Woorde

Blits

Blits soos in blitsvinnig – nie soos in weerlig slaan neer nie!

Hoewel!!

As my kind (die dogter) vir my ‘n  Whatsapp boodskap stuur en sy begin met “Ma?” of “Mammiekie” dan weet ek wat is haar gemoedstoestand. Daardie verkleinwoord-benaming , hmm, dit klink vir my na bietjie heuning om die mond.  Behoede as sy die dag begin met ”  ek het my byna doodgeskrik!!” dan verkies dese Moeder liewer die verkleinwoord aanspreekvorm.

Mia daag die lewe uit, haar kreatiwiteit behaal hoogste hoogstes. Haar Moeder en haar Ouma, menig dag snakkend en hygend na asem en kalmte. Klim en klouter verskaf aan Mia matelose vreugde.

Ek kry die blitsboodskap.

Liewe hemel ek het my doodgeskrik..

Ek kom by die huis. Dit reën. Die huis ruik na hond..(hulle veterhonde – ter verduideliking).

Ek hang die wasgoed oor die ‘clothes horse’ en gooi  ander in tuimeldroër.

Die skuifdeur is op skrefie oop. Dit ruik steeds hond.

Ek maak agterdeur oop. ( na veilige binneplaas)

Dit ruik steeds hond.

Ek maak voordeur oop -veiligheidsplank voor die opening ( so grootmens kniehoogte dwarsplank).. geen hond of Mia kan ontsnap, (voorkant  na voertuie gedeelte nie veilig nie ) 

Ma! Dit is vrek stil in die huis , ek wil nie hê sy moet tuin toe nie.. dit reën en swaarweer ..erg.

Ek roep , geen antwoord.

Ek soek in die huis. Ek kry haar nie.

Ek kyk by agterdeur uit. Niks.

Ek roep weer…

Nou stres ek ( sal liefs terwille van die kind nou nie haar kruiewoord herhaal nie..angs is ‘n bliksem)

Ek kyk na die plank in oopdeur- niks is verskuif nie.

Ek raak paniekerig ..loop weer deur die huis.. sy’s nie in agterplaas nie of  voortuin nie!

Ek hardloop om die huis soos mal ding en roep.

Ek was vinnig oppad na voordeur. My hart nog nooit so vinnig geklop nie – dink kan sy dan haar been bo-oor die veiligheidsplank getel kry ..

TOE MA !! TOE hoor ek  so laggie ..so stout laggie!!

Nou laat ek maar die kruietaal toe…

“Die klein bliksem sit toe al die tyd onder die kombuistafel en hondepille  eet!” Flippit Ma!! So asof sy nie kos kry nie en die honde sê niks en hul eet krakend saam…!!

Aartjie glo na haar vaartjie.. pappa het ook so weggekruip en almal in huis  sit en dophou tot sy groot vermaak en aan die slaap geraak ..tot die Polisie opdaag vir soektog  en hy wakker word van  vreemde stemme en drama van tranedal!

 *Hierdie is spesiaal  opgeteken vir Mia,  Ouma wil hê jy moet dit swart op wit hê- jy moet dit eendag lees as jy kinders het.

Jy moet voorbereid wees op jou nageslag se kreatiwiteit.

Ouma sal darem net wou weet hoe proe hondepille ..al is dit vir fênsie veterhondjies gemaak ..dit ruik en stink soos hondepille.. Ouma het gehoor jou Ma was nie so ontstel oor die eet van die happies nie.. toe sy sien jy het hul so in hul drinkwater gedoop en geweek en toe gekou.. toe !  Toe was die vet in die vuur…

Foeitog Ouma se kind…

Mia H

28 comments on “Blits

  1. vuurklip
    Januarie 14, 2016

    Waffer ding is ‘n veterhond?

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Januarie 14, 2016

      Yorkies.

      Liked by 1 person

      • vuurklip
        Januarie 14, 2016

        O, sooo. Maar die kloutjie is nie by die oor nie.

        Like

      • ddupl3ss1s
        Januarie 14, 2016

        Ek het hul veterhondjies genoem oor fyn ou diertjies met die haartjies ..toe steek die naam vas.

