Woorde

Liewe ma..

Ma het my nie vanoggend 5 uur gebel nie. Ek sal daardie oproep seker mis tot ek die dag dood.

Ek verjaar alweer.

Ma, ek is bitter spyt ek het nie destyds toe ek kon , Ma se boodskap afgeskryf nie. Dit was nooit ooit sommer so ligte gelukwensing nie. Diep uit die hart en jy het kosbaar gevoel enig en uniek is jy opgedra in gebed en so vir die kersie op die koek het ma nog seënwense gesing .

Op hierdie dag verlang ek verskriklik na Ma.

dirkie verjaar

 

20 comments on “Liewe ma..

  1. ekmyselff
    Maart 30, 2016

    Drukkie vir jou – LEKKER VERJAAR!

    Liked by 1 person

  2. HesterLeyNel
    Maart 30, 2016

    Ek het hierdie jaar ook ‘n klomp “eerstes” gevier sonder my ma. Dis hartseer. Baie geluk darem met die verjaardag, ek hoop jy het ‘n wonderlike dag en alles van die heel beste vir die nuwe lewensjaar wat voorlê.

    Liked by 1 person

  3. perdebytjie
    Maart 30, 2016

    Ek weet hoe dit voel,Dirkie.Geniet jou spesiale dag!

    Liked by 1 person

  4. rondomtaliedraai
    Maart 30, 2016

    Mens verlang mos meer op so dag!

    Liked by 1 person

  5. Tannie Frannie
    Maart 30, 2016

    Ag, as mens tog nou vir jou ma kon (probeer) vertel wat sy vir jou beteken het! Ek dink deesdae so baie aan myne… Geluk met jou verjaarsdag, Dirkie – mag die nuwe lewensjaar sagkens met die mense van die Hoekhuis werk.

    Liked by 2 people

    • ddupl3ss1s
      Maart 31, 2016

      Ek het my Ma geniet, sy het vreeslike swak oë gehad (diabetes ) sy het ons vreeslik aangemoedig om te lees.. Weens swak oë het sy haar geheue tot uiterste gebruik om nie te herlees, want dit was uitputtend .. oeg ek wens ek het daardie konsentrasie vermoë gehad om te kon onthou , vir ons seker die ergste dat haar geheue teen einde verdwyn het.

      Like

      • Tannie Frannie
        Maart 31, 2016

        Dis interessant dat jy sê “vir ons” – ek dink al hoe meer dat die persoon self minder oor soiets swaarkry as haar mense. Ek was bv jammer vir oumense wat so moes stilsit – en nou sit ek self heerlik en droom, sommer so oor niks nie.

        Liked by 2 people

  6. Toortsie
    Maart 30, 2016

    Liewe Dirkie, hartlik geluk! Hoe het faceboek my dan nie laat weet nie?
    Is ek nou ooit op die regte dag?
    Mag die lewensjaar wat vir jou voorlê mooi wees. Mag jy baie geluk beleef. Mooi loop!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Maart 31, 2016

      Ek het al gespot.. faceboek hou nie van ouvrou by hoekhuis nie.. ek weet nie , het al vir kinders gevra , duister!! Baie dankie vir jou wense Toortsie, ek waardeer dit opreg.

      Liked by 1 person

      • Toortsie
        Maart 31, 2016

        Iewers het jy dalk by die settings geskryf dat hulle nie moet verkondig dat jy verjaar nie?

        Liked by 1 person

      • ddupl3ss1s
        Maart 31, 2016

        Ek is eintlik bietjie agter wat sulke goed betref, sal vir kinders moet vra te loer.

        Like

  7. Christina B
    Maart 31, 2016

    Baie geluk, ek hoop dit was ‘n baie spesiale dag vir jou.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Information

This entry was posted on Maart 30, 2016 by in Briewe.

Blog Stats

  • 36 573 hits