Woorde

Almanak of Kalender ?

In ons huis het my Ma altyd van ‘n Almanak gepraat .

Albei van Almanak tot Kalender word in HAT gebruik – vinkel en koljander.

Ek het eendag tydens ons vakansie vir my  ‘n Kalender gekoop , gedruk op herwinbare papier – bruinpapier waarmee ons lank terug boeke oorgetrek het.

Elke maand het ‘n  fyn penskets neffens die maand. Buitelyne van  naakte vrouefiguur.  Elke dag het ook ‘n wysheid of inligtingstukkie by. Sommige vreeslike stroperig, sommige dae  interessante  inligting soos dat Amandels deel van die perske familie is. Feit? ek weet werklik nie.   Op die koop toe sien mens darem ook wanneer  dit volmaan is.

As hul jou nou so ewe vra by die 16 de “Wat het jy gister gedoen wat noemenswaardig is?” dan besef ek miskien moet ek meer bewus wees van my doene en late. Die  minusse en plusse , dit laat mens dink . ‘n Dag verby en ek kan wraggies nie eens rekenskap gee van iets noemenswaardig nie! Gister ? Ek het vir Mia opgepas en haar probeer vermaak – dit wil gedoen wees , dit vertel ek jou. Vermaak bietjie ‘n baba van 4 mnde ! Breinoefening se Moses.

Vandag en Môre  het iemand hierdie wysheid kwytgeraak en is dit belangrik genoeg ge-ag om gedateer te word . Moontlik vind jy dit leersaam of  laat dit  jou minstens daaroor bespiegel-

“Ek het geleer dat, bloot omdat twee mense stry dit nie beteken dat hulle mekaar nie liefhet nie

en

net omdat hulle nie stry nie,

beteken nié  dat hulle mekaar nie lief  het nie!”

Hmm, laat jou dink en my  tot die slotsom laat kom – stry maar dit is aanvaarbaar , net nie baklei nie -dit is nié vinkel en koljander nié.

 

Toe baar sy ‘n blog , die ouvrou met die kamerjas  van die huis op die hoek  met die Sederbome .. wat dankbaar nie gister tydens die woeste storm omgewaai het nie! – en dese Sederbome is nie in doeriejare se Waterkloof nie.

Dit is Vrydag die 24ste Oktober 2014 op my Almanak.

 

kalender okt

13 comments on “Almanak of Kalender ?

  1. Spokie sny spoor
    Oktober 24, 2014

    Ag, ek like jou griffels. So menslik. In ons jong dae kon jy wyshede binne die papier van chappies lees? Is dit nog so? Ek kou nie meer chappies nie …

    Like

  2. ddupl3ss1s
    Oktober 24, 2014

    Ek wonder of mens nog chappies kry? Dankie vir ‘like’

    Like

  3. Olga
    Oktober 24, 2014

    He he he. ‘n Seder val in Waterkloof. Kalender was in ons skooldae mos sommer ‘n lelike anglisisme. Ja, mens kry nog Chappies. Vir ‘n lywige 50c elk. Ek onthou van ‘n tyd toe ons twee vir 1c gekry het.

    Like

  4. ddupl3ss1s
    Oktober 24, 2014

    Hallou Olga.. ek het altyd gedink ons het Dennebome om te hoor nee ons is bevoorreg dit is Sederbome/ Baie ou bome, staan so skewerig , hoop nie hul foeter om op ons huis nie..dan sal ons plat wees.

    Like

  5. rondomtaliedraai
    Oktober 25, 2014

    hehehehe vol wyshede vandag.
    Lekker naweek

    Like

    • ddupl3ss1s
      Oktober 25, 2014

      Ek het uiteindelik my bril gekry … na 4 weke plus!

      Like

      • rondomtaliedraai
        Oktober 25, 2014

        Oooooo nou gaan die vrou ontwaak! Ek is bly vir jou

        Liked by 1 person

      • ddupl3ss1s
        Oktober 25, 2014

        Ontwaak ? Hoekom wil ek nou sing ‘ontwaak jy wat slaap en..” toe klink dit skielik in my ander oor ‘nog bietjie slaap nog bietjie sluimer” ek het groot dosis prekerigheid vanoggend .. sal maar sien wat herreis uit die stof… stof van nadenke ! Ek raak net erger..

        Like

      • rondomtaliedraai
        Oktober 25, 2014

        O hel nou gaan jy weer wegspring want jy kan al die stof orals sien.

        Like

      • ddupl3ss1s
        Oktober 25, 2014

        Jy! ..ha .ha .. moenie so van die hel neffens my praat nie!

        Like

      • rondomtaliedraai
        Oktober 25, 2014

        Ek onthou maar net hoe jy die wasgoed as verskoning gebruik het … sug…

        Liked by 1 person

  6. Tannie Frannie
    Oktober 25, 2014

    Ek kuier so lekker hier op jou blog! As jy dink ‘n baba van vier maande is veeleisend – wag tot sy elf maande oud is :grin:

    Like

Lewer kommentaar

Information

This entry was posted on Oktober 24, 2014 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 36 571 hits