        Like

      • vuurklip
        Januarie 14, 2016

        Einaa!. Kloutjie het oor getref …

        Like

  2. Tannie Frannie
    Januarie 14, 2016

    O, Middelkind het eenkeer so vir my weggekruip toe hy nie swemles toe wou gaan nie. Ons het die strate gevat, sy pa het van die werk af gekom, ek het die buitegeboue van die lee huis langsaan gaan verken… Totdat die kind doodluiters om die hoek geslenter kom… Hy het nooit verklap waar hy weggekruip het nie.

    Liked by 1 person

  3. rondomtaliedraai
    Januarie 14, 2016

    hehehehe … siestog ek dink dis die heel ergste vrees as jy so na ‘n kleintie soek.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Januarie 14, 2016

      Voor hul vertrek so gepreek , sy’t so ewe drogies vir haar ingelse man vertel sy kry die indruk ons dink nie hul is ‘fit for children ‘ . ek dink deesdae is mens meer besorgd met wrede dinge om mens.

      Like

  4. perdebytjie
    Januarie 14, 2016

    Sjoe,dis genoeg om mens se hart te laat staan!Pragtige foto van ‘n pragtige skatjie!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Januarie 15, 2016

      Jong die fotos word so per selfoon aangestuur doer van die see af.. kwaliteit soms nie te helder nie.. ek raak te oud vir kinnerkie spanning!!

      Liked by 1 person

  5. de Wets Wild
    Januarie 15, 2016

    Mia se laggie is dalk n goeie teken dat hondepille in water sag gemaak n leker happie is… Arme Ma.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Januarie 15, 2016

      Jare gelede het ‘n ou Tannietjie met erge rumatiek vertel sy’t raad gekry van Bob Martins hondevitamiene… dalk moontlik is daar wondermiddel ingesluit- vaderland dink net die ou asempie!

      Like

  6. Christina B
    Januarie 15, 2016

    Dis die grootste skrik daai! Die hondjies is seker haar goeie maatjies, die dat sy gedink het sy sal hulle kos probeer.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Januarie 15, 2016

      Ek hoor op die strand ( waar hulle nou rus) is Golden Retrievers sy was so bly en vrolik , skoon vergeet van bang vir die see.. sy verlang definitief na die honde.

      Liked by 1 person

  7. scrapydo2.wordpress.com
    Januarie 15, 2016

    Dit was nou n spannende leessessie vir my ook gewees. Mia kom net nie uit nie! Spanning bou op en dan daardie laggie laat my sommer sug van verligting. Sjoe dis darem maar nie goed vir n ma en ouma se hart nie.(Fluister, my seun sal nou nog so n toetsie neem van hondekos as hy dink dit ruik of lyk lekker!- hy is reeds 34 onthou!)

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Januarie 15, 2016

      OOO neee, jinne dan moet ek vir hom vra hoe dit proe!!

      Like

      • scrapydo2.wordpress.com
        Januarie 15, 2016

        He he, hul het ook twee Yorkies. Laat weet die naam van hondeblokkies. Dalk is hul hier ook en hy kan hul toets.

        Like

      • ddupl3ss1s
        Januarie 15, 2016

        Ha Ha , stomme mens … Royal Canin nogal so ewe “Mini Exigent – small fussy dogs ” Miskien is hy nie so fussy nie

        Like

      • scrapydo2.wordpress.com
        Januarie 15, 2016

        Ha ha, klink of hy hul al getoets het want die naam is hier ook. Sal hom bietjie vra die naweek

        Liked by 1 person

    • Toortsie
      Januarie 16, 2016

      Praat jy!

      Liked by 2 people

  8. Toortsie
    Januarie 16, 2016

    Ai ouma, as jy wil weet hoe die smaak, proe dan maar enetjie! :)

    Like

  9. Kameel
    Januarie 25, 2016

    Groot skrik daardie een!!!
    Ek vra nou eendag vir skoonseun hoekom blink die rottweilers se hare so…. blykbaar iets in die kos…. nou wonder ek sommer oor my vaal haartjies?

    Liked by 1 person

  10. Lewies Mymer
    Februarie 1, 2016

    Jy sê mens moet die blokkies eers in water week?

    Like

Lewer kommentaar

Information

This entry was posted on Januarie 14, 2016 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 36 571 hits