Woorde

Liewe Woudie

Alles het begin met klein prentjies in ‘n Whatsapp boodskap..

Die duim afwaarts , ‘n gesinsprentjie met ‘n kindjie tussen twee ouers , ‘n hardlopende kind, ‘n duimspyker, ‘n gebroke hart   en ‘n rystoel.

” My kind, Ma kannie die prentjies uitmaak nie ..en die boodskap daaragter ?”

Netjies benoem die stomme jong Ma  aan haar Ou Ma , haar noodkreet

  • Gesinstyd glorie to
  • Ore wil nie hoor nie
  • Hardloop weg , 2 keer . Weg ! Sy sê net ‘bye’  en daar hardloop sy. Kyk nie eens om nie. Hardloop saam met ander kinders wat Spur Balonne het.  Die kinders en die se ouers dink dit is so ‘sweet’ ..
  • Wens ek het duimspyker gehad – ( Slaan ek in angs en sweet uit – klink na laaste strooi en effe geweldadig!)
  • My hart is gebreek –
  • Sy sal in ‘n rolstoel beland !”

Nog is het einde niet..

“Ma, ons gaan Checkers toe, die sekuriteitswag glimlag vir haar en sê “Hallou Princess”.. (sy is mos in hierdie Wintertyd op ‘n Prinses fase dra netvalletjies en kroontjies ) Ma!, sy stop net daar in haar spore en geniet al die aandag , wys vir hom die “bunny” op die valletjies en swaai in die rondte en draai soos wafferse danseres en glimlag vir hom en sê ‘bye!”

“Ma!  “Think it’s time we have the talk”

Vra die Ma verstom,  en gee darem die jonge moeder  net kans om asem te haal , die “talk?”

“Daardie een wat Ma my gegee het ”

Hmm, Mia se Ma het  op 3 jarige ouderdom , so voor die spieël gaan staan. Vir haarself geglimlag -gedraai en swaai, en plegtig aan my verklaar “Ek weet, ek’s tog mooi”

Foeitog, dit was toe wat ek met erns vir haar probeer( sonder om haar permanente selfbeeld skade aan te doen)  terug bring aarde toe met ” Dit help jou niks as jou gesiggie mooi is en jy is vrek stout nie!” Nederigheid het ek tot die uiterste gevoer..miskien bietjie te erg !

Ek stuur toe ook maar ‘n flentertjie boodskap terug” My kind, Ma dink ons twee moet ‘n talk hê.”

“Ma, ek raak gou kwaad. Sy luister nie vir my nie, my erns word nie ernstig genoeg beskou nie en dit frustreer my nog meer.

Ek laat baie toe maar sekere dinge is ontoelaatbaar, as sy eers nie my hand wil vashou  as ons uit die kar klim nie !! Dan kan ek maar weet… klim terug . Gaan huis toe ..en drink koffie!”

Toe vertel ek vir haar van Déjavu

“Woudie, jy het eendag eenkant van die straat voor die kerk my sieleheil en boodskap in die kerk opgedonner.

Mooi opgedress vat ek jou aan jou handjie om oor die straat te stap, ruk jy jou hand uit en stap regop ruggie vooruit ..gee nie ‘n flenter om oor moontlike aankomende verkeer nie,   ek al skreeuend soos viswyf agterna”

Kom die laggie boodskap terug .. ” “Ja-nee so herhaal die Geskiedenis homself”  en so vir die agterna “ek is so jammer Ma, ek het dit aan Ma gedoen”

“Ma kan jou verseker jou kind is normaal. Al raad is op daardie oomblik as sy staak, vertel haar  van moet en moenie en indien sy ‘n vloermoer gooi – klim terug in jou kar en bid maar so tot by die huis- onthou net om Mia in te laai..”

“Ma, ek bid, ek sê vir Ma  ek bid ..miskien moet ek meer bid”

Foeitog my stomme kind.

“Ma, ek is fisies en psigies moeg… ek het koffie gedrink (darem bly dit bly  net by koffie) ek het sjokolade ge-eet – dit help nie, eiers ge-eet , dit help nie ”

en haar oude Moeder verklaar maar net ‘ Ag foeitog my kind, Ma dink ek moet ‘n blog skryf. Eeendag as sy tiener is dan gee jy nou maar hierdie skryfseltjie vir haar.”

Ek wou darem nie vir die stomme moeder inlig tienerstadium mog dalk meer uitdagend wees nie.. “déjavu” nê!

Antwoord sy blitsig ..”Nee Ma, as sy haar eie klein merrietjie het ..ek wag tot dan”

Ma, wil nou net in alle liefde weet ..daardie duimspyker!! Sy gaan dit altyd onthou al was dit net dreigement..déjavu nê, Ma het net met uittrek van my ou plat skoentjie jou dreigement moes aanhoor

“Mamma, eendag is eendag dan piepie ek Mamma se skoen papnat..en ek gaan vir Pappa vertel , hoor!”

Mia blogmia blog4mia blog3

 

 

 

 

20 comments on “Liewe Woudie

  1. Spokie sny spoor
    Augustus 12, 2016

    Aaag – te cute!!

