Ek het nog nooit voorheen iets gelees van Madelein Rust nie.

die_dertiende_kaartAs jy nou graag wil weet ..dit gaan oor Belia , ‘n forensiese sielkundige wat deel is van ‘n span speurders wat ‘n reeksmoordenaar moet ontmasker. Eerste keer wat ek ‘n boek lees wat so geskryf is met behulp van die moordenaar se liefde vir leidrade met  tarotkaart afbeeldings. “Profilers” is ook vir my nogal interessante beroep. Hoewel ek dink diegene wat peuter met ander mense se denkwyses( reeksmoordenaars), moet ligloop voor hul uitmekaar val.

blog biblioLees gaan ek beslis verder lees, al dink ek die vrou(Profiler) is stupid sy kon mos al bietjie begin wonder het oor …. nee wag gaan koop die boek en lees.

 

11 comments on “Het jy geweet daar is soveel Biblio….

  1. Lewies Mymer
    Augustus 2, 2014

    Ken nie van Madelein Rust nie, wel Riette Rust, en sy skryf nie oor moord nie!!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Augustus 2, 2014

      By Alta Cloete se facebook groep van “Kom ons lees Afrikaans ” die boek se advert gesien. Ek hou van speur/spanning/moord / verhale. Grote griet maar ek klink erg.. (!!) Lees gerus en laat weet hoe jy boek vind, net vir my bietjie erg -die reeksmoordenaar se agressie.

      Like

    • ddupl3ss1s
      Augustus 2, 2014

      Ek wou nog byvoeg..google gerus oor haar – ek dink sy is Bedryfsielkundige – die resensie is op Litnet deur Madri Victor gedoen, Nie self ressensie gelees- ek verkies eers te lees dan sal ek haar resensie beloer.

      Liked by 1 person

      • Lewies Mymer
        Augustus 2, 2014

        Ek het gou gecheck–sien ons bib het hom. Sal dit lees.
        Oor die biblio–voeg by -tekaris, my jop vir 40 jaar, 34 daarvan in Klerksdorp..

        Liked by 1 person

      • ddupl3ss1s
        Augustus 2, 2014

        My gits Lewies! Klink vir my soos hemel op aarde om -tekaris te kon wees. Nou net die boek klaar gelees. Hoop jy vind dit interessant.

        Like

    • rondomtaliedraai
      Augustus 2, 2014

      My liewe wêreld hier dink ek jy is die hoogs slimme Wiskunde man!

      Liked by 1 person

  2. kellyseblog
    Augustus 2, 2014

    Al die “biblio’s-” is interessant! Ek het ook altyd in die nag gele en luister na al die geluide. Dis nie 3 jaar wat ek dit nie meer doen nie, en dit is onbeskryflik wonderlik om daarvan bevry te wees.

    Liked by 1 person

  3. katrina
    Augustus 2, 2014

    ‘n Hele biblioteek vol biblio’s :-D

    Liked by 1 person

  4. Net Ek
    Augustus 4, 2014

    Interessante biblio lysie!

    Jou boek is beslis op my lysie!

    Like

    • ddupl3ss1s
      Augustus 4, 2014

      Laat weet hoe jy’t dit gevind hoor. Ek het agterna eers die resensie by litnet gelees, ek het al te veel kere vooraf resensies van nuwe boeke gelees en dit beinvloed my beslis.

      Like

      • Net Ek
        Augustus 4, 2014

        Ek sal beslis laat weet Dirkie!

        Like

Lewer kommentaar

Information

This entry was posted on Augustus 2, 2014 by in lees.

Blog Stats

  • 36 619 hits