Woorde

Kanker versus Diagnostics.

Deesdae loop hul heelwat hand aan hand.

Ondersteunend

Onderskragend.

Hand aan hand stap hul  Onkologie se spreekkamer binne.

Sy gaan sit , haal sommer dadelik haar boek uit. “Die aanspraak van die lewende wesens” .. sy sit en dink is dit toeval die naam! Sy het gedink as sy nou ure moet sit , sal sy met notaboek en potlood aantekeninge maak .

Sy kon nie lees nie- mense  skouerkrom sit en staar. Oë se glans  weg , vaal en bleek .

Dit gebeur dat daar bekendes ook sit. Daaroor is sy bly. Hy gesels asof hy net eergister uit die kantoor gestap het , vrolik belangstellend, vooroor luisterend .

Sy hou die mede stoelsit-afwagtendes, dop. Sy wonder of hul meeluister.

Hy’t nie gevra oor haar besoek nie. As jy daar sit dan aanvaar jy,  iewers het iets onbeheers in die liggaam aan’t groei gegaan.

Jy word geroep op naam en van . Gegroet en ge-aangenaam.

Sy het nogal gewonder oor die vrou . Die werk. Sit mens nou heeltyd en wonder oor die een voor jou houtlessenaar , dalk oorleef hy of glo hul jy sal oorleef. Sy wonder oor die kort-kort blik van Dr na haar en terug na hom , elke vraag elke verduideliking heen en weer -oogkontak  word tussen jongvrou en twee bleeksiele behou.

Sy gee salf vir hul gemoed. Die bloed die skandering , alles lyk so mooi! Nogtans ..

Hul draai daar nie doekies om nie. Niks word sagkens gestel nie.

Feitlik.

Handtekening ..jy gee toestemming dat daar na beswil sal ge-chemo ge-bestraal word.

Waarborg uitgesluit.

  • Genommer van 1 tot … dit kan gebeur as jy chemo kry ..maar moenie bekommerd wees , onthou die naarpilletjie op die ander lysie.
  • jou mond.. daar is mondspoel  op lysie as jy nou voel mond begin seer raak.. dan dink sy en sou hy ooit lus wees vir eet..
  • ..en as jou derm nou sy hele inhoud ook nie meer wil hou nie.. daar is diaree pilletjie
  • ..en moeg , onthou jy gaan moeg wees.
  • ..en terwyl ons nou bestraal klap ons sommer twee vlieë met een skoot dood.. die blaas (die het mos tumor gehad)  en die dikderm ( die gewas  wat nie meer is nie)  en onthou infeksie nie uitgesluit in die blaas nie .. glo verskil tussen ontsteking en infeksie.. of was dit andersom !!
  • ..en die brandwonde ! daarvoor is daar ook salf aan te smeer.

Sy luister. Sy wonder waaraan dink hy.

Hul groet..

Saam stap hul na bestralings afdeling , afspraak tyd en duur.

Saam stap hul na chemo afdeling. Afspraak selfde dag verskillende uur.

Hul sit almal in sagte leerstoele ..gemaklik. Kombersie oor die knieë. Sommige oop bekkie aan’t sluimer. Sommige se blokkieraaisel oopgevou met potlood eenkant . Hand weerloos oop.

Sommige so verskriklik bleek en haarloos soos pasgeborenes. Opgekoppel .

Hy sê niks .. sy ook nie. Sy kry oorweldigende vriendelike glimlag van ‘n suster.

Trosie.

Hand aan hand stap hul uit.

“Wat dink jy ?”

“Vrou die plek het my aan ‘n “workshop ” by garage laat dink. Jy weet as jy jou kar soontoe vat dan koppel hul rekenaars aan enjin ..hul doen ‘diagnostics’ op jou kar,  te sien wat nou waar verkeerd is met deesdae se rekenaargedrewe dinge in kar.”

Hul wag tot hul darem waardige afstand van hospitaal is, toe grinnik hul tesame , ‘diagnostics’ !

Sy’t besluit so sal dit benoem word .

Maandag 9 uur sal hy vir diagnostics gaan.

– vir 30 dae elke dag.

diagnose

18 comments on “Kanker versus Diagnostics.

  1. newsferret
    April 4, 2016

    Voorspoed en bly positief.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      April 4, 2016

      Dankie. Ons oneindig dankbaar dat limfkliere geen teken toon van kanker.

      Like

  2. vuurklip
    April 4, 2016

    Mag die diagnostics elke dag beter lyk!

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      April 4, 2016

      Gevind om die leed wat ander verduur raak te sien, help om die motor padwaardig te kry. Dankie vir saamlees en die positiwiteit wat deurskemer.

      Like

  3. HesterLeyNel
    April 4, 2016

    xx soos altyd

    Liked by 1 person

  4. Jeanne
    April 4, 2016

    Sterkte! Bid vir julle.

    Liked by 1 person

  5. Louwie
    April 4, 2016

    Is maar die lewe nè? Mens kom oor die bulte (deesdae nogal beter met al die diagnostics), en dan lê die volgende onheil alweer om die draai, maar ons kom daar ook verby, grootliks per genade, en met die hulp van morfien.
    Sterkte daar in die hoekhuis. Genade, voorspoed en vrede.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      April 4, 2016

      Ag baie dankie Louwie. Dankbaar vir al die hulpmiddels. Dankie vir die goeie wense , dit doen ons hele huisgesin goed al die positiewe bemoediging.

      Like

  6. rondomtaliedraai
    April 4, 2016

    Sterkte. Vat ‘n warm watersakkie saam want mens se hande word baie koud as jy chemo kry. Die begin is baie erg – mens word vreeslik moeg na ‘n paar uur maar dit word beter. Die naarpille werk baie goed.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      April 4, 2016

      Dankie vir die raad Tina

      Liked by 1 person

      • rondomtaliedraai
        April 4, 2016

        Skuus … ek kan dit nie help nie Hulle sal dalk vir julle al die goed vertel

        Like

      • ddupl3ss1s
        April 4, 2016

        Ek dink chemo nie so drasties soos vir borskanker pasiente nie, Onkoloog weer genoem geen haarverlies. Die ander simptome/ gevolge klink my is nou nie om van te huppel nie..

        Liked by 1 person

  7. de Wets Wild
    April 5, 2016

    Alle sterkte met die behandeling!

    Liked by 1 person

  8. Net Ek
    April 5, 2016

    Sterkte met die behandeling!

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Information

This entry was posted on April 4, 2016 by in Gedagtes vir die dag..

Blog Stats

  • 36 590 hits