    Liked by 1 person

  2. gidivet
    Augustus 12, 2016

    Ai, jy beskryf dit so kostelik. My innige simpatie en meelewing. Oudste was al mooi groot, seker so 5 jaar oud, jongste nog vasgegespe in sy stootkarretjie. In besige winkel mooitjies tussen die klere begin wegkuipertjie speel. Die moeder (‘n baie vasberade individu) het innerlik ‘n duisend dode gesterf en uiteindelik het ‘n man haar gevra of sy vir ‘n klein seuntjie soek – hy’s op ‘n ander vloer – moes in die hysbak opgegaan het. In die winkel (en in Britse samelewing) kan daar nou nie pakgegee word nie, dus het sy summier vir hom ‘n harnas gaan koop en driftig verklaar: “Jy gaan in hierdie harnas loop tot ek seker is ek kan jou weer vertrou!”

    En sy’t haar woord gestand gedoen. Hierdie seuntjies het darem mooi groot geword. Haar motto is: “Onthou kind, ek is meer vasberade as jy.”

    En al die prentjies waarvoor mense so lief is in WhatsApps en so meer. Hulle laat my koud. Ek soek behoorlike woorde.

    Like

    • ddupl3ss1s
      Augustus 12, 2016

      Ag, geniet ek nou jou vertel.. ek sal dit beslis met Woudie deel..ons het snaaks genoeg al gesels oor daardie harnas!! Ek’s bevrees Mia mog dink nou kan sy soos perd galop.. Mooi dag vir julle doer vêr.

      Liked by 1 person

  3. Net Ek
    Augustus 12, 2016

    Sy is die pragtigste dingetjie! Regop ruggie of te not!

    Like

    • ddupl3ss1s
      Augustus 12, 2016

      Hier by ons , is Mia heelwat anders, dink sy daag haar Ma uit tot uiterste.. fooi as sy dag tiener is!!

      Liked by 1 person

  4. ddupl3ss1s
    Augustus 12, 2016

    Nogal ‘n bondel energie die klein dogtertjie, ewig aan’t wip en hop… het haar nou na Kindermuzik ” klassie toe geneem, sy dans eerder met instrument as wat sy ritme wil hou..

    Like

  5. Jeanne
    Augustus 12, 2016

    So lekker gelees, dankie! My Ma het altyd gesê my beurt sal kom wanneer ek kinders het en dat ek dit met rente gaan terug kry. En ek het!

    Like

    • ddupl3ss1s
      Augustus 12, 2016

      Gelukkig, net sodra Mia ons energie opgebruik is dit huistoegaantyd..probleem is dan wil Mia al haar kreatiwiteit beoefen ..sterk persoonlikhede die twee.Ma en dogter!

      Like

  6. perdebytjie
    Augustus 12, 2016

    Dis te kostelik,Dirkie.Dit gaan verskriklik gou verby en dan verlang mens terug daarna.

    Liked by 1 person

  7. ekmyselff
    Augustus 12, 2016

    Eendag gaan die jong ma terugsit en lag omdat sy haar so “moeggemaak” het oor die dingetjies – sy moet dit geniet. Maar ek verstaan as mens daar is en jy is jonk is dit nogal n berg….
    Ag sy is dierbaar.

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Augustus 12, 2016

      een van haar pasiënte is grade onderwyseres of kleuter een – sy het lekker gelag vir haar, genoem aggeneewat jou kind is normaal…bietjie energie verbruiker maar definitief normaal.

      Liked by 1 person

  8. monicahaddad01
    Augustus 12, 2016

    Ai toggie maar in jou talk moet jy darem vir haar se mens vergeet dit gou, maar moet net nie vir haar se dit word nog erger nie ;-)

    Liked by 1 person

    • ddupl3ss1s
      Augustus 12, 2016

      Genadiglik val mens nie eensklaps binne-in grootword stadium in nie.. ek nogal bly dit word my nou gespaar – al die goete en geite..

      Like

  9. Toortsie
    Augustus 12, 2016

    Ek kan net glimlag. Ek hoop Woudie lees ook hierdie storie van jou!

    Liked by 1 person

  10. Toortsie
    Augustus 12, 2016

    En ja, sy IS pragtig!

    Liked by 1 person

  11. rondomtaliedraai
    Augustus 12, 2016

    Hehehehe … kan jy jou voorstel as sy so dramtiese tiener is! Ag sy is pragtig

    Liked by 1 person

  12. ddupl3ss1s
    Augustus 13, 2016

    Gister hoor ek net ‘n dramatiese uitroep “Aggeneee!” toe klink Mia soos haar Ma.. ek gehoor die Ma het te vertelle sy hoor Mia se Ouma ook by hulle huis .. gelukkig net ‘n verwonderde “Haai!!”

    Like

  13. Kameel
    Augustus 18, 2016

    Ons is op die oomblik in dieselfde bootjie Dirkie. Ek gebruik ook daardie dèjavu woorde op ons dogter. Sy kry terug wat sy so mildelik in haar kleintyd uitgedeel het. Gelukkig is ons nou die oumas!!!

    Liked by 2 people

Lewer kommentaar

Information

This entry was posted on Augustus 12, 2016 by in Briewe, Uncategorized.

Blog Stats

  • 36 573 hits