Woorde

Snippermandjie vol drome.

  • Sy droom van netwerke
  • van www.
  • van wordpress .com – Kan jy glo?
  • van skakels

Sy droom haar so moeg..tot wakkerwordens toe.

Sy staan maar op. Sluip ganglangs.

Maak koffie.

Gaan sit agter die sleutelbord – in donkerte.

Die skerm  al lig op haar moeë gesig.

  • Sy lees ander mense se woorde  en wonder oor haar droom. Sy kan nie die ‘link’ onthou, wat sy nogals wou onthou, nie .

Weet jy hoe skrik mens as daar skielik sjpuuuut-klank  so neffens jou blaas!

Wanneer  jy nou dink jy’s al siel wakker in die Huis op die hoek?

Daardie spuit aroma kannetjies( wat nou seker nog ‘n groter gat maak in osoon)  wat na babapoeier ruik of laventel of iets dergelyks,  wat so elke aantal minute staan en blaas so asof iets onwelriekends speurbaar raak.

Nee sy lag toe nie vir haarself nie.. net gehoor sy sê kliphard “Dêm kannetjie!” Toe storm haar dik hondjie agter die skrikstem in die donkerte aan en blaf bewend , vir iets wat hy ook nie weet of dit blafwaardig is nie..en haar Lilly kat skuur troostend teen haar been .

Sy in haar oorgrootkamerjas , sit en wonder hoekom het sy heelnag die skakel oor en oor herhaal aan iemand so wasig ..volgende keer moet sy tog onthou om met haar bril te gaan slaap. Die mens ..die wasige mens, sonder stem wat so graag  die skakel wou hê.  Waarheen?

 

 

 

 

 

 

13 comments on “Snippermandjie vol drome.

  1. rondomtaliedraai
    September 13, 2014

    ‘n regte nagmerrie

    Like

    • ddupl3ss1s
      September 13, 2014

      nee darem nou nie my hartkloppings gegee nie.. ek’s nou moeg en ek wonder oor my onderbewussyn en die wasigheid..

      Like

      • rondomtaliedraai
        September 13, 2014

        My bloedrukmedisyne is die oorsaak van my drome

        Like

      • ddupl3ss1s
        September 13, 2014

        Ek word so vies oor al die newe effekte van medikasie -miskien moet jy vir jou GP dit noem.. dit kan natuurlik gout ook veroorsaak . Cholesterol meds is ‘n pes.. 7jaar se probleme.

        Liked by 1 person

      • rondomtaliedraai
        September 13, 2014

        Sy trek haar skouers op!

        Like

  2. dolosgooi
    September 13, 2014

    Jinne, ek het net so vrot geslaap en tussenin net so gedroom. Nou twee aande al.

    Like

  3. scrapydo
    September 13, 2014

    Ek dink dis maar seisoen en mens gebonde die middernagtelike drome, helderheid en dan verdwyn als weer. Ek dink ek moet nou eers kyk of daar rugby uitgesaai word hier iewers!(Wraggies nerens!)

    Like

    • ddupl3ss1s
      September 13, 2014

      aggeneeee .. vir die rugby!!

      Like

      • scrapydo
        September 13, 2014

        Die wedstryd is hier in Wellington en ons kry vertraagde uitsending later!

        Like

  4. perdebytjie
    September 13, 2014

    Jy skryf dit so oulik!

    Like

    • ddupl3ss1s
      September 13, 2014

      Dankie Perdebytjie ..eintlik skryf ek soos ek praat.. soms moet ek gesigskonstruksie toepas op my sinsbou en taalreëls .

      Like

Lewer kommentaar

Information

This entry was posted on September 13, 2014 by in insomnia.

Blog Stats

  • 36 561 